MaGic Baits
"... ek stel voor dat julle sommer gou van MaGic se produkte moet begin gebruik."
Marius Jardin

18341949 1358787944207780 5337222283631216690 n

Natacha Veldman het 'n Magic Dag by Jackie Leonard!!!!

Wat 'n fantastiese MAGIC dag!! Ek het 8 vis gevang vir die dag met n gewig van 3.36kg. Die geelvis het verskriklik baie gepla die oggend - 2 Grootbek Geelvis so by die 3Kg en 5 Kleinbek geelvis wat natuurlik direk na die vangs vrygelaat is. Teen 11 uur se kant het ek die Karpe en Muddies begin kry. Daar was n klomp ou lyne in die water wat vashaak plek veroorsaak het en so ook my n paar vis laat verloor het.Ek het met stok 1 op 65m gehengel met n Plain float op die onderste hoek met n swd backing en op boonste hoek met n swd. Op die bol was Banana X, FBI en Foxtrot. Die kombinasie kon my darem die Karpe besorg.

Stok 2 was op 55m gewees met n Plain float op die onderste hoek en boonste hoek net n swd. Op die bol was Spookasem en n kolletjie Zellie (Toetsproduk) wat my die Muddies besorg het. Ek het baie vis op die kombinasie verloor en verseker het Zellie n verskil gemaak.Die 50/50 Magic voer was 'n absolute Wenner!!Ek het 'n 3de Plek gekry vir die dag en ek sou dit nie sonder Magic Baits se produkte kon doen nie.

Ek wil net se dankie aan Oom Michael vir die top produkte