MaGic Baits
"... that baldip Weerlig is just superb!!!! Out of 17 anglers I was the ONLY one to catch fish. Not just 1 or 2 but 8!"
Bernard Heesen

Zellie diep in die Vaaldam gestuur deur die Asassin!!!!

2017-10-12-17-47-24Parketons was die venue vir die maand se Stallions Angling club komp. Met ‘n lekker groot komp wat vir ons wag met ‘n klub event sowel as ‘n pro Mania event was voorbereiding en beplanning goed gedoen en was daar ‘n paar rand se lugtyd uitgebel na verskillende netwerk mense.

Dis baie belangrik  om ‘n betroubare netwerk van mense te he. Nou kyk  dit maak nie saak hoe goed jou netwerk is nie die geure waarin jy glo is op die einde van die dag baie belangrik. Oor die laaste paar maande sedert Zellie vrysgestel is as ‘n Toets produk is dit sekerlik die geur wat deel maak van al my kombinasies. Dit maak nie saak of ek FBI opsit nie Zellie sal deel van die kombinasie wees.

IMG-20171012-WA0015Die hooter het geblaas en ek is optrent opgewonde om die lyne in die water te kry want ek is bevooreg om vandag te kan hengel met die Assasin reeks stokke. Ek hengel vandag met die Assasin 10”Impulse en 10” Inception Graphite stokke sowel as die Assasin Carpathian 12”6 stokke. Hulle is aantreklik op die oog en lekker lig. Ek besluit dat ek die 10”Impulse stok ( wat die slapper stok is )gaan gooi op 85m en die 10” Inception ( wat die stywer stok is ) gaan probeer op 110m. Nou voor ek verder gaan wil ek net noem dat ek nie skat dit is op daai afstande nie maar dit fisies gemeet is met meet stokke. Ek gebruik die Maxreel Pro katrolle wat geclip is op 85m en 110m. My strop op die 110 is gelaai met Zellie,FBI met Banana X bo oor die FBI.

Vir een of ander rede ruil ek die spoele om en sit die 110m spoel op die slapper stok en die 85m op die stywer stok. Dammit se20170925 093923ps ek vir myself maar daar is nie nou tyd om om te ruil nie want die hooter het al geblaas,kom ons toets maar die slapper stok se ability.  My heel eerste cast met die 10” Assasin Impulse stok en ek moet nou probeer om daai 110m raak te gooi. Stok gelaai soos ek gese het met Zellie wat deel van die kombinasie is. Ek sit lekker druk op die stok en daar stuur daai Assasin vir Zellie sommer lekker diep in die Vaaldam. Ek slaan die clip perfek en was dit vir my wow gewees. Die stok het my impress. 110m met ‘n 10” stokkie met ‘n M1 gewiggie. Ek het ‘n run op die stok en land ‘n mooi graskarp van 4.5kg en die stok speel die vis baie gemaklik. Die Graskarp kon nie daai Zellie op die bol weerstaan nie.

Ek laai my 85m stok wat die 10” Assasin Inception stok is waarvaan Zellie ook my geur vir die dag is. Ek gooi die 85m clip gemaklik. Ek het baie lank op die 85m kol gebly want ek het geglo dat die kol aan die gang gaan kom maar ek wag nou nog vir daai kol om aan die gang te kom

2017-10-12-17-42-05Na ‘n baie lang tyd en paar storms verder besluit ek dis nou tyd om Zellie dieper in die water te sit. Dit is nou 2uur en ek is ver agter.Ons het baie erg wind van voor af gekry en darem het die wind baie gaan le. Ons kry ‘n wind van regs na links maar nie baie erg nie. Ek gaan haal die 12”6 Assasin Carpathian Soft tip om daai aas dieper in die water te kry. Die stok is uitgemeet op 125m en ek gebruik Magic Baits se Sliding Rietvlei met ‘n M1 sinker. Ek besluit om ‘n Plain harde klein floatie bo en onder te sit en dan te dip in Zellie. Ek besluit ook om net so een kol Zellie op die bol te sit. Ek laai die stok lekker hard en kry hom op die 125m clip. Dit was nie 20minute nie toe loop daai stok. Dit voel of ek vassit en is toe ook vas oortuig dat ek vassit. Ek knyp die stok tussen my bene vas en begin daai lyn in te winch. Nader aan die kant besef ek dat ek nie vasgesit nie maar dat ek ‘n double up het met 2 muddies. Nou dit is vir my impressive want met my ander 13 voet stok met al daai druk op die vis sou die vis afgewees het.

Ek bly toe op die 125m gooi en hou die hoekaas en Zellie op die bol dieselfde en kon daarin slaag om 6 vis te land op die kombinasie.

Dit was ‘n harde dag maar tog ‘n lekker dag gewees. Mens moes maar hard werk. Zellie is verseker ‘n Musk geur van sy eie klas. Ooral waar jy hoor mense gebruik Zellie sien jy die resultate. As alles goed gaan en Zellie dalk op die rakke verskyn……. Kry maar vir jou 2. As jy hou van kompetsie langs die water…. Kry dan 3 en gee vir die pen langs jou een en dan gaan gaan verseker kompetisie teen mekaar he

Hengel Groete

Baas Ben.