MaGic Baits
"... ek stel voor dat julle sommer gou van MaGic se produkte moet begin gebruik."
Marius Jardin

 

FLOATING GEMS die Beste Floatie op die Mark

FOTO 1 

Ons almal het al met floaties gevang, maar as jy nog nie met die Nuwe Floating Gems gevang het nie,wel dan mis jy baie. Want die vis is behoorlik gek na die floating gems.

 Magic Baits Floating Gems is ‘n Sodium Chloried basis, hoogs sigbare, geurlekkende aas.

 Hierdie aas het uitstekende dryfvermoë, en is hoogs poreus wat veroorsaak dat geur effektief vrygestel word oor ‘n verlengde tydperk.

 Varswater vis het sodium chloried nodig om hul osmotiese balans te onderhou. Hierdie proses verbrand energie. Die Floating Gems dien as ‘n Sodium chloried dieet aanvulling wat veroorsaak dat minder energie verbrand word , opsoek na die aanvulling in hul natuurlike dieet. Dus het die vis meer energie, en die ekstra energie laat die vis toe om in ‘n voer waansin (feeding frenzy) te verkeer.

 Net die beste geure en lokmiddels word gebruik in die vervaardigingsproses.

 Om die voedsel opsporende sintuie te prikkel , het ons ‘n geheime versoeter bygevoeg. Die geheime bestandeel verbeter die aas se aantrekkingskrag en smaaklikheid. Die wonderlike smaak en reuk van die aas maak dit onweerstaanbaar. Dit is naas onmoontlik vir vis om hierdie aas te ignoreer.

 Daar is twaalf geure om van te kies.                                                                      

 

Rubine

 
 

Crimson

 
 

(Rooi)

 
 

(Aarbei)

 
 

Onyx

 
 

Black Magic

 
 

(Swart)

 
 

(Knoffel, Sterk)

 
 

Emerald

 
 

Weed

 
 

(Groen)

 
 

(Garnale)

 
 

Pearl

 
 

White Claw

 
 

(Wit)

 
 

(Duiwelsdrek)

 
 

Zircon

 
 

Gta

 
 

(Geel)

 
 

(Amandel & Knoffel)

 
 

Fire Opal

 
 

Blaze

 
 

(Geel)

 
 

(Kerrie)

 
 

Amber

 
 

4x4

 
 

(Oranje)

 
 

(Vrugte)

 
 

Moonstone

 
 

Poet

 
 

(Oranje)

 
 

(Piesang &Bloekom)

 
 

Sapphire

 
 

Aquaberry

 
 

(Blou)

 
 

(Bloubessie)

 
 

Tanzanite

 
 

Malbessie

 
 

(Pers)

 
 

(Bessies gemeng)

 
 

Red Quartz

 
 

Magenta

 
 

(Pienk)

 
 

(Musk Mengsel)

 
 

Tigers Eye

 
 

Cocoa

 
 

(Brown)

 
 

(Dark Chocholate)

 

  Soos julle kan sien is die twaalf geure wat daar is genoeg om vir jou by enige venue n hele paar visse in die net te bring. Hier onder is elke geur en die aas aanbieding wat ek gebruik saam die floating gems.

 FOTO 2

 Die Tigers eye gems werk uitstekend saam met Swiss, Spookasem en die nuwe Xpresso boldip.

 FOTO 3

Jy kan die Emerald gems saam met XXX , Weed, Sushi, en stinkgogga boldips gebruik as n basis geur.

 FOTO 4

\Die Sapphire gems werk baie lekker saam met 4x4 en jou ander vrugte geur boldips soos Traction, Foxtrot en JR

 FOTO 5

Die Amber gems loop seep glad saam met 4x4 en DCX op die bol.

 FOTO 6

 Die Pearl gems is n wenner en is amptelik my no 1 gem om mee te begin hengel. Die boldips wat ek saam met die PEARL gems gebruik is HLX, D- day, T.A.C en Skunk.

 FOTO 7 7

Die Blaze gems is n groot gunsteling in die rivier en die boldips wat lekker werk saam met hom is DCX en n klein bietjie TFC.

 FOTO 8 8

Die Magenta gems werk baie lekker in jou kouer dae en saam met Pienk sweets en VRM.

 FOTO 9 9

Die Tanzanite gems gaan n uitstekende gem in jou warm somersdae wees . Ek hengel hom saam met met 4x4 en jou ander vrugte geur boldips soos Traction, Foxtrot en JR

 FOTO 10 10

ONYX is n gem wat orals baie goed werk en is ook een van my gunstelinge , waarmee ek al mooi vis geland het. Hy werk baie goed saam met GTA, Black magic, GAP en RPA.

 FOTO 11

Moonstone gems is ook n gem wat jy by enige venue n vis mee kan land, ek het groot sukses met Moonstone gems by die rivier en vaaldam gehad. Die boldips wat hom lekker komplimenteer is Poet, Warrior en Banana x.

FOTO 12 

Rubine gems is n moet in jou hengel kas , want die vis los hom nie lank uit nie, ek het by die rivier twee byte gekry binne 60 sek op Rubine gems. Hy werk uitstekend saam met Crimson, Dudley en Vaalking.

 FOTO 13

Nog n uitstekende gem is die Zircon floaties wat baie goed werk reg deur die dag en by enige venue. Dit is ook een van die gems wat die vinnigste vis op gelewer het . Jy kan hom gebruik saam met GTA, Black magic, GAP en RPA.

 Hier onder is van my vangste met die gems. Ek sit net ses fotos op want ek het al oor die 150 vis geland met die Gems as hoekaas.

 FOTO 14FOTO 15FOTO 16FOTO 17

FOTO 18FOTO 19

 Soos julle kan sien werk die Gems uitstekend en is dit die pad wat die floaties gaan loop in Suid afrika. Die dae van die gewone floatie is verby en ek is baie bly dat MAGICBAITS die mark leier is in die nuwe voedsame floatie revolusie.

Die floating Gems van Magicbaits het geen gelyke nie, en die vis voel ook so. So as jy jou vangste wil verbeter …. Kry onmiddelik vir jou van die nuwe FLOATING GEMS.