MaGic Baits
"Na die Vrydag middag in 2011 is ek totally hooked on MAGIC BAITS en jou produk het my nuwe staatmaker geword"
Dérik Pretorius

My eerste ervaring met Turbo poeier van MaGic Baits deur Izak van Niekerk

Ek het Turbo poeier aangeskaf en getoets by Zonderwater dam buite Cullinan - Gauteng.

Gewoonlik pla die klein vissies so na spawntyd.... Maar nie die keer nie!

Die mense sê dat visse slimmer word...hoe waar dit is weet ek nie. Maar 'n groot karp sal nie sommer aan aas eet as iets nie vir hom reg lyk nie.

Nou met die Turbo poeier van Magic Baits, flous ons so bietjie daardie groot karpe! Druk jou aas in MaGic Baits Muti en dan in die MaGic Baits Turbo poeier. Dit vorm dan so gel laag om die aas... Die gel laag steek die dele van die hoek weg wat uitgesteek het.... en, dit lyk vir die vis asof die aas al 'n hele rukkie op die bodem lê, so hy skrik nie daarvoor nie. Nee hy eet die aas want dit lyk natuurlik vir hom.  En nog 'n ding, met die gel laag wat om die aas is lyk die aas sommer bietjie groter, en 'n klein vissie sal mos nou nie kos kom eet wat hy weet nie in sy mond sal pas nie. Ek dink dit is hoekom die kleintjies die aas uitlos.

Sò kan ons nou meer en groter visse kry.

Die aas wat ek gebruik het was 'n skoon wit degie met skoon mieliepit. Banana X en Spookasem en natuurlik Turbo.

Dan het ons erdwurms gedoop in MaGic Baits se Turbo poeier en die karpe was mal dooroor.

Ek het 33 vis en my seun 21 vis vir die dag gekry!!

Baie dankie aan MaGic baits vir TURBO poeier!

Izak van Niekerk