MaGic Baits
"MaGic Baits het 'n groot aandeel in my sukses en ek en MaGic sal nog 'n lang pad loop."
Marjohn Koster

Francois Mynhardt - Trichardtsfontein dam ( April 2017 )

18221949 10209292531170025 4466233323956772944 n

Francois Mynhardt
Kompetisie: Anglers Mall SAFBAF Elite Series
Plek Behaal: 2de Algeheel
Totale Vis: 29
Totale Gewig: 12.225kg
Kombinasie/ Aas:
Onderste Hoek: Kariba Wurm met ‘n Vampire Floating gem
Boonste Hoek: Vampire Floating gem terug gedruk in bol
Bol: Spuit Traction, ‘n spuit Cyclone af gewissel met Yellow Navigator
Afstand: 90m & 120m
Weer: Koud die hele dag met sterk Suid Westelike wind
Tempo: 5-10 minute

Goeie dag,

Ek en my seun Jaco, het besluit om die Elite Series te gaan hengel wat gehou is te Trichardtsfontein dam, Texa kant. Ons lê onder die top 50 in die Elite series en dus moes wou ons, ons posisies versterk voor die winter behoorlik inspan.Ons het by die water aan gekom net betyds vir die loting. Jaco het ons gaan inskryf en terselfde tyd vir ons Penne getrek. Weens ons saam in een voetuig gery het, het hulle ons toe gelaat om dus langs mekaar te sit. Ons het by ons Penne gekom en onmiddelik begin afpak. Jaco op Pen 2 en ek op Pen 3 heel link, links van die windpomp. Ons ken die dam relatief goed en weet hoe ons hom benader maar têrselfde tyd weet ons ook dat die water aan die linker kant van windpomp vlakker is en dus moeiliker is as die regter kant van die windpomp, maar daar gelaat.

Ek besluit toe om een stok op 90m in te haak en die ander stok op 120m. Ek het die hele dag net op daardie twee afstande gehengel. 07:10 toe kry ek my eerste stok in die water en ‘n minuut daar na die ander. 07:30 toe het Jaco reeds 3 vis in die net en gee my die wenk dat hy sy vis op wurms kry. Ek besluit toe om my 90m stok ‘n Kariba wurm met ‘n Vampire Floating Gem te sit en ‘n Vampire Floating gem op Boonste hoek wat ek dan terug druk in die bol. Op die bol het ek ‘n spuit Traction gesit met ‘n spuit Cyclone.5minute later toe land ek my eerste weeg Karpie. Van daar af het ek my vis op ‘n 5 tot 10 minute tempo gekry op beide stokke en afstande en waar ek gesien het my Tempo verswak het ek die Cyclone met Yellow Navigator vervang tot my Tempor terug is en dan weer terug geskakel. Ek het die dag geeindig met 29 weeg vis (7 nie weeg vis) vir 12.225kg wat my ‘n algehele 3de plek besorg het.

Baie dankie aan Magic Baits vir die top produk wat die beste resultate lewer.

Groete.

Francois Mynhardt