MaGic Baits
"Dankie vir n puik produk wat resultate kan wys."
Lukas vd Nest

Hengel vir Moddervis(‘Muddies’)deur Danielle van Der Merwe

 

                       ft2                                                     

 

Wat is n Moddervis?

 

 In ons Suid-Afrikaanse damme kry ons hoofsaaklik 2 tipes Moddervis: die Rooineus Moddervis (Labeo Rosea) en die Oranje Rivier Moddervis (Labeo Capensis) ook beter bekend as die “Vaal Muddy”.

 

Onder ons ernstige vissermanne(en vroue) staan die Moddervis bekend as die V6’s van die varswaters. Die naam is hulle toegeien vanwee die goeie geveg wat hulle op sit, veral as dit kom by ligte gerei hengel.

 

Moddervisse is omnivore wat hoofsaaklik leef op vegetatiewe detritus en kleiner insekte wat hulle, vanwee die posisie van hul bekke, soos n stofsuier opsuig van die bodem van die dam af.

 

Hoe teiken jy ‘Muddies’?                                                                                     

 

Moddervis kom gewoonlik voor op n relatiewe skoon bodem wat n diepte van 3 tot 5 meter is. Hulle geneigdheid om op die bodem te voer, maak hulle een van jou meer uitdagende visse om te vang. Daarom is dit belangrik om vir n wyle op die selfde voer kol te bly. Dit sal jou kanse verbeter  om n Muddy op te tel. As Karpe die voerkol oorneem en wei, vang rondom die voerkol of skuif jou voerkol

           

Met wat hengel jy?

 

Strop/Rig: Gly-rietvlei strop of Baby Shoes

   ft3  ft4 

Aas: Soet witdeeg(SWD), klein floaties, Worm floaties, erdwurm, geknipte mielies, Snow-eez, eier deeg, maaiers(maggots), rysmiere.

 

** Dis altyd belangrik om soet, vrugte- en/of bessies geure te gebruik, selfs TCP sal ook werk. Groen fluro is altyd n baie goeie keuse.

 

  ft5                        Net Deeg

 

   ft6                       Deeg + Floatie (bo)

 

   ft7                       Deeg + Floatie (onder)

 

   ft8                        Deeg + Floatie (middel)         

 

   ft9                     Deeg + wurms 

 

     ft10                     Wurm

 

     ft11      Maaiers (maggots)

 

Danielle se Magic ‘Muddy’ Kombersie:         

 

1/3 Bottel Crimson bol dip

 

2 x tlp DCX

 

1 x tlp Sweet Navigator

 

1 x tlp HLX

 

1 x Blikkie Kondensmelk

 

2 x tlp Koekmeel

 

Meng al die bogenoemde bestandele saam en maak seker dat daar nie klonte in is nie. Gooi dit in n bottle vir maklike gebruik.