MaGic Baits
"Eerste hengel sessie met Magic Baits, 22 vis, 2 op Onion Floaties, res op Vampire Bleeding, Boorgat, Groen Spyker en Yellow Navigator op die bol. Gevang by Beesplaas, wat 'n lekker plek"
Hans Barrand

Ek hengel al van 1990 af en nog nooit het ek 'n produk soos julle TURBO poeier beleef nie.

Ek het vir eers gedink dit is 'n tipe floro poeier maar lees toe op die botteltjie waarvoor dit eintlik gebruik word.

Ek het in my lewe nog nooit met MaGic Baits gehengel nie, my man doen wel. Ek het vir my 'n paar muti's gekoop en 'n botteltjie TURBO poeier. (Ek en my
man het 'n ooreenkoms dat ons nie uit mekaar se kaste mag vang nie)

Ons is Saterdag af dam toe, ek met my muti's en TURBO poeier en my man met sy MaGic kas. Soek vir ons 'n lekker spot en begin alles regkry om te sien wat gebeur met die TURBO. My man sĂȘ toe vir my (aangesien ek so opgewonde is oor my TURBO) dat ons vandag kaste moet ruil. Hy hengel met myne en ek met syne.

Ek laai my lyne, FBI Chooby met Oorlog 1 floatie GETURBO en my ander hoek Pink Sweets instant degie met Escape floatie GETURBO. Op die bol is Banana X en van my man se MaGic toets produk Weed.

Whala, dit is soos magic. Ek het my man se alie geskop!!! 21 Vis vir my en 11 vis vir my man vir die dag!

Hy wens my geluk maar ek kan sien dat hy baie dikmond is (hahahahahaha).

Dankie Michael en MaGic Baits en veral TURBO poeier, na soveel jare van hengel het ek besluit om van al my aas ontslae te raak en NET MaGic te gebruik!

Groete

Anna-Mie van Niekerk.