MaGic Baits
"Eerste hengel sessie met Magic Baits, 22 vis, 2 op Onion Floaties, res op Vampire Bleeding, Boorgat, Groen Spyker en Yellow Navigator op die bol. Gevang by Beesplaas, wat 'n lekker plek"
Hans Barrand

Eben Buitendag

Eben Buitendag - 1ste plek Klub Kompetisie
 
Stallion Klubkompetisie - Ardenza Vaaldam
 
16 Visse 10.86kg
 
Ek het begin met my stokke op 65m en op 120m.
 
My voer was Magic Baits se popcorn voer en Heavyweight voer 50/50 gemeng.
 
Op die diep stok het ek gehengel met Kariba wurms en bleeding Vampire floaties.
 
Op die vlak stok het ek met kariba wurms en bleeding Warrior floaties gevang. Die karps het mooi gebyt die oggend maar toe kry die geelvis my kol en van 12H00 af kon ek net 3 visse bysit. Die res was geelvis wat nie sou tel nie. Ek het later the diep stok nader gebring aangesien ek geen byte op daai distansie kon kry nie.
 
Ek kon daarin slaag om die Junior afdeling te wen en my punte was tweede hoogste vir die dag.
 
Wat n voorreg om met Magic Baits te kan hengel.
 
Warrior Small Bleeding Floaties
 
Vampire Small Bleeding Floaties