"I have used all ground bait on the market and none match yours!" |
TURBO deur Kenny Hills
TURBO deur Kenny Hills
Verlede vrydag die 1 ste November maak ek mos ‘n vinnige draai by Michael want hy het ’n nuwe toets produk “TURBO” wat ek moet help uittoets. Ek jaag na hom toe so vining so die spoedbeperking my toelaat, kyk as iemand my sê hy kan my hengel bietjie “turbo” sodat ek meer en groter vis kan vang, wil ek wat Kenny Hills is, dit baie graag sien. Julle weet mos party mense soos ekke het groot verbeeldings. Hier sien ek in my gedagtes, ek staan in my speedo en pose met sulke groot visse, wat almal sal laat dink ek is lank en slank en nie dik en ongeskik nie. In my verbeelding kan ek al sien hoe die pro hengelaars nader staan om my handtekening te vra en hoe die visse vir my ogies maak. Ai die dagdrome….
Tel toe die botteltjie “TURBO” poeier op en bekyk dit maar vreeslik skepties. Sê dadelik vir hom, daai bietjie goed is net genoeg vir een keer se inmeng in die voer en dan is dit gone soos laas maand se pay. Moet sê Michael was baie geduldig met my en het my die prosedure baie mooi verduidelik.
Jy doop jou floatie in die muti van jou keuse. Dan druk jy dit in die Turbo poeier, skud die oortollige poeier so effens af en herhaal die prosedure. Die heeltyd groei die asie groter totdat jy dink genoeg Turbo is genoeg. Hy pluk toe ‘n emmertjie water nader en wys my wat die TURBO poeier toe doen as jy dit nou in watertjies doop. Rondom die asie vorm so lag jellie wat stadig oplos.
Nou ja volgens hom en ander bekroonde hengelaars verbeter jou gemiddelde vis se grootte wat jy dan op die TURBO poeier gedoentetjie vang. Nou ja ek is botteltjie in die hand daar weg effens droëbekkerig, want ek het ‘n towerstaffie of een of ander vislok-konstrepsie verwag. Maar poeier???
My Jeepie gepak en is dam toe. Daar gekom gou gou opgeslaan en ‘n gooi gemaak. Die Turbo heeltemal vergete. Oom Chris Rall voer my so bietjie versterkwater en toe is ek so moeg dat ek sommer boots and all in die kar slaap. Ek is nie gewoond aan versterkwatertjies nie en die een whiskey het my sommer kopseer gegee. In elk geval maak toe weer ‘n gooi en onthou van die Turbo en turbo my asies effens. Die Russe slaan toe daar uit en die turbo is vergete. (Watch out for the article Fishing with Russians Part 2)
So gaan ‘n lekker dag saam met die Russe en Jan Hoffmann verby en saterdagaand slaan Chris Britz daar uit. Hy gooi op dieselfde plek waar die Russe heeldag voerkol gebou het en sommer gou gou het hy ook ‘n netjie in die water. So agtuur die aand onthou ek toe weer van die TURBO poeier en dokter my asies ‘n bietjie. Kyk ek het nie muti’s nie net boldips. Besluit toe netdaar en dan ek try ‘n kortpad. Druk toe sommer my kariba wurms en floaties net so in die poeier en skud dit sodat daar so lekker klomp poeier om die wurms vassit. Sommer so twee keer druk ek die wurms en floaties daarin en skud die botteltjie goed. Die boonste hoek sit ek dieselfde kombinasie floaties op, maar doop dit nie in die turbo poeier nie.
Chris Britz met van sy TURBO karpe
Kyk ek is nou nie ‘n ou wat sommer stories vertel nie, julle weet ek is maar ‘n man van min woorde. Die volgende oomblik tref ‘n vreeslike gatslag my. Daai ou penkatrollietjie van my, waarmee ek al menige haaie groter as 100 kg mee gevang het asook ander reuse groot roofvis, begin te hardloop asof dit ‘n turbo-boost gekry het. Ek besef onmiddelik die karpie gaan my in die see, ag sorry dam in trek en spring in my jeep, wat ook geturbo is, maar die ou karpie sleep my Jeep en al water toe. Ek spin sulke groot slote dat ek amper die Jeep begrawe. Gelukkig sien Chris Britz die gedoende en hy gryp ‘n 50 mm dik anker tou en maak dit om die plantasie agter ons vas. Sleep die ou karpie van so 3.5 kg uit en toe ons tot verhaal kom sien ek die karp het drie groot bome sommer wortel en tak uitgetrek….
Sjoe ek was bleek geskrik en het die ou karpie maar versigtig gebêre. Die volgende oomblik loop my ander stok, maar ek was gereed vir die karpie. Hakskene ingekap en gestoei, totdat Chris die ou lewendige karpie ook veilig geskep het. Weereens ‘n mooi karp van oor die 3 kg. Toe ek op my horlosie kyk sien ek dit is half drie se kant. Ou Chris tune my ek moet die vis SELF gaan bêre. Kyk hy weet ek is bang vir water en bowendien het ek langbroek aan en … Maar toe sien en besef ek Chris is moedeloos. Ek vang lekker vis en hy sukkel. Kry so dan en wan ‘n vissie en boonop maar kleinerig.
Karpe gevang op Turbo
Vra hom of ek hom kan help sodat hy ook kan vang. Vertel hy my mos “Nee jy lieg vir my!” My mond val groter oop as die sluise op die damwal. Hy reken ek het hom die verkeerde kombinasies gegee. Ek oorreed hom om sy stokke uittetrek en ek “rig” hulle met my kombinasies en TURBO. Was ek later vrek spyt daaroor. Lyne ingevat en ons reken tyd vir ‘n vinnige slapie en wil so 5 uur opstaan.
Wensdenkery. Daai Turbo tel die “Turbo-lag” op en skop vol boost in. Karp oor die 3 kg. Nog besig om die karpie te bêre, volgende stok en nog ‘n mooi karp. Ek vang ook enetjie en ons vat weer lyne in. Al die vis onderste hoek met TURBO poeier op. Op my kant gaan die vis so tien minute van die byt af en ek probeer ‘n ander kombinasie op die boonste hoek. Doop dit ook in TURBO en die karpe is weer aanlyn. Kyk my sak was in daai stadium sowat twintig kg swaarder as Chris se sak.
Die visse het ons nie kans gegee nie. As daar TURBO op was, twee visse binne 10 minute. Ek dink as ons twee aasbote gebruik het sou ons selfs meer vis gevang het. Vroeg sondagoggend was ek en Chris gelyk. Hy kry toe ‘n TURBO boost en vang ‘n mooi karp van 5.3 kg en ‘n baber van 4 kg. Nog ‘n karpie van so 3 kg en hy was voor. My sak vir die sessie tussen ons twee 33 kg sy sak 40 kg. Chris Britz het my gat behoorlik ge(TURBO) skop.
Chris Britz met sy sak vis van 40.6 kg
Ek wil ook vir MaGic Baits komplimenteer oor hulle hoë protiëne grondvoer. Dit wragtig seker nog die beste voer wat ek al ooit gebruik het. Dit bind lekker en selfs as dit droog geword het en jy weer water bygooi bind dit nog steeds goed.
My kombinasies wat ek gebruik het is…. Lees die artikel oor “Fishing with the Russians Part 2” om die geheim te bekom.
Dink ek die turbo produk werk? Ja ek dink so. Dink ek die gemiddelde grootte vis is groter? Weet nie, ek sal nog verdere toetse moet doen. Dink ek die vis laaik dit as ‘n bymiddel tot jou reeds goeie MaGic Baits produkte? Ja ek dink so . Veral in die nag reken ek is die TURBO ‘n baie goeie produk.
“Conclusion” – TURBO werk, koop dit en probeer dit.
TURBO nog ‘n goeie produk uit die MaGic Baits se stal
Kenny Hills Gedeelte (33.1 kg) van my sak vis van 58.6 kg gevang op TURBO