MaGic Baits
"Ek is so bly ek het julle gevind."
Kallie Radley

20170522 150611ps Moenie laat winter vangste jou verstrengel. Sit Zellie in jou Hengel !!!!

 Ek en Harold het besluit om bietjie te gaan loer hoe lyk die water by Ardenza. Daar aangekom na 9 en gesien die vis speel vlak. Dadelik een stok geclip op 115m en die ander een op 65m. Ek begin maar altyd ‘n stok diep en ander een vlak. My stok op 65m was gelaai met kombinasie 1 en binne 25 minute was die eerste vis aan gewees. So het ek paar visse gekry op die afstand met die kombinasie en afstand. Ek het bietjie vlakker gekom en my tempo het opgetel en dit is waar ek gebly het. Ek moes al my bolle in die SA poeier druk en die visse wou omtrent daai kleur en geur in die water he.

My dieper stok op 115m het dood stil gele en nie ‘n beweging gemaak nie. Ek het besluit om die stok nader te bring en nie te sukkel met ‘n afstand wat nie aan die gang wil kom nie. Soms sukkel ‘n mens te lank met ‘n sekere afstand en haal jy jouself uit die game met ‘n dooie stok. My regter stok het ek oorgeclip op 60m en gelaai met kombinasie 2. Hierdie afstand en kombinasie het dadelik vir my vis gelewer met ‘n beter tempo as my linker stok. Hierdie Zellie Toets produk is verseker my ultimate gunsteling en vir mense wat van Musk hou is die verseker ‘n moet in jou kas. Ek het die helfte van My Zellie uitgehengel met die sessie en was verseker ‘n beter tempo as my ander stok. Zellie was verseker ‘n moet om die dag se hengel tempo te lig.

Ek het later besluit om kombinsaie 1 op die linker stok te verander na Cyclone en Vaalking want die tempo het begin val maar die wind het ook so bietjie begin waai en daarom het ek besluit op Cyclone. Snaaks genoeg het ek baie Cyclone gespuit wat nie normaalweg ‘n goeie ding is nie maar het verseker gesorg dat die Tempo lig en moes ek ook baie Vaalking bysit.

Dit was’n goeie dag vir winter hengel maar as jy met Magic hengel is daar nie eintlik so iets soos minder vis vang in winter nie. Ons het so bietjie vasgesit ook deur die dag en sodoende paar visse verloor. Die dam is nog baie lekker vol en visse lyk gesond. Ek kon die dag afsluit met 15 vis en paar mooi muddies. Sien gerus hier onder my kombinasies vir die dag.

Kombinasie 1 linker stok
Boonste hoek – Harde Wit Floatie met SWD agter

Onderste Hoek – Harde floatie met SWD agter
Bol – TFC,Carma en Duiwelsdrek
SA Poeier

Kombinasie 2 Regter stok
Boonste hoek – Harde Wit Floatie met SWD agter

Onderste Hoek – Harde floatie met SWD agter
Bol – Zellie Toets produk  en Traction
SA Poeier

Kombinasie 3 Regter stok
Boonste hoek – Harde Wit Floatie met SWD agter

Onderste Hoek – Harde floatie met SWD agter
Bol – Cyclone en Vaalking
SA Poeier

 

Magic Groete
Bennie Viviers