MaGic Baits
"MaGic Baits is nie net 'n besigheid nie, maar is aktief besig om ons sport te bevorder."
Marius Jardin

jaco trichardt

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hengelaar:                         Jaco Mynhardt

 

Plek:                                      Publieke kant - Trcihardtfontein

 

Datum:                                23/03/2015

 

Totale Vis:                          45

 

Totale Gewig:                   Nie beskikbaar

 

Kombinasie/ Aas:            Bol:                        Traction, GeeBee & Swiss

 

                                                B/ Hoek:              Soet Wit Deeg (Rys korrel grote)

 

                                                O/Hoek:               Soet Wit Deeg (Rys korrel grote)

 

                                                Die kombinasie op die 50m

   

                                                En

   

                                                Bol:                        Yellow Navigator, Vaalking & Cyclone

 

                                                B/ Hoek:              Soet Wit Deeg (Rys korrel grote)

 

                                                O/Hoek:               Soet Wit Deeg (Rys korrel grote)

 

                                                Die kombinasie op 80m gehengel

 

                                                               

 

Afstand:                               1.            50m

 

                                                2.            80m

 

Kompetisie:                       Social

 

Weer:                                   Koud, bewolk en sterk wind tot 11uur daar na Sonskyn met sterk wind

 

Tempo:                                                2 – 15minute

   

Goeie dag.

   

Ek en my Pa (Francois Mynhardt) het besluit om van ons familie te neem om lekker te gaan hengel en bietjie te ontspan. Ons het 06:00 die oggend by die hek gestop te Trichardfontein Dam (Publieke kant). Ons was heel verbaas om die oewer leeg te vind met slegs een groep mense wat net duskant die hout huisies gekamp het. Ons besluit toe om tussen die kanaal en die staal afdak te gaan sit.

   

Ons het toe so 06:15 begin afpak met ‘n koppie boere troos net om die Oggend reg af te skop. Almal het hulle plekke in geneem en alles reg gekry. Ek was die eerste een om te gooi. Het my 6voet Bass stokkie gevat en hom op 50m in gehaak. Het begin met ‘n SWD op elke hoek, Banana X en 4x4 op die bol. Ander stok het ek my 10voet stok op 80m in gehaak en hom gelaai met ‘n SWD op elke hoek. Yellow Navigator, Vaalking & Cyclone op die bol.

   

Eerste 30minute het verby gegaan sonder enige byt. Trek toe my 50m stok uit om hom te laai en weer te gooi. Sit toe weer ‘n SWD op elke hoek maar maak my boonste SWD fyn en lank om te kyk of ek nie die moddervis kan trek nie. Op die bol het ek Traction & GeeBee gesit. Terwyl ek besig was om hom te laai hardloop my 80m stok. Maak vas en land toe my eerste jong karpie. 35minute op my stop hoorlosie. Gooi toe my 50m stokkie so dat ek net ‘n stok in die water het terwyl ek die 80m stok laai.

   

Ek herlaai toe my 80m stok dieslefde soos die eerste gooi en gooi hom weer in. Ek het net my polisieman op my 80m stok gesit toe sak die polisieman op my 50m stok tot in die water. Maak vas en bring hom in. Weer ‘n jong karpie. Hy het die boonste hoek gevat op die lang SWD maar hy het hom aan die kant van die bek geslaan. Besef to die vis is agter die dikker gedeelte van SWD aan. Laai toe weer my stok maar sit toe ‘n rys korrel grote SWD op boonste hoek en normale grote SWD op onderste hoek. Sit dieselfde kombinasie konsentraat op die bol soos waarop ek die vis gekry het en gooi hom weer in. Terwyl ek my lyn styf trek na ek gegooi het toe sak die polisieman op my  80m stok tot in die water. Sit my polisieman op my 50m stok en en gaan maak my 80m stok vas.

   

Ek speel toe die vis op my 80m stok en besef ek dat dit ‘n beter size vis is en moet hom mooi speel. Net voor ek hom kon skep gee hy ‘n kop skud en weg is die vis. Bring my strop nader om te sien dat die vis weg is met my boonste hoek. Kom by my kas en sien my stok het 2min gelê. Besluit toe ek gaan sommer die strop gebruik met die een hoek en hom weer laai. Klaar gelaai en reg om te gooi. Ek kyk op om te sien hoe gaan dit met die res van die mense. Sien toe almal kry vis maar nie op my tempo nie. Vat toe my stok en gooi hom in.

   

Sien my 50m stok lê nou bietjie langer en besluit om die res van mense te gaan help. Net ‘n strop klaar gelaai vir my neef toe my Pa gil dat my stok hardloop. Stap terug na my kas en sien dit is my 80m stok wat hardloop. Maak vas en bring hom in. Bietjie beter karpie van so 500g. mooi in die onder lip gehaak met die enkel hoek. 8minute op stop hoorlosie. Besef toe dat die dag tempo hengel gaan wees.

   

Ek haal toe vir my nog ‘n stroppie uit en knip sommer onmiddelik my boonste hoekie af. Laai toe altwee die stroppe en gooi toe weer my stok in. Ek trek toe my 50m stok uit en haal die boonste hoek af. Laai hom toe weer dieselfde en gooi hom. Die keer het ek net Swiss op bol by gesit om vis te lok.

   

Ek het toe die hele dag so gehengel tot en met 15:00. As die stok langer as 10min lê dan weet ek ek moet verander op my kombinasie deur iets by te sit of iets af te haal maar my hoof geure bly dieslefde. Ek eindig met 45vis (Nie skaal gehaad om te weeg nie). Ek het my aas aan die res van die mense gegee so dat hulle ook vis kon kry. Tussen die 6 hengelaars het ons al te saam 110 vis gekry van 07:00 tot 15:00.

   

Dit was ‘n baie lekker hengel sessie gewees en Magic Baits het ons nie in die steek gelaat nie.

   

Groete.

   Jaco Mynhardt