"... die kleur en geur is altyd konstant en die vis gaan mal oor die MAGIC" |
Heavy Weight Voer deur Bennie Viviers
Heavy Weight Voer deur Bennie Viviers….
In hengel wonder mens altyd wat is die belangrikste “ding” in jou hengel. Daar is baie spekulasie oor wat is die beste ding in jou hengel en opinies verskil. Ja natuurlik het jy die regte gerei nodig. Sonder die regte vis stok kan jy nie seker afstande behaal nie en weer sonder die regte lyn nie kan jy ook nie sekere afstand behaal nie.Wat on shier sien is dat JA die gerei moet aan gepaas word met wat jy wil behaal. Met al jou gerei en die duurste gerei wat jy kan kry op die mark gaan jy nogsteeds nie goed kan hengel nie. Hoekom nie sal julle wonder. My antwoord aan julle en volgens my opinie en baie mense sal saam my stem is die belangrikste ding in jou hengel jou voer. As jou voer nie reg en vars is nie gaan jy nie die vis trek nie. Deur en deur het ek al gesien dat die verkeerde voer jou ‘n swak dag langs die water kan gee.
Ek hengel al vir jare met Magic Baits se voer en doen nog altyd nie sleg met dit nie. Magic Baits se Fine Popcorn is nog altyd ‘n wenner. Michael het ‘n fyner voer begin maak en die toets proses het begin. EK het deelgeneem aan die Eerste been Liga wat gehou was by Last Farm en ek het op die dag begin hengel met die Toets voer genoem HEAVY WEIGHT voer. Die nice ding van die HEAVY WEIGHT voer en dis hoe ek hom hengel is ek meng 1 hoeveelheid HEAVY WEIGHT voer saam met 1 hoeveelheid Fine popcorn met een hoeveelheid water. SO met ander woorde ek hengel my voer 50/50.Dis baie belangrik om te meet dieselfde hoeveelheid voer en die regte hoeveelheid water en dan natuurlik laat ek die voer staan vir 20 minute. Met die HEAVY WEIGHT voer saam met die fine popcorn sal jy ervaar dat jy ‘n bietjie swaarder voer het,sagter maar dit deur toetsfase bevestig is dat dit vinniger en beter blus en ook dat daar meer voer op die bodem bly
Op die dag van die liga het ek die voer so aan gemaak en die reuk van die Magic Baits Fine Popcorn voer saam die HEAVY WEIGHT voer is absoluut uit die boonste rakke. Ek glo dat as jou voer vars en reg is jy dan MOET sukses he met dit. Ek het die voer so gehengel die heel dag en ek kon dag en nag verskil sien in my hengel want die visse het goed gebuit op die voer. Al wat ek verander het op my hegel was om die HEAVY WEIGHT voer te begin gebruik. Die vorige liga het ek glad nie goed gedoen nie en kon ek daarin slaag om die enigste een te wees wat blank(hahahahaha) en was dit glad nie goeie ervaring vir my nie. Die rede was verskeie redes gewees en was dit agv my navorsing en paar ander redes. Hierdie jaar met die behulp van die nuwe HEAVY WEIGHT voer kon ek daarin slag om 3de overall te kom in die eerste been se Liga by Last Farm.Ek dink die naam HEAVY WEIGHT voer kom daarvaan dat jy ‘n HEAVY WEIGHT sak vis sal inweeg op die dag.
As jy ernstig is oor jou hengel dan moet jy verseker die nuwe HEAVY WEIGHT voer van Magic Baits aan skaf. Jy sal die resultate sien en net weereens het Magic Baits bewys dat deur hulle produkte deeglik te toets ons as hengelaars ‘n produk beskikbaar het wat werk. Ek weet van verskeie mense wat alreeds die produk getoets het en die resultate en terugvoering spreek vir
Maak jou sak vis ‘n HEAVY WEIGHT sak en kry jou HEAVY WEIGHT voer vandag nog.