MaGic Baits
"... ek stel voor dat julle sommer gou van MaGic se produkte moet begin gebruik."
Marius Jardin

Phillip Jansen roer die vis by die Beach  met sy Magic

Maandag wat n mooi dag sonskyn , voeltjies wat sing en skoenlappers wat vlieg.Ek het n bietjie vir my pa gaan kuier toe word ek uitgenooi om saam met die ou manne te gaan hengel die Dinsdag. Ek kry my hengel gerei alles so deur die loop van die dag reg en sien uit na n lekker hengel sessie.Ek hoor net hierdie manne kan visvang en ek kan nie meer wag nie. 

Ek staan net na 5 op Dinsdag more. Ek trek my sweetpak aan en drink vinnig n koppie koffie. So reg soos n roer . Ek gaan uit om die kar en trailor op te haak. Wat n surprize die wind waai en dit is bewolk n regte koue oggend. Klaar gehaak gaan haal ek eers my groooot baadjie vir die koue. Mal is ek mal ek kan eerder terug in die bed klim maar nee flippen visvang wil ek mos.My vrou se mos daar is mos net vis op my breins gelukkig het sy nog geslaap anders sou sy dit ingevryf het.

By die dam gekom soek ek eers die braaier en die hout de hel met die voer aan maak en alles reg kry . Wind en koue is altyd erger by die rivier.Ons hengel "the beach" op in die rivier in Witbank. Dit wil se as ons n vis gaan vang.Met die wat die vuur aan is, begin my hande darem so bietjie bietjie ontdooi, kan ek nie anders as om maar my hengel gerei uit te kry nie. So tussen in sluit daar drie karre by ons aan. Elkeen van hulle het ook dadelik hulle vure aangesteek.

My pa se vir my ons is volledig en ons mag maar begin hengel, so dit is ek en my pa ,oom Kat en oom Neil en n oom wat van n ander land af kom wat ek sukkel om te verstaan. Dit is so net voor sewe en ons gooi in. Die manne het nie regtig groot reels en regulasies nie. Hulle ruk sommer 2 ase bote uit,nee kyk hierdie ooms vang soos hulle wil kompetisie teen mekaar ,asebote en dan nog n rubberduck ook. So vandag hengel ek tèen bote,hulle moes net iets genoem het dat ek ook my aasboot kon vat.

My stokke is in gegooi en ek soek skuiling agter die kar by die vuur, ek ruk soos ek koud20160510 122349 resized kry die is defnitief nie warm nie. Almal se die weer het gese dit gaan warm en wind stil wees,blykbaar dink ek daai weervoorspeller het een te veel gehad toe hy die weer voorspel het want mense dit is vrek koud. Altyd gedink ek is nog jonk en sal nooit koud kry nie,meeste van die winters het ek nooit n langbroek gedra nie. Ek moet seker besef n mens raak ouer.

Wind en weer en dis al nege uur my stokke is al oor die 2 ure in en ek sit by die vuur met geen hoop vir die dag nie dis so koud ek beplan nie eers om weer in te gooi nie. Dit is asof ek ook nie my liggaam kan warm kry nie. Die wind sny by elke hoekie en draaitjie in. Nog geen een het n vis en nie een het eers n byt nie. Dink tot die vis is vas gevries eintlik weet ek hulle is vas gevries. Die wind kom reg van voor af, ek kyk nie eers na my polisiemanne nie, hopelik hoor ek die katrol loop.

Kwart voor 10 en my en n ander oom se stok begin loop, klokslag. Ek maak vas en bring hom uit.Dis n vis maak nie saak of dit n kleintjie is of nie my net gaan water toe. Ek kan glad nie onthou waarop dit was nie. Ek bring toe maar my ander stok ook uit om vars aas op te aas. Ek probeer sommer iets wat n bietjie way out is vandag of altans wat ek nog nie regtig probeer het nie.

Die stokke terug in die water en ek is terug vuur toe. Die ys is gebreek ons gaan nou begin vang.

Half elf en my regter kanste stok loop. Nog een om by my versameling te voeg. Ek gooi vinnig terug in en staan vuur toe. Dit is nog bewolk en die wind lyk glad nie of dit van plan is om te gaan le nie. Daar is nou n totaal van drie nette in.Daar gaan my stok weer aan die loop,nee kyk die vissies is ook besig om te ontvries.

Twaalf uur en die dag is besig om nou beter te raak. Die wolke maak oop die wind bedaar en die vissies byt. Kan skaars glo dit is dieselfde dag wat so flippen koud was. Ek het nie eers meer n sweetpak aan nie. Die dag het lekker begin raak en die koue was nou iets van die geskiedenis. Nou begin die ou manne ook vis in hulle nette plaas. 

Die katrolle sing die skoenlappers vlieg en die son bak lekker wat n lekker omkeer. Ek maak vas met n karp van 4kg. Die grootste een van die dag nogal. Gedink hy sou byt in die koue maar dit lyk my hy hou ook van  warm sonskyn weer.Ek het die regte kombinasie gekry wat vir my werk.Die bol mooi gevorm op die sinker met drie mooi strepies eweridig versprei met  3 bol dips daarop.

Ek pak op met n seer hart ek dink ek sou graag tot sterk skemer sou wou gehengel het maar nie te min ek het die ooms n les geleer al het n mens teen n aas boot gehengel staan n mens n groot kans,Magic Baits kan alles verander. 

Die uitslae was soos volg:

Oom Neil  3 vis

Oom Kat  3 vis 

Oom wat ek nie verstaan nie 5

My pa 9

Ek myself 11.

My kombinasie wat ek gebruik het is as volg:Magic Baits popcorn feed.  Boorgat flouties. Swiss, Beast en Merlin boldip.