MaGic Baits
"MaGic Baits het regtig my vangs 1000% verbeter ..."
Cornel Geyer

Rudi Strydom se sukses storie by die Veterane SA’s

 

So klein bietjie terugvoering oor die Veterane (dis nou al die ou-ou toppies) SA Kampienskappe wat in Bloemhof plaasgevind het vanaf 20 tot 22 Februarie 2017.

Die kampioenskappe sou by BamboeImage may contain: textsspruit gehengel word. Maandag, 20 Februarie het ons in die reen by die oewer opgedaag en besef dat ons probleme in die oe staar aangesien daar geen teken was dat die reen wat al die vorige aand begin val het gaan opklaar nie. Ons het penne getrek en gaan regmaak vir die dag se hengel. Die reen het gedurende die dag net al hoe harder en harder begin val. Die vis het ook nie baie fluks gebyt nie en om aas aan te sit in die reen was 'n hewige uitdaging. Gelukkig was ek en my penmaat hierop voorberei en het ons heerlik onder 'n gazebo ons ding gedoen. Verskeie kombinasies het vis gelewer en daar was nie een wat uitgestaan het nie. Ek kon vir die dag slegs 8 vis weeg en as ek reg onthou was die gewig net so oor die16kg. GN het die dag afgesluit met 'n algehele tweede plek en ons het besef dat die geveg vir die volgene twee dae aan is.

Met die dat dit so baie gedurende die dag gereen het moes baie voertuie uitgesleep word. Ons het ongeveer 2 ure aan die 51km terug Bloemhof toe gery aangesien die paaie verspoel was en daar baie water oor die paaie geloop het. Later die aand het ons gehoor dat die SA's moontlik afgelas gaan word, maar dat daar die volgende dag 'n finale besluit geneem sal word. Gelukkig was daar besluit om voort te gaan, maar dat daar na 'n alternatiewe oewer gesoek sal word.

Ons het toe die Dinsdag 'n rusdag geniet en die Woensdag by Sandvelde gehengel. 'n Nuwe oewer vir ons almal. Ons het besluit om voluit te gaan en die beste daarvan te maak. In die woorde van ons afrigter, "Boys, vandag is dit bloed en koeels" Ek het gou 'n kombinasie gekry wat gereeld vis gegee het en ek en my penmaat het daarmee gehengel. Op die boonste hoek was 'n Carma floatie met 'n amandel/garlic degie. Op die onderste hoek was 'n kariba wurm met 'n duiwelsdrek floatie en op die bol FBI op die kop van die No automatic alt text available.bol gegooi, Banana X bo-oor gespuit, Baas Ben aan die een kant van die bol. Ek het DCX teen die strop lyn laat afloop tot op die bol. Wanneer dit stil raak het ek die Baas Ben met TFC vervang en van tyd tot tyd duiwelsdrek sommer bo-oor alles gespuit. Klink erg, maar dit het gewerk. Aan die einde van die dag het GN vir die tweese jaar in 'n ry as wenners uit die stryd getree. Later die aand tydens die prysuitdeling was ek uitgenooi om aan die Veterane se nasionale proewe te gaan deelneem wat Vrydag 24 Februarie sou plaasvind.

Gelukkig vir ons word die proewe toe ook by Sandvelde gehou. Die oggend van die proewe trek ek toe pen 18, drie penne links van die brug af. Ek was in my noppies tot ek moes hoor dat daar baie hakplekke voor my in die water is. Ek het my 10 vt stok (ingehak op 45m) en my 12 vt stok (ingehak op 80m) reggekry en besluit om op die afstande te hengel. Skaars 'n minuut na ek ingegooi het loop die kortstok en die vis ruk hom van my mikke af. Die vis is los, maar ek is baie opgewonde oor die vinnige reaksie op die kort afstand. Ek herlaai en gooi weer op op 45m. Vir die volgende uur en 20 minute gebeur daar NIKS. Ek hengel met dieselfde ase en kombinasies as die Woensdag en kan nie verstaan wat aangaan nie. Rondom my kom daar vis uit, maar die tempo is nie noemenswaardig nie en ek besluit om net kalm te bly. Skielik byt die kort stok en ek land my eerste vis. Nie baie groot nie, maar ek het vis in die net. Skaars ingegooi of my stok loop weer. Toe begin dit rof raak en ek kan by tye nie voorbly nie. Die vis wat uitkom is nie groot nie en ek moet 'n besluit neem of ek dieper moet gaan probeer. Aangesien ek op 80m gehak het besluit ek daarteen en gaan haal my ander 10vt stok wat ook op 45m ingehak is. Ek gooi albei stokke dieselfde en vang die vis met gereelde reelmaat. Ongeveer halfeen raak alles net doodstil. Nou is die tyd oNo automatic alt text available.m planne te maak. Ek verander my kombinasie na die volgende: een vampire floatie op elke hoek en op die bol gooi ek TFC, spuit Banana X bo-oor, DCX op die kop van die bol. Nie lank nie toe is die vis weer aan die gang. So nou en dan spuit ek duiwelsdrek. So het ek toe gehengel tot ons klaar gemaak het. Aan die einde van die dag het ek 35 vis geweeg (ongeveer 26kg) en ek moet net byse dat as gevolg van die hakplekke het ek 12 vir die dag verloor. Ek was heel tevrede met wat ek bereik het, veral toe ek hoor dat ek algeheel derde vir die dag ge-eindig het.

Ek het 'n wonderlike kampioenskappe en proewe gehad. Alle dank en eer kom my Hemelse Vader toe wat elke dag by my was en my die wysheid gegee het om die regte besluite te neem. Ek wil ook baie dankie se vir Alet Strydom wat my te alle tye bygestaan het en moed ingepraat het. Wat 'n groot voorreg om jou vrou saam met jou langs die water te kan he. Dankie ook aan Michael Cato en die Magic Baits span vir wonderlike produkte en dat julle my ondersteun en in my glo.