MaGic Baits
"... that baldip Weerlig is just superb!!!! Out of 17 anglers I was the ONLY one to catch fish. Not just 1 or 2 but 8!"
Bernard Heesen

20160501 084101psNadat ek Klaar geverf het kon ek gaan visvang deur Chris Britz

Ek het die afgelope nawek die geleentheid gehad om saam my hengelmaat Kenny op privaatgrond oorkant UJ te gaan hengel. Ek kon eers saterdag middag by hul aansluit want my vrou het gesĂȘ dat ek eers die badkamers se seilings klaar moet verf voor ek kan gaan visvang. So toe kom ek eers saterdag middag daar aan en met die wind wat so waai dat as jy jou floaties op jou hand uitgooi om te gebruik dan waai dit of weg of terug in die botteltjie, so toe maar besluit om in te gooi want Vaaldam het golwe gehad van by die halfmeter en dit is 'n "no go" met 'n aasboot. Maar die lyne was so gedruk deur die wind dat dit later op die kant uitgespoel het.

  

Groot tip: Deur die jare het ek al gesien dat sulke wind jou visstand kan omwaai en het al menige kere baie floaties verloor wat wegwaai het of in die reen uitval, so toe besliut ek om die stand te anker met groot tentpenne en toue.

  

Daai aand het ek so 'n drie kilogram graskarp vang maar het niemand gehad om foto te neem nie aangesien almal gaan slaap het agv die rugby nie van die beste was nie. Het maar ook later gaan slaap want die wind was rof.

  

Sondag oggend het die weer sommer baie verbeter en kon ek weer aasboot hengel. Die vis het maar stadig gebyt en kon twee mooi karpe land en kleinerige enetjie, maar die klein graskarpies het gepla en het seker so 4 van hulle gevang  het.

  

Afgesien van die wind en koue was dit nogsteeds lekker gewees.

  

Hengel groette

 

Christurbo Britz