MaGic Baits
"Dankie vir n puik produk wat resultate kan wys."
Lukas vd Nest

Rudi Strydom terugvoering Gauteng Noord proewe Bloemhof

 

No automatic alt text available.
Gelukkig vir ons word die proewe toe ook by Sandvelde gehou. Die oggend van die proewe trek ek toe pen 18, drie penne links van die brug af. Ek was in my noppies tot ek moes hoor dat daar baie hakplekke voor my in die water is. Ek het my 10 vt stok (ingehak op 45m) en my 12 vt stok (ingehak op 80m) reggekry en besluit om op die afstande te hengel. Skaars 'n minuut na ek ingegooi het loop die kortstok en die vis ruk hom van my mikke af. Die vis is los, maar ek is baie opgewonde oor die vinnige reaksie op die kort afstand. Ek herlaai en gooi weer op op 45m. Vir die volgende uur en 20 minute gebeur daar NIKS. Ek hengel met dieselfde ase en kombinasies as die Woensdag en kan nie verstaan wat aangaan nie. Rondom my kom daar vis uit, maar die tempo is nie noemenswaardig nie en ek besluit om net kalm te bly. Skielik byt die kort stok en ek land my eerste vis. Nie baie groot nie, maar ek het vis in die net. Skaars ingegooi of my stok loop weer. Toe begin dit rof raak en ek kan by tye nie voorbly nie. Die vis wat uitkom is nie groot nie en ek moet 'n besluit neem of ek dieper moet gaan probeer. Aangesien ek op 80m gehak het besluit ek daarteen en gaan haal my ander 10vt stok wat ook op 45m ingehak is. Ek gooi albei stokke dieselfde en vang die vis met gereelde reelmaat. Ongeveer halfeen raak alles net doodstil. Nou is die tyd om planne te maak. Ek verander my kombinasie na die volgende: een vampire floatie op elke hoek en op die bol gooi ek TFC, spuit Banana X bo-oor, DCX op die kop van die bol. Nie lank nie toe is die vis weer aan die gang. So nou en dan spuit ek duiwelsdrek. So het ek toe gehengel tot ons klaar gemaak het. Aan die einde van die dag het ek 35 vis geweeg (ongeveer 26kg) en ek moet net byse dat as gevolg van die hakplekke het ek 12 vir die dag verloor. Ek was heel tevrede met wat ek bereik het, veral toe ek hoor dat ek algeheel derde vir die dag ge-eindig het.

Ek het 'n wonderlike kampioenskappe en proewe gehad. Alle dank en eer kom my Hemelse Vader toe wat elke dag by my was en my die wysheid gegee het om die regte besluite te neem. Ek wil ook baie dankie se vir Alet Strydom wat my te alle tye bygestaan het en moed ingepraat het. Wat 'n groot voorreg om jou vrou saam met jou langs die water te kan he. Dankie ook aan Michael Cato en die Magic Baits span vir wonderlike produkte en dat julle my ondersteun en in my glo.