MaGic Baits
"Van die eerste keer wat ek met MaGic Baits begin hengel het is my hengel na 'n hele nuwe level toe gevat."
Heinnie Prinsloo

Jaco Mynhardt - Trichardtsfontein Dam ( April 2017 )

18193727 10209292351165525 553085756808990074 n

Jaco 'Kaptein Jakes' Mynhardt
Trichardtsfontein Dam
Datum: 29/04/2017
Kompetisie: Anglers Mall SAFBAF Elite Series
Plek Behaal: 3de Algeheel
Totale Vis: 23
Totale Gewig: 9.798kg

Kombinasie/ Aas:
Onderste Hoek: MB Plain soet Instant deeg of Rhone deegie
Boonste Hoek: Spring Wurm met Vampire Floating Gem
Bol: Blertsie Vampire Ball Dip op bol met ‘n Spuit Yellow Navigator
Afstand: 120m & 90m
Weer: Koud met ‘n sterk Suid Weste wind van voor
Tempo: 5 tot 10 minute

Goeie dag.
Ek en my Pa het Saterdag Trichardtfontein Texa oewer gaan aanpak met die Anglers Mall Elite Series aangesien ek vir die volgende 4 maande nie gaan kan hengel nie, aangesien my eerste kind nou in Mei gebore word en vir die feit dat ek tans 34ste op die Elite Series ranglys is en my punte wil verbeter om te kan kwalifiseer vir die Finaal aan die einde van die jaar.

Nou ja, vol moed en gefokus, vertrek ons 03:45 uit Pretoria. Toe ons Bapsfontein bereik toe is die mis so erg dat ons tussen 60 en 75 km/h geavarage het tot op Trichardts wat ons met 30min laat gemaak het. Gelukkig kon ons die organiseerders laatweet dat ons laat gaan wees en gevra dat as ons nie betyds is vir loting nie dat hulle vir ons asb penne moet trek. Ons was darm betyds vir loting en ek trek toe Pen 3 maar omdat ek en my Pa saam ry en daar slegs een sone is, het ons Pen twee ook gekry.

Nou ja toe storm almal af na hulle penne toe. Ons begin afpak om dinge reg te kry. 07:00 toe blaas die fluit en nie ek of my Pa is al gereed om te gooi nie. Weet nie hoekom ons so laat was nie maar daar gelaat. Ek het besluit om op albei stokke te begin met wurms. Op my dieper stok het ek op die onderste hoek ‘n spring wurm met ‘n Vampire floating gem gesit en op die boonste hoek ‘n Soet wit instant deegie gesit met Vampire Ball Dip en ‘n spuit Yellow Navigator. Op die vlakker stok het ek op die onderste hoek ‘n Kariba wurm met ‘n soet wit instant deegie agter aan en op boonste hoek het ek ‘n GeeBee soft floatie gesit wat ek terug gedruk het in die bol.

Ek het my dieper stok op so 120m gegooi en die vlakker stok op so 80m. Binne die eerste 5minute toe land ek my eerste undersize karpie op die 90m stok op die onderste hoek. Ek laai toe weer my stok en gooi hom tot op die clip. Ek het net my polisieman aan gesit toe hardloop my dieper stok. Land toe ‘n mooi gesonde jong karpie van so 400g op die onderste hoek. Ek laai hom toe ook weer en gooi hom weer so op 120m. Seker weer so 5 minute later toe hardloop my dieper stok weer. Maak vas en land toe weer ‘n weegbare karpie en weereens op die onderste hoek met die spring wurm en vampire floating gem. Ek het toe my kort stok uit getrek want hy het nie weer ‘n vis gelewer nie en besluit toe om my clip na 90m te skuif en hom presies dieselfde te laai as die dieper stok. 5 min na ek die 90m stok gegooi het toe kry ek ‘n byt op hom en bring hom in. Halfpad toe verloor ek die vis in ‘n gras pol in die water. Ek het toe op die kombinasie die heletyd gehengel op albei stokke tot en met so 12:00, toe breek my Tempo op beide stokke af. Besluit toe om op die 90m stok net ‘n spuit Spyker Groen te sit en op die 120m stok die boonste hoekie ‘n Rhone deegie op te sit. Dit het vinnig weer my tempo aan die gang gekry en het my toegelaat om die eerste kombinasie weer te hengel. Al wat ek toe gedoen het is, om so elke 3de gooi die verandering van die Rhone deegie en Spyker groen te doen net om my kol aan die gang te hou. Die kombinasie het my 23 weeg vis (10 nie weeg vis en seker 15 verloor a.g.v. water gras waar ek nie kon by kom nie) vir 9.798kg wat my ook ‘n 3de algehele plek verseker het.

Baie dankie aan Magic Baits vir die beste produk op die mark. Die enigste twee Magic Bait hengelaars tydens die kompitisie (Ek en my Pa) is beide in die top drie. Wenner het 29 vis gehaad vir 15kg danksy ‘n baber van ongeveer 5kg wat veroorsaak het dat my Pa ‘n tweede plek gekry het

Groete.

Jaco Mynhardt