"Vir die mense wat nog nie MaGic se produkte gebruik nie, julle weet nie wat julle mis nie..." |
Privaat gronde vaaldam.Jy moet vertroue in jou game plan he deur Willie Buitendag
Willie Buitendag
Privaat grond by Vaaldam naby Draaifontein
25 Julie 2015
Die oggend was koud en met die ry na die dam toe was dit baie mistig. Dit het heelwat langer gevat om by die dam te kom as gewoonlik. Ons het 07H00 die oggend bymekaar gekom by die hek van die Privaat gronde waar n klomp vriende sosiaal gaan hengel vir die dag.
Nadat almal opgedaag het is ons af na die water toe waar die mis nog steeds baie dik was. Ons het begin opslaan en begin voorberei vir die dag se hengel. Ek kon my stokke eers by 09H30 in die water kry aangesien ons ook iemand gevra het om n kliniek te kom aanbied oor hengel gerei, aas aanbieding en ander tegniese aspekte van kompiterende hengel.
Ek het begin met 1 stok op 75m met Viskose, Traction en TFC met Pearl gems op die hoeke en Almond X deegies agter die floaties.
Die tweede stok is gegooi op 110m met Spyker, GTA en DCX op die bol met GTA Gems op die hoeke en Almond X degie agter die floaties.
Die stoke het gele vir n uur toe ek besluit het om weer te laai en in te gooi.
Regs van my het twee van my vriende begin vang en het daar baie geelvis begin uitkom met n paar karpies, modderbekke en n graskarp wat uit gekom het. Die diepte was omtrent 40m. Daar is ook n grooter vis of twee gevang op die dieper stokke.
Ek het oor gestap en gaan vra, iets wat ek geleer het is gratis.
Ek het dadelik die volgende aanpassing gemaak en teen 11H45 gooi ek my eerste stok op 40m met n klein bol met 4x4 op en traction, op die hoeke een traction floatie per hoek.
Op die tweede stok sit ek Poet en 4X4 en op die hoeke n Chicken Blood floatie bo met Swiss Snow Eeze en op die onderste hoek n enkel Warrior floatie. Die stok word gegooi op 120m
By 12H15 trek die diep stok styf en die katrol begin loop toe ek vasmaak. Terwyl ek die vis speel let ek op dat my naby stok ook n byt het. Ek trek toe die diepstok se vis uit, n mooi 2.15kg karp wat ek in die net sit en ek slaan dadelik die kort stok vas wat n 300mm geelvis lewer.
Met die ys wat nou gebreek is gooi ek weer dieselfde distansies en konsetreer om kol te gooi. 5 minute later trek my diep stok weer weg en ek vang weer n karp van by die 2 kg. Na ek weer n klein Geelietjie gevang het op 40m besluit ek om my vlak stok te ruil vir nog n lang stok.
Met dieselfde diep kombinasie laai ek albei my diep stokke en probeer om die 120m merk raak te gooi met M1 gly rietvlei stroppe. Die wind waai sterk van regs en maak die gooi maar moeilik. Elke keer wat ek wel die 120m merk bereik het het dit binne 30min n byt gekry.
Teen 15H00 toe ons begin oppak het ek 5 karps en die twee geelvisse in die net gehad met n gewig van 7.5kg.
Die dag het stadig begin maar met winterhengel het ek n paar positiewe punte uit die dag geneem.
$1· Moenie altyd glo dat die aas moet op die grond le nie. Al die visse was gevang op hoeke met net floaties op. Speel maar rond met aanbiedings op albei stokke tot jy die regte aanbieding gekry het. Verander slegs as die vis te klein is of as die geeletjies begin pla.
$1· Die vis le nie altyd diep in die winter nie. Begin maar altyd met n kort en n lang stok en soek die vis.
$1· Kolgooi, kolgooi, kolgooi Maak die bolle ook bietjie kleiner want die vis is nie baie aktief in die winter nie en byt tempo kan afneem as jou aas tussen te veel grondvoer le. Maak net seker jy bly op jou kol want die vis sal ook nie aan beweeg as daar constant voer le nie.
$1· Moet ook nie teveel dip van die begin af posit nie. Begin met klein hoeveelhede tot jy vis kry en begin dan rondspeel met hoeveelheid om die byt tempo op te tel.
$1· Vra jou mede hengelaars as hulle begin vang watter geure werk vir hulle en watse aasaanbieding gebruik hulle, ons is mos almal daar om die dag te geniet en as ek jou my kombinasie gee en jy vang beter as ek dan is jy n beter hengelaar gewees daai dag.
$1· Doen goeie beplanning voor jy die dag gaan vang. Vind informasie uit oor die oewer by mense wat voorheen daar gevang het of jy moet kyk op die Magic Website onder “What works where” vir kombinasies wat werk by oewers langs die oewer waar jy gaan hengel. Kyk ook na n paar testimonials op die web site van hengelaars wat voorheen daar gevang het.
$1· Jy moet vertroue he in jou gameplan en moet wel kan aanpas soos die omstandighede dit benodig.
So het n koue maar tog n leersame dag geeindig en almal is huistoe met die oog op die Rugby. Wat kan n mens se daarvan? Ek sou eerder langer by die dam wou bly en visvang na daardie uitslag.
Magic groete
Willie Buitendag