MaGic Baits
"Ons almal weet dat MaGic se produkte puik is..."
Marius Jardin

2016-01-18 09.41.16 

Willie Buitendag
16 en 17 Januarie 2016
Sosiale klub kompetisie
Bronkhorstspruit Natuur Reservation
20 visse 20kg

  

Met die weer en die wind wat reg van voor gewaai het, was die vis maar moeilik. Die dag was minder produktief gewees en ek het by 14H30 my eerste vis gevang. Ek het deur die dag rond gespeel met verskillende kombinasies, hoekase en dieptes. Ek weet uit vorige ervaring dat die vis by Bronkhorstspruit tussen 40m en 160m kan le. Die weersomstandighede kan 'n groot rol speel met waar die vis gaan byt. Die vis het wel vroeg oggend vlak gespeel, omtrent 60m.

 

Ek het besluit om my een stok op 80m te hengel en die ander een op 100m aangesien die wind sterk van vooraf gewaai het. Ek moes diep grou voor ek uiteindelik besluit het om altwee my stokke te skuif na 115m op 'n kol. Daar moes hulle toe maar le tot die vis die aas kry. Meeste van die vis is deur die nag gevang op hierdie diepte.

 

Daar word met die aanvang van die kompetisie 'n spesie getrek vir die kompetisie en sou die spesie gevang word kry jy 20 punte by.jou telling.

 

Ek het by 20H00 besluit om spring wurms en kariba's op die hoeke te sit met 'n mielie bol wat gespuit is met stinkgogga. die besluit was gemaak om juis die spesie te teiken wat baber was. Ek weet ook dat groot karp ook die wurms sal optel. Ek kon nie verloor deur wurms te gooi nie.

 

Die byt tempo was so 1 vis elke uur met van die byte wat so 30 minute uit mekaar was en ander wat langer as 'n uur gele het.

 

Dit was duidelik dat sekere dele van die oewer meer geskik is vir floatie hengel en ander dele deegie hengel. Waar ek gehengel het was deegies baas.

 

Die kombinasie wat ek gebruik het was saamgestel uit dips uit wat ek al voorheen sukses op gehad het en wat ek weet ander ouens sukses op gehad het. Geen van die dips wat ek op vorige geleenthede met groot sukses gebruik het wou werk nie. Wys maar net dat geure verskil maar van dag na dag.

 


Die kombinasies wat gewerk het vir die karps was:
Wit floro deegie op een hoek, Alm X deegie op die ander. Albei word in die boll gedruk. Op die een deegie het ek 'n druppel peach delight gesit en op die ander deegie 'n druppel Monster carp.
Ek het die boll dan gesmeer met GTA.
Ek het my 17 karps op die kombinasie gevang.
Die 3 babers is gevang op Kariba's en slang wurms wat gespuit is met Stinkgogga.

  

Wat kon ek verbeter het om meer vis te vang.

 

Ek moes dalk vlakker begin het vroeg oggend, miskien op 60m.

 

Ek moes my diep stok op 115m begin het en ingekom het as ek die 115m merk nie kon raakgooi nie.

 

Ek moes van die begin af een stok net deegies gesit het en met net een stok rond gespeel het met ander hoek ase..

 

Ek moes my stokke langer ingelos het voor ek nuwe aas aangesit het.

 

Ek het die stokke vir 'n uur gelos en dan nuwe aas opgesit. Ek moes die tyd nerander het na 1 en 'n half uur toe.

  

Met min slaap en uithou vermoee het ek geslaag daarin om die kompetisie te wen.

 

Magic groete

 Willie Buitendag