MaGic Baits
"MaGic Baits het regtig my vangs 1000% verbeter ..."
Cornel Geyer

Sosiale voerderhengel, die basics

Deur Johan Oosthuizen

Voerderhengel het die land met ‘n krag gevat. Baie van ons wil graag probeer, maar weet nie watter gerei  om aan te skaf of hoe om te begin nie. Boonop lyk dit of dit ‘n duur sport kan wees.
So waar begin ‘n mens? Sonder twyfel die stok.

Daar is verskeie lengtes en make beskikbaar, en teen wisselende pryse. Besluit waar jy wil hengel en die grote vis wat jy poog om te vang en jou begroting. Dit sal die stok bepaal wat jy vir jou gaan aanskaf.

Die stokke wissel van lig tot swaar aksie ,en van 8 tot 12 voet. Jy kry gewoonlik 3 tot 4 verskillende punte saam die stok vir verkillende situasies.

Katrolle: Hier is meer spasie om meer te speel. ‘n Klein baitrunner of gewone koffiemeul katrol is meer as voldoende. Daar is letterlik honderde keuses daar buite.

Seatboxes: Dit is ‘n duur stukkie apparaat en jy moet dit slegs koop as jy ernstig is oor voerderhengel. ‘n Gemaklike stoel met ‘n klein stokstaander of vispenne kan die werk in die begin net so goed doen

Skepnet: ‘n Sagte skepnet is ‘n moet. Die vir voerderhengel het lang stele om maklik by die vis uit te kom.

As jy ‘n hounet gebruik maak seker dit is ‘n vis vriendelike net.

Met lyn is daar baie opsies en ‘n persoonlike keuse, vir die wat meer sekuriteit soek is braid ‘n goeie opsie.

Dan kom ons by die voerders en die verskillende stroppe. Daar is baie soorte van albei en weer is die keuse persoonlik. Hier is ‘n paar basiese voorbeelde van die voerders:

As jy die inlyn voerder bebruik met die mould en jy vind die voer sit aan die mould vas het ek gevind dat ‘n vinnige spuit Spray and Cook in botter geur baie goed werk om die probleem op te los.

Hier is twee voorbeelde van stroppies. Hoeklyne wissel van 10cm tot 1m. Kyk en toets wat werk beste vir jou!

Voerderhengel is verslawend, probeer dit gerus!