MaGic Baits
"... ek het al hoe meer vis begin vang en die katrol het gesing soos die vis byt. Baie Dankie vir n puik produk wat regtig werk."
Hendri Bekker

Rudi Strydom‎ - Toets van Maxreels en Daiichi hoeke

Rudi Strydom Daiichi  Rudi Strydom Maxreel

Ek wil graag terugvoer gee oor die Maxreels en Diachi hoeke wat ek getoets het. Ek en Alet was gedurende Desember by Klipdriftdam vir ongeveer 2 weke, gedurende Januarie het ons klubkompetisie, SAVOF Spele en All Transvaals gehengel. Verder het ons ook ' n vinnige draai by Bronkies gaan maak. Gedurende al hierdie byeenkomste het ons gebruik gemaak van die Maxreels en Diachi hoeke. Die hoeke het nie teleur gestel nie en die vis was 90% van die tyd solied in die onderlip gehak. Ek kan die hoeke verseker aanbeveel. Wat die katrolle aanbetref, het ek net die hoogste lof. Geen probleem met gooi afstand en wanneer 'n vis gespeel word is die katrol se aksie seepglad. Ek kan met eerlikheid sê dat ek die katrolle meer geniet as my ander katrolle van 'n bekende fabrikaat. Verder is die katrolle beslis ook baie goeie waarde vir geld. Dankie Magic Baits vir die geleentheid om die produkte te kon toets.