"Ons almal weet dat MaGic se produkte puik is..." |
Vrystaat feeder Proewe met Magic Baits en Claude de Lisle
Ek het die naweek van die 23 & 24 Mei 2015 aan die Vrystaat feeder Proewe deel geneem. Die proewe was gehou by Lethabo Vaalrivier.
Ek was die Saterdag 1ste in my sone met n wen sak van 26 vis 10.85kg.
En die Sondag het ek ook 1ste in my sone geeinding met n wen sak van 26 vis 11.20kg.
Onthou ons werk net met gewig. Ek het 2 straf oor die 2 dae gekry wat vir my n algehele eerste
plek vir die proewe gegee het. En ek het nog nooit voor heen daar gehengel nie.
My voorbereiding het al begin in Februarie, ek het elke Vrydag probeer om by Maselspoort te gaan oefen waar die Modder rivier is. Dit is die enigste plek in Bloemfontein wat ontrent dieselfde is as die Vaalrivier, waar jy dieselfde soort vis kan vang, Muddies, Geelvis & Karp.
Met die oefening het ek toe opgetel dat as ek die voer droog hou so die voer is aktief,het ek klein geelvis en muddies gevang. En as ek my voer baie nat hou, so die voer is on aktief vang ek groter muddies, geelvis en karp.
Omdat ek nog nie by Lethabo gehengel het nie het ek vriende gebel wat baie by Lethabo hengel om meer uit te vind oor die oewer.
Met al die inligting wat ek kon kry, het ek dit alles bymekar gesit vir die proewe. Ek het besluit om die Vrydag voor die proewe by Lethabo te gaan oefen om te kyk wat werk van die inligting wat ek gekry het, bv. Afstand, hoe die voer moet wees en watter aas kombenasie werk.
Vrydag 22 Mei
Ons het so 7 uur die oggend by die hek aan gekom. Almal gegroet wat ook kom oefen het en af gery oewer toe, vir ons n plek gekry waar ons gaan oefen en begin reg maak.
Het eers my voer aan gemaak 1kg droe en 1kg baie nat voer.
Het opgeslaan en my dieptes bepaal. Het op 17, 22 en 30 meter my dieptes gekry net n ent op vanaf die shelf wat ek gesoek het soos per raad wat ek gekry het.
Ek het eers begin met die droe voer maar dit het sukkel gegaan. Vis het stadig gebyt en dit was net klein vis. Na so 1.5 uur het ek oor gegaan na die nat voer. Het begin meer byte kry e nook groter vis begin vang.
Wat ek van Lethabo gehoor het is dat dit baie diep water is 5 meter +. Die raad wat ek gekry het was dat ek met swaar feeders moet vang 45/50 gr om die voer so gou as moontlik op die bodem te kry. Maar omdat ek met 8 & 10ft stokke hengel sal die feeders te swaar wees vir die stokke. So ek het n paar 30 gr feeders in my seatbox gehaat wat ek die gate aan die kant met isolation tape toe gedraai het, so net die 2 kante is oop. So die water kan net aan die kante inkom om die voer op te breek.
Wat die nat voer en getapete feeders beteken is dat ek verseker is my voer, kom nie uit voor die feeder op die boden is nie. En dat daar voer op die bodem agter bly. As ek die voer droog hou en met die ligter feeder’s hengel sal die voer uitkom voor die feeder op die bodem is, en die voer weg dryf, met die vis agter die voer aan.
Saam met die voer het ek ook mielierys gemeng. Met elke cage het ek baie wurms, met pitte wat in n strawberry en molasses (Crimson en Just Black) dip gele opgesny, en ook hemp by gesit.
Voer plan uitgesorteer, nou aas.
Ase wat gewerk het was:
-
4 Wurms
-
1 Wurm
-
2 Wurms en n skoon pit
Al die ase het ek trug gedruk in die strawberry en molasses mix of met Sweet Navigator gespuit.
Het nie dips op die cage gebruik nie.
Die hoeke wat ek gebruik het was Preston PR 16 & 14, lente van die hoek lyn was 60cm gewees, hoeklyn Preston Reflo Power .17mm 3.088kg.
Game plan uit gesort is ek reg vir die naweek se proewe.
Saterdag 23 Mei
Ons het 7 uur by die klub huis bymekaar gekom en penne getrek ek het B-sone pen 13 die kant pen. (Ek moet se ek het nogal geluk om die kant pen te trek)
Ons het toe af gery oewer toe en begin opslaan en alles reg kry om 9am te begin hengel.
Voer het ek so 3kg aan gemaak met 500gr mielrys by. Het 2kg skoon gehou en besluit om n kg voer met strawberry en molasses gemeng, maar nog die voer baie nat gehou.
Ons het 9am begin hengel.
Het met heavy feeder net op die 17m gevoer. Ek het die heeldag op die 17m gehengel.
Met elke gooi het ek die volgende gedoen:
-
Voer in die cage: Geknipte wurm, strawberry/molasses pitte, met hemp by, het die kante geplug met skoon voer. Het elke 3de gooi die strawberry/molasse voer gebruik.
-
Aas: Wat die beste gewerk het was 4 wurms op die hoek. Afgewissel met n enkel wurm, 2 wurms & pit of n wurm met 2 maggots voor die wurm. Al die ase trug gedip in die strawberry/molasse mix.
Die hoeke wat ek gebruik het was Preston PR 16 & 14, lente van die hoek lyn was 60cm gewees, hoeklyn Preston Reflo Power .17mm 3.088kg.
Stokke wat ek gebruik het was die Middy 8ft en Korum 10ft stokke, 30gr feeders wat ek getape het.
Ons het 3 uur opgehou hengel, en begin weeg. My sak is eerste geweeg 10.85kg so +- 26vis. Toe almal se sake klaar geweeg is, hoor ek ek het die sone gewen e nook die swaarste sak vir die dag, so 1 straf punt vir dag een.
Sondag 24 Mei
Ons het weer 7 uur by die klub huis aangekom en penne getrek ons het die 2 sone’s omgeruil so ek was in A-sone pen nommer 6. Dieselfde pen waar ek die Vrydag geoefen het so ek n gooie idee gehad watter afstand ens vir die dag gaan wees.
Voer het ek so 3kg aan gemaak met 500gr mielrys by. Het 2kg skoon gehou en besluit om n kg voer met strawberry en molasses gemeng, maar nog die voer baie nat gehou.
Ons het 9am begin hengel.
Het met heavy feeder net op die 17m gevoer. Ek het die heeldag op die 17m gehengel.
Met elke gooi het ek die volgende gedoen:
-
Voer in die cage: Geknipte wurm, strawberry/molasses pitte, met hemp by, het die kante geplug met skoon voer. Het elke 3de gooi die strawberry/molasse voer gebruik.
-
Aas: Wat die beste gewerk het was 2 wurms op die hoek. Afgewissel met n 2 wurms & n maggot, n wurm & n skoon pit. Al die ase trug gedip in die strawberry/molasse mix.
Dit het in die oggend stadig gegaan en ek kon sien ek raak agter as ek na die ander hengelaars in ons sone kyk. Ek het toe besluit om die hoeveelheid wurms per cage baie meer te maak en dit het gewerk, my byt tempo het toe geneem. Ek het ook begin om groter Moggels te begin vang wat ek dink my gered het die dag.
Die hoeke wat ek gebruik het was Preston PR 16 & 14, lente van die hoek lyn was 60cm gewees, hoeklyn Preston Reflo Power .17mm 3.088kg.
Stokke wat ek gebruik het was die Middy 8ft CS-Series White Knuckle en Korum 10ft stokke, 30gr feeders wat ek getape het.
Ons het 3 uur opgehou hengel, en begin weeg. My sak vir die dag was 11.20kg so +- 26vis. Ek het deur die dag gehoor die hengelaar op pen 1 & 2 vang groter karpe, ek het begin nip want ek het nie gedink my sak gaan die swaarste wees vir die dag nie. Maar na al die sone se sakke geweeg is is my sak weer die swaarste vir die die dag met n paar gram. So ek vat die sone so weer 1 straf punt, totaal vir die 2 dae 2 straf punte. En ek wen die Vrystaat Feeder proewe vir 2015.
Per opsommings:
Voer:
-
Magic Baits Fyn Popcorn Feeder voer.
-
Wurms so 1kg per 5 ure opgeknip.
-
Mielierys.
-
Pitte skoon en mix met strawberry/molasses dips.
-
Gekookte Hemp.
Aas:
-
Wurms
-
Maggots
-
Pitte
Die hoeke wat ek gebruik het was Preston PR 16 & 14, lente van die hoek lyn was 60cm gewees, hoeklyn Preston Reflo Power .17mm 3.088kg.
Dankie Michael vir julle ondersteuning en die magic voer.
Dankie Magic Baits
Groete uit Bloemfontein
Claude de Lisle