MaGic Baits
"... that baldip Weerlig is just superb!!!! Out of 17 anglers I was the ONLY one to catch fish. Not just 1 or 2 but 8!"
Bernard Heesen

Willie Buitendag - Bronkhorstspruit Natuurreservaat ( April 2016 )

edited 1462031867257 

Willie Buitendag
30 April 2016

Bronkhorstspruit Natuurreservaat- Pro Mania

4 visse 7.5kg

Na die vorige Pro Mania by Bronkies waar ek maar sesde in my sone geeindig het en sestiende overall moes ek net terugkom om dinge reg te stel.

Ek het weer 05H30 by die hek gekom en was verbaas dat baie van dieselfde ouens wat die Woensdag gehengel het wragties weer opgedaag het vir nog n dag van punishment. Wel, ek was daar so ek tel ook as een van die suckers.

06H00 het die hekke weer oopgemaak en is ons almal af na die water. Hierdie keer was die penne gesteek op die agterste oewer van die dam. Die oewer is lank en redelik reguit en die 30 penne was gesteek met hier en daar n sosiale hengelaar tussen die penne.

dit was n langnaweek en ek was verbaas dat daar nie meer sosiale hengelaars daar gesit het nie. Die oewer waar ons die Woensdag gesit het was toe onder die sosiale hengelaars en daar was nie n plek vir n muis nie.

Ons het penne getrek en met 26 penne was daar weer 3 sones. Ek het pen 9 getrek en hengel in die eerste sone. Die water waar ons hengel was moeilike water. Sone twee en drie was in die beter water. Daar was eintlik een probleem in die beter water en dit was die groen alge. Die alge pak saam op die lyn wat dit moeilik maak om die lyn in te rol en n vis te speel. Ons sone het weer redelik gras in die water gehad tot op so 40m.

Die kompetisie het begin om 07H30 tot 15H30.

Ek het begin met die volgende kombinasies en dieptes.

Stok 1, soft bleeding warrior floatie onder en n soft banana X float bo. Grondvoer was Magic se heavy weight voer. Warrior en Banana X op die bol. Ek het op 115m gegooi
Stok 2, bleeding warrior float onder met n foxtrot soft float bo. Op die heavy weight grondvoer het ek traction en RPA gesit. ek het eers op 85m begin maar nadat ek twee visse op die ander stok gevang het, het ek die tweede stok ook dieper geskuif. Ek het twee visse op die kombinasie ook gevang.

Die oggend was windstil en ek het geweet dat die wind later sou opkom. Ek het gehoop ek kan n paar visse in die net kry voor die wind begin waai. links van my op pen 1, 2 en 3 het die manne sommer binne die eerste uur 2 visse elk in die net gehad. my eerste vis was eers na n uur en 25 minute gevang. Toe nog een 22minute later en toe vang ek nog twee op die ander stok tussen 10H00 en 11H30. Die wind het sterk begin waai reg van voor en ek het gesukkel om die 115m merk raak te gooi met n M1.5. Ek het maar aangegaan op die dieptes waar die bol val en ek los toe die stokke met die hoop dat die visse die aas sal kry. Van kolgooi was daar nie sprake nie.

Die vis het stadig uitgekom en hier en daar het daar wel n paar verlore visse uitgekom. Toe die hoeter gaan was ek verlig aangesien ek nie nog n vis kon kry van 11H00 af nie maar dit het gelyk of ek goed genoeg gedoen het vir n eerste of tweede plek in die sone.

By die weeg was ek verbaas om te sien dat ek die sone gewen het met 1kg en dieselfde hoeveelheid vis. Met my vermoede dat die ander sones beter gaan vaar het dit so gewys by die inweeg en was sone 2 se wenner die wenner van die dag, sone 3 se wenner 2de en ek derde as die wenner van sone 1.

Ek kon darm my BMT punt opstoot en het daarmee opgeskuif na posisie 29 op die ranglys. Ek moet nog 3 Pro Mania's vang om te kwalifiseer om wel in die finale deel te neem.

Die Magic Wizzaed Span totaal het in die kort tydtjie op geskuif en le die span nou 30ste op die ranglys.

Ek het op die einde van die dag besef dat ek dalk n bottom strop moes gegooi het wat dalk die hoeke in die diep water kon neersit waar die visse gewei het. So kon ek dalk nog een of twee visse gevang het. Ek het nog baie oefening nodig met die gooi.

Dankie MIchael vir die puik produkte.

Magic groete

Willie Buitendag