MaGic Baits
"... ek koop nie eers meer die 'n hengel tydskrif nie, want alles is op MaGic Baits se web blad en FaceBook page."
Kallie Radley

20160207 095843ps 

Drie Tenore

 

Ons het die afgelope naweek van 6 Februarie by Vaaldam anderkant Oranjeville op Sonop hengelklub se klubgronde, die maandelikse klubkompetisie gehengel. Vrydag middag laat daar aangekom en sommer dadelik al die visgerei reggekry en lyne ingevat. Ek het sommer heel eerste my beproefde kombinasies by Vaaldam geprobeer. VRM en Vampire bleeding floaties. Ek weet as die vis nie dadelik op dit byt nie gaan ons sukkel. Maar weereens was dit ‘n wenner.

 Kenny Hills Graskarp 7 Kg gevang op VRM bleeding floaties en Traction chooby as backingps

Turbo Britz het daar aangekom en ons het sommer gou gou kamp opgeslaan, want ons het gesien daar is donderweer oppad. Twee lekker storms gehad en toe die weer ooptrek later die aand was dit hengel in alle erns. Ons het direk in die rivier gehengel. Drie treë en dit raak vinnig diep. Vyf meter en dit is drie meter diep. Ten spyte daarvan het ons die lyne so 130 meter diep ingevat. Ek het gereken dit is waar die rivierwal weer effens optel. Andre en Andre het ingegooi want die vis was baie bedrywig tussen 20 en 60 meter. Maar meeste van die visse was net kleintjies wat hulle gevang het. As ek hulle lyne ingevat het tot 120 m was die vis groter wat uitgekom het.

 

 Ons buurman was baie bedrywig, maar ons het geweet as die Magic eers begin loop en my drie tenore begin te sing, dan is dit werk werk werk. Ek het VRM en erdwurm probeer maar die klein babertjies het effens gepla. Voordat hulle ‘n oorlas word was die wurms vergete en het ons net met floaties en floating gems gehengel.

 

Deur die nag het ek ‘n mooi karp van 5 kg gevang op VRM bleeding floatie met Traction chooby en Snoweeze Aquaberry degie as backing. Op die voerbal het ek VRM en die drie tenore – Foxtrot, Banana x, Stinkgogga gegooi. Nie lank nie of die drie het weggetrek en begin sing. Met reëlmaat het die visse uitgekom. Ek en Turbo Britz het ‘n paar visse verloor – onder andere het hy ‘n groot vis verloor. Ek het ‘n karpie gevang wat buitekant op die wang gehaak was. Ons het toe besef die karpe vat die degies.  Toe het ons die degies as backing baie kleiner gemaak en op die hoeksteel gesit. Minder vis verloor nadat ons dit gedoen het.

 

Die snoweeze Aquaberry degie was ‘n wenner. Sonder dit was die karpe stadig. Ons het maar so tussen die kombinasies rondgekrap om die vis se smaak te kry. My kombinasies waarmee ek meestal gehengel het was onderste hoek VRM bleeding floaties met Aquaberry snoweeze en Traction degie en RPA degie – sommer klein stukkies saam gemeng. Boonste hoek - gems se knoffel floatie Onyx saam met ‘n Vampire floatie op die hoek ook met die deeg mengsel as backing. Ek het ‘n paar mooi karpe op die kombinasie gevang. Op die voerbal VRM, Liquid Gems se garlic dip (Onyx) en die drie tenore.

 

Toe die byt tempo effens afgegaan het saterdag het ek VRM floaties onder en Island floaties boonste hoek gesit. Op die voerbal TAK en Foxtrot. Jy verf die voerbal met TAK en ‘n strepie Foxtrot . En jy sit altyd Island floaties op die boonste hoek. Glo my jy sal ‘n mooi karp of drie kry.

 

Saterdag laat middag het die weer kwaai gedreig en na my skok episode by Heaven het ek besluit om eerder die stokke te los as daar weerlig is. So rukkie gaan slaap maar ai die opstaan was swaar. My ogies was nog moeg maar Andre het my duidelik laat verstaan – Ek het vir hom gesê om my WAKKER te maak as die reën verby is. My eintlik gedreig om op te staan. Deur die nag het ek en Chris lekker gehengel. Hy effens beter as ek – ek is seker hy het my nie presies gesê waarmee hy hengel nie – maar dit daar gelaat. My VRM kombinasie het lekker gewerk.

 

Maar helaas my dierbare aasboot wou nie lekker saamwerk nie. So dit was maar ‘n effense sukkel om soms die lyne in te vat. Gelukkig was Chris daar en het ons mekaar gehelp.

 

Sondag oggend besluit ek om weer ‘n erdwurmpie saam met ‘n VRM floatie te probeer. Die stok het nie 10 minute gelê nie toe die alarmpie skreeu – Graskarp, graskarp, graskaaarp…. Gevoel die vis is swaar en die vis stadig ingebring. Ek weet ‘n graskarp kom lekker nader en hier by die kant wil dit spook.  Ons het die vis sommer vêr van die water neergesit want my rekord met graskarpe wat water toe seil staan op meer as vyf. Ek huil nog soms oor daai grote by Heaven…

 

Sommer gou die vis op Turbo se skaal geweeg 7 kg. Dit sommer dadelik gaan inweeg by die oewerbeampte. 7 kg. Nuwe klubrekord en ook die swaarste vis vir die naweek.  Maar die aasbootjies het my en Chris van ‘n uur of wat se hengel beroof toe albei sommer gelyk buite orde raak. My aasbootjie kort ‘n ‘make over’ en nuwe batterye.

 

Met inweeg tyd het Chris ‘n sak van 46.8 kg ingeweeg en ek 46.2 kg. As ek al daai klein vissies gehou het wat ek te lui was om in die net te gaan gooi…… As ek en Chris al die visse wat ons verloor het kon geland het sou ons…. As is verbrande hout.

 

Ek het die prys gekry vir die swaarste vis – ‘n Magic baits borgpakkie. Het die pakkie aan Annemarie Steenberg geskenk sodat sy ook in die Magic van Magic Baits kan deel.

 

So het ‘n lekker hengelnaweek ten einde geloop en is ek en Chris moeg maar tevrede vort. Kenny Hills Karp gevang op VRM bleeding floaties en Traction chooby Aqua snow eeze degie as backingps

 

Vaaldam se wenkombinasies

 

VRM bleeding floatie met ‘n erdwurm

 

Vampire Bleeding floatie met erdwurm

 

VRM en Vampire saam op een hoek saam erdwurm

 

As die kombinasies nie werk nie is dit sukkel en soek totdat jy daai kombinasie kry.

 Kenny Hills Karp gevang op floating gems Onyx- strong Garlic en Vampire floatie 3ps

Maar ons het gevind dat die floating gems saam met ‘n bleeding floatie ‘n super aas is.

 Ten laaste al wat ek kan sê- ‘Check this space, more fish to come’