MaGic Baits
"... that baldip Weerlig is just superb!!!! Out of 17 anglers I was the ONLY one to catch fish. Not just 1 or 2 but 8!"
Bernard Heesen

 

Vaaldam hengel

 

Ek en my vrou was baie bevoorreg om gou een dag in die week te kon wegbreek vir n hengel sessie by Damwalle te Vaaldam. Ons het vinnig die nodige kontak nommers en gps kordinate op MAGICBAITS se web blad gekry, en nadat als gereel en die kar klaar gepak was, was dit net wag vir die oggend om te vertrek.

 

Met die vertrek was dit maar lekker koud en nadat die kar gewys het dat dit n lekker – 3 grade was oppad damwalle toe, het ek nie regtig geweet wat om te verwag nie. Aan gesien ek 25 jaar laas by Vaaldam gehengel het was dit vir my n vreemde plek. Maar ek het darem geweet dat ek n nuwe wapen het, iets wat my in die laaste paar sessies by die rivier en by n plaasdam groot sukses gegee het….. Magicbaits se nuwe FLOATING GEMS.

 

Met die aankoms daar was dit vir my en my vrou n heel nuwe gesig , as waaraan ons gewoond is. Als was so oop en ver, maar my moed het dadelik gestyg toe ek n vissie sien spring so 60m van die kant af.

 

Ons het vinnig werk gemaak van die afpak, en dit was nie lank nie toe is die eerste stok in die water. Ek het besluit om met n gly baby shoe”s strop te hengel aangesien ek gehoor het dat daar nogal baie vashaak plek kan wees.

 FOTO 1

Die rede hoekom ek met die strop hengel is omdat as die vis een asie optel, hy dan dadelik die ander hoekie tot teen die gewig trek, en sodoende kan die ander hoekie nie vashaak nie.

 FOTO 2

Die aas was natuurlik Magicbaits se nuwe FLOATING GEMS gewees. Ek het met die selfde kombinasies as wat ek in die rivier vang gehengel.

 

Kombinasies was Pearl gems met n instand degie agter met HLX en DCX op die bol, Zircon Gems met n Instand degie agter met GTA en DCX op die bol, Moonstone Gems met n instand degie agter met Poet ,skunk en n klein bietjie DCX op die bol.

 FOTO 3

Soos julle kan sien is dit maar n gewone voerbol, maar met die floating gems is dit n onweerstaanbare aanbieding. Ek het so tussen 60 en 110 meter gehengel en byte het gewissel van 5 min tot so 47 min. Nie eenkeer nodig gehad om n stok uit te trek en te rebait nie.

 

Ek het toe n baie lekker dag gehad met 28 vis, waarvan een n lekker graskarp was, my vrou het 13 vis geland. Ons was baie in ons skik met ons eerste Vaaldam sessie dat ons die volgende dag weer kom hengel het saam met my broer Johan, dit was weer n lekker dag al het die wind ons behoorlik laat les op se. Ek en Johan het toe sommer 40 vis geland tussen ons wat gemaak het dat Vaaldam nou verseker op ons gunsteling lys van venues is.

 

Hier onder is van die vangste wat ons by damwalle gevang het.

 FOTO 44FOTO 55FOTO 66FOTO 77

 

Ons het baie geleer by Vaaldam aangesien dit n heel ander venue is, Maar een ding is verseker en dit is as jy met Magicbaits vang, jy by enige plek n sukses van jou hengel sessie kan maak.

 FOTO 88

 So al wat oorbly om te se is dat jy vir jou MAGICBAITS moet kry…Lekker hengel.