MaGic Baits
"... your goodies, to say the least, is far far superior and here to stay."
Richard Venter

 

Feeder sessie na kerk deur Jacque Benadie

 

Na ons Sentraal noord wes se oefen sessie Saterdag 26 September by Witbank dam het die mooi karps wat ons gevang het by my gespook. Ek kan eers die fotos post en n artikel skryf na die Nationale Feeder Hengel Kampioenskappe van die betrokke Saterdag aangesien ons almal volledig in ons nuwe span drag geklee was. Almal die betrokke dag het met Magic Baits gehengel.

 

Ek het aan mammie Sondag oggend genoem dat ek graag weer daardie spesifieke oewer wil gaan Hengel by Witbank dam die sondag.

 

Na n kort gesprekkie het ek en mammie oor eengekom dat daar eers kerk toe gegaan sal word en date k my Hengel planne maar as n middag sessie sal bedryf.

 

Ek het so 11 uur van die kerk af gekom en eers begin pak. Dis erg om weer n kart e pak wat jy die vorige aand afgepak het. Gelukkig met Feeder Hengel is die gerei kompak.

   

11h45 kom ek uit eindelik weg by die huis. Dai was n baie lang 45 minute….

 

By die dam gekom het ek egter besluit om met my Middy 10 voet stok te Hengel maar uit die vorige dag se ervaring het ek dus besluit om op 25 meter in te haak en daar te Hengel. My besluit was gebaseer op die vorige dag wat my 3 jarige dogetertjie 6 karps in n redelike kort tyd op Vampire pitte gevang het op haar 5’4 sensation feeder stok. Ek moet bieg ek het wel my bedengkinge gehad toe sy my forseer het om die bottle pitte wat sy self gekies het op die hoek te sit. Toe ek die bottle pitte van naderby bekyk sien ek dis Vampire pitte. Die bewys dat daar baie vis vlak is!

   

Ek het my Seat Box en Platvorm opgestel, voer gemaak. (Figuur 1)

 Foto 1 Feeder voer new

My grond voer was maar die basiese platvorm hoe ek altyd my voer maak. Halwe blik KOO pitte, MZ en water. Laat staan die MZ in die water saam die Pitte vir n kort rukkie. Gooi die Voer by die water en werk dit deur.

 Ek het begin om die water te profile en gesien die water is op 25 meter omtrent 1.7 na 1.8 meter diep. In my opinie was dit diep genoeg op n warm dag wat dit 31 grade was. Ek het wel agter gekom daar is modder, baie modder. Ek het rond geplum tot ek n harder bodem gevind het en besluit om 5 feeder mandjies vol voer daar te gooi. Ek het skoon begin Hengel en na die derde gooi aktiwiteite op my feeder stok se punt begin opmerk. Daarna het ek n Traction pit gegooi. Binne 3 minute het ek die eerste Karpie geland. Ek het weer n traction pit gegooi. Die keer het hy 6 minute gele en ek was weer aan met karpie. Skielik was dit dood stil. Ek het weer gegooi sonder resultaat. Die vorige dag het ek heel wat vis later in die dag gekry met FBi pitte. Ek het weer 5 mandjies voer op my kol gegooi en met n gebottelde FBi pit verder gehengel. So 7 minute later was land ek weer n karpie.

 

Ek het egter besluit om my bank sakkie trick te doen en n paar FBi pitte te maak

 Foto 2 Bank sakkie trick new

 Ek het nog so twee karpies geland en die pitte wat ek geweek het in FBi in n bank sakkie was nou mooi gekleur.

   

Ek het n Bank sakkie pit gehak en binne n paar sekondes was ek aan met n vis. Daarna was dit fireworks!!! Elke 3 minute vandat ek gooi, n vis land en weer gooi en die stop horlosie druk tempo. Ek het agter gekom met tye wag ek 3 minute vir n byt. Al wat ek dan doen is net om n drupel DCX op die voer mandjie te drup. Onmiddelik is my tempo weer op. Skielik is dit stil. Ek gebruik die geleentheid om n koeldrank te gaan drink en n broodjie te eet. Skielik vlieg my stok weg, byna van die stok houer af en ek maak vas. Die vis draai verwoed op die kol toe ek vasmaak en ek besef die is n groot vis. Na n gestoei land ek n Baber van net onder die 6 kg. Dit verkklaar die stilte wat daar was.

   

Na die baber in die net was het ek onmiddelik 10 mandjies voer gegooi met die kommer dat die baber my kol dood gevreet het. 10 minute later was dit weer fireworks.

   

Die resultaat n mooi sak vis van 28 Karps, 1 mooi Baber met n totale sak gewig 20.64 Kg

 Foto 3 Skrywer se resultaat new