"... ek het al hoe meer vis begin vang en die katrol het gesing soos die vis byt. Baie Dankie vir n puik produk wat regtig werk." |
Magic Baits se floating Gems deur kenny Hills
Magic Baits se floating Gems…
My eerste indrukke toe ek die floaties sien… Hulle is klein. Ek vang net met groot floaties . Moes toe ander hoeke gaan koop en ander stroppe gebou. Soos die ander hengelaars sê, ek moet fyn hengel.. Wat dit ook al beteken weet ek nie.
Maar toe ek die eerste botteltjie oopmaak en daai reuk my platslaan, toe weet ek, hierdie aas moet baie spesiaal wees. Ek het toe sommer dadelik die ander bottels ook oopgemaak en die aas se reuk is absoluut oorweldigend. Kyk die bleeding floaties en soft floaties se reuke is alreeds van topgehalte, maar die klein gem floats kan en gaan hengel op sy dak gooi.
Ek het twee keer gaan probeer om die gems te toets en is twee keer weggewaai by die dam. Eers donderdag 24 September kon ek ‘n kans kry om die asies redelik te toets. Weereens effense winderig maar deur die loop van die oggend het die weer verbeter.
Ek kon slaag om agt karpe te vang, waarvan ek twee in die vlakwater laat loskom het. (Ek is bang vir water en lui om my eie visse te skep) My swaer Andre en sy seun Andre Jnr het met bleeding floaties gehengel sodat ons ‘n toets kon doen tussen die twee tipes. Die Gems het die geveg loshande gewen.
Kyk die name is nog vir my effens vreemd maar vis gekry op die musk, garlic en grimson gems .
Saterdag 26 September het ek saam my broer Steve Heaven toe gegaan. Hy het die nag deur gevang en Magic Baits bleeding floatie reeks gebruik. Hy kon ‘n paar visse vang maar met die visse wat nou spawn was hulle maar traag om die hoek te vat.
Ek het die saterdag oggend ‘n draai by hom gemaak en het net met gems gehengel. Ek kon slaag om ‘n paar kleinerige visse te vang en terwyl stokke stil was.
Dus rondte no 2 gaan ook aan die gem floaties.
As ek enigsins kritiek kan gee van die floaties – ek moes my hengeltegniek aanpas, kleiner hoeke gebruik en fyner hengel.
Maar die tekstuur en die geur v d floaties is Magic….