"Dit gan nou vir amper 2 en n half jaar wat MaGic Baits my geheim is." |
Visvang met Gems deur Christoffel Britz
Ek hetSaterdag 23 Januarie so bietjie gaan lyn nat maak by 'n vriend van ons se stukkie hemel langs die Vaalrivier so paar kilometers vanaf Deneysville en wou kyk hoe goed die Gems van MaGic Baits nou regtig is.
My linkerkantste stok het ek 5 karpe en 2 graskarpe gevang met gemiddelde gewig van so 3kg, net die een graskarpie wat klein was. Ek het die heeltyd met die selfde aasie op die onderste hoek gevang en net met die boonste hoek bietjie rondgespeel.
Kombinasies op linkerstok:
Onderste hoek het ek ZIRCON gems (GTA- Almond & Garlic geur) met Plain White Chooby deegie gehaak en op boonste hoek het ek gewissel tussen RUBINE gems (Crimson- Strawberry geur), AMBER gems (4x4- Fruits geur) en dan die nuwe toetsprodukte MONSTER CARP en SPOOKASEM gems! Alles met Banana X Chooby deegie vir backing. Ek het dan ook die geur van die gems op die hoeke op die voerbal gesit saam so spuit Sweet Navigator spray.
My regterkantste stok het ek 5 babers gevang met gemiddelde gewig van so 5kg, net een babertjie was ook klein. Die het aan die klein graskarp se kop gebyt wat ek vir baberstrop gebruik het met Chickenblood wat ek bo oor gegooi het. duur les gewees, hou by dit wat werk....Gems!
Kombinasies op regterstok:
Onderste hoek ONYX gems (Black Magic-Strong Garlic geur) met Vampire Instant deegie vir backing en boonste hoek het ek gespeel tussen PEARL gems (White Claw - Duiwelsdrek geur), EMERALD gems (Weed- shrimp geur) en nuwe Vampire gems (toetsproduk) met 'n Vampire Chooby deegie. Ek het dan ook weer die geur van die gems op die mieliebom ook gesit met Banana X spray.
Al het dit baie gereen het ek nogsteeds mooi visse gevang op die nuwe reeks