MaGic Baits
"I have used all ground bait on the market and none match yours!"
Natalie Adlam

Assassin InceptionHengellaar – Kenny Hills

Venue – Kransfonteindam

Datum 19 / 20 Mei 2018

Visstokke – Assassin Inception 12 voet 3.5 Test curve

Hoeke – Daiichi

Katrolle – Genesis Pro 6000

Voer – Magic Baits Heavy Weight voer

Aas – Vampire Floaties en plein Chooby.

Geure – Saturn Muti en Chicken Blood Boldip

Ek het die voorreg gehad om in seker een van die oudste damme in die Vrystaat te kon gaan hengel op 19 en 20 Mei 2018. Ek het tannie Google gevra oor geskiedenis van die dam maar kon geen inligting daaroor kry nie. Maar wat ek kon uitvis dat die dam is dat dit donkie jare terug vermoedelik deur die spoorweg gebou is. Daar was – soos dit lyk ‘n besproeiings-skema uit die dam bedryf. Daar is nog oorblyfsels van 2 reuse Robson enkel silinder enjins waarmee hulle die water gepomp het. ‘n Mens wonder maar oor die geskiedenis van die enjins en dam aangesien niemand blyk iets meer te weet nie. Die dam word gevoed onder andere deur die Kalkoenfontein spruit en die dam blyk dan ook die oorsprong van die Tierpoort rivier te wees. Ek het nou gewonder as daai dam in die vroee 1900’s gebou was is en ‘n karp groei 1 kg per jaar en daai dam is meer as 100 jaar oud en ‘n karp – so se hulle – word 50 tot 60 jaar oud, moet daar mos reuse karpe wees.

Ek en Pieter van Niekerk het saterdag omtrent so half elf se kant by die dam aangekom. Dit was bewolk en somtyds liggies gereen. Maar ek was lus om daai dam te hengel en het gehoop die visse byt. Hom my ander 12 voet stokke geleen want ek het gedink die vis gaan naby die riete oorkant – omtrent 130 m – wees. Ek het begin met Carma floaties en Chicken blood bleeding floaties. Op die voerbal Carma en Chicken blood. Ander stok Vampire floaties en VRM. Met GTA en VRM op die voerbal. Maar die visse se bekke was toe – in elk geval vir my. En toe gebeur dit – Pieter vang sy eerste vis en hy reken vandag gaan hy my gat skop. Toe hy sy tweede vis vang sit ek regop en wil weet waarop die vis byt.

IMG-20180520-WA0009`

IMG-20180520-WA0032

Sy wen kombinasie beide stokke. Onderste hoek 3 Monster Carp floaties. Boonste hoek 2 Vampire floaties en plein chooby as backing. Op die voerbal Strepie Saturn en Chicken Blood. Hy het al sy vis gevang op die Vampire floaties en plein chooby.

Ek het dadelik dieselfde kombinasie geprobeer, maar niks niks. Ek het afstand verander en selfs half oor hom gegooi maar ek kon nie die vis aan die byt kry nie. My hande gewas, lyne ingeclip om kol te gooi en elke trick geprobeer helaas hy het my gat geskop. My aas in Saturn en Chicken blood gedip maar niks gevang nie. Dit kon nie die reuk aan my hande wees nie want ek het vir hom voerballe gemaak. Daar is slegs een klein plekkie waar ons die vis kon skep want die biesies en snoterbel het orals gegroei. Ek het vir Pieter stroppe gegee met 7 pond hoeklyntjies en met die biesies en snoterbel het hy ‘n paar visse verloor agv die dun hoeklyntjies.

Intussen het sy smile al hoe groter geword en as hy nie ‘n klomp visse verloor het nie het ek my polse sekerlik gesny. Laat middag het ek darem ook ‘n gelukkie gekry en ‘n karp van omtrent 2 kg gevang. Maar helaas het my karp in die biesies vasgesit en het Pieter in sy onderklere ingegaan om my karpie te skep. Toe like ek hom weer. Hy trotseer die koue om my vis te skep. So het die donker ons gevang en is ons huistoe.

Untitled-1

Telling vir die dag Pieter 7 visse (hy het nog 5 ander verloor) en ek een vis. Al sy visse gevang op die kombinasie. Onderste hoek 3 Monster Carp floaties. Boonste hoek 2 Vampire floaties en plein chooby as backing. Op die voerbal Strepie Saturn en Chicken Blood. Hy het al sy vis gevang op die Vampire floaties en plein chooby. Ons is huistoe en toe hy wou afpak het ek hom oorreed om Sondag ‘n rematch te hou. Ons het ander reelings gehad vir die dag maar Teressa het gesien ek “sulk” oor die drag slae en is sy en Karen die dag in ‘n ander rigting. Ons kon egter ook eers 10 se kant by die dam kom, maar ek was reg vir Pieter. Kon die vorige nag amper nie ‘n oog toemaak soos ek planne gemaak het nie. Was weereens koud. Ek het sommer van die begin af my lyne ingeclip op 50 m. Afstand waarop Pieter gister gehengel het. ‘n Soet duiwelsdrek degie gemaak. My kombinasie waarmee ek op albei stokke gehengel. Onderste hoek duiwelsdrek degie en boonste hoek 2 Vampire floaties met die duiwelsdrek degie as backing. Weereens die Saturn en Chickenblood kombinasie op die voerbal gesit. Nie lank nie toe gebeur dinge vir my en ek vang ‘n mooi karp. 10 minute later weer een. Wys Pieter hoe ek dit doen en hy maak ‘n skewe gooi – so naby ‘n rietbos. Nogal vermakerig vertel hy my daar kom sy groot karp. Rukkie later slaan hy ‘n bielie van ‘n karp vas. Maar die karp hardloop reguit biesies toe. Nodeloos om te se verloor hy daai karp – ek skat dit 10 kg – hier reg voor ons. Ek het hom effens jammer gekry. Net effens hy wou mos my gat gister geskop het. Ek vang ‘n mooi karp van omtrent 3 kg. Die karp land ook op in die biesies, maar Pieter het net anderkant toe gekyk. Maar my langbroek uitgetrek en die koue water getrotseer. Was kouer as leeukoud. Die karp was behoorlik verstrengel in die biesies en snoterbel, dit met my hande uitgehaal en in die skepnet gesit. Boonop vang ek later ook ‘n mooi karp en toe ek dit in die keepnet sit spring dit uit en het ek behoorlik rondgespring om dit weer te skep. Die keer het die biesies my gehelp. 

Ek het in die rukkie wat ons daar was 5 karpe gevang en Pieter 1 en ‘n babertjie. Maar as hy effens minder ongeduldig was het hy my gat weer geskop. Hy het 3 verloor waaronder daai een grooot karp. Ek sou nooit kon dink dat Saturn en Chicken Blood my nuwe gunsteling kombinasie is nie. Boonop het ek persoonlik ook gedink ek Saturn sal hengel as dit warm is. Aikona Saturn werk defnitief ook in die koue weer. Ons het met Magic Baits se heavyweight voer gehengel.

Ek wil Magic Baits bedank vir nog ‘n wonderlike produk wat hulle ontwikkel het. Saturn is defnitief van nou af ook in my kas.

 

IMG-20180520-WA0037

My saterdag karpie