MaGic Baits
"Ons almal weet dat MaGic se produkte puik is..."
Marius Jardin

Feeder Hengel met Magic baits deur Jacques Benadie

Na die afloop van die Nasionale kampioenskappe by Bloemhof dam is dinge nou weer so soort van terug na normal, alhoewel wat is normaal as die Feeder Hengel gogga jou regtig raak gebyt het en om die kersie op die koek te sit; wat is normaal as Feeder Hengel met MAGIC BAITS jou gebyt het...

Ek moet bieg,die Nasionae kampioenskappe was n ervaring soos nooit tevore nie! Om agter grond te gee, ek het slegs 4 maande voor die SA’s begin feeder Hengel. Stokke, Seat boxes, platforms, en allerhande feeders of mandjies is aangeskaf in hierdie tydperk. Hierdie SA’s was ook die eerste van sy soort in ons land, so dit was ongelooflik om deel te wees van die land se Hengel geskiedenis en dit as n trots geborgde Magic Baits hengelaar.

Die lekker van die SA’s is dat hulle reeds vir jou n bestaande platvorm in die water sit waarop jy jou platform kan neersit.

In die agtergrond kan jy die platvorm in die water sien waarvan ons gehengel het.

Die oefen dae was ongelooflik, die Bloemhof dam karps was nie skaam om die geborgde Magic Baits pitte op te tel nie. Ek het egter net Magic se Protein voer (toets produk) gehengel en my aantal vis teen oor die gewig van my sak het boekdele gespreek. In Feeder Hengel werk dit so; hulle skud jou sak in n sling uit, weeg die hele sak en die swaarste sak wen die sone. Dit was lekker om oom Douw (die inweeg beamte) te sien steun as hy die sak vol Magic vis moes optel en aan die skaal op die driepoot haak. Ek het baie groter vis na 12 in die middag gekry met die ewig betroubare HLX pitte. Met die oefen dae het ek opgemerk dat die vis stil geraak het tussen 12 uur en een uur, dis dan wat die HLX pitte gegooi het en daai mooi groter kritiese karpe gevang het.

Bygese Feeder Hengel, Hengel ons slegs vanaf 9 uur tot 2 uur, so ek kon nie bekostig om daai uur stil te sit nie en dis waar die HLX pitte soos n droom gewerk het. Ek het eers n skoon mandjie gehengel en dan n bietjie 4x4, Peach delight bol dip met n spuit of twee HLX op die mandjie voer gehad.
Ek het ook baie visse gevang op KOO pitte wat ek laat staan het oornag op kombuis papier en n Handoekkie om die vog uit te trek. Dit help dat die pitte nie na 2 dae in die son suur begin ruik nie, en ek glo daaraan om die preserver middel uit die pitte ook te haal.

Die pitte het weer op hulle beurt in klein botteltjies beland waar ek een botteltjie DCX pitte gemaak het, en die ander een ABBA pitte gemaak het. Michael het ook vir my 4x4 pitte gemaak wat soos n droom werk in Bloemhof. In my oppinie kan hy die nuwe 4x4 pitte op die rake sit! Die pitte gee defnitief Feeder Hengel daai unfair advantage bo jou opponent. Onthou, in Feeder Hengel mag jy slegs natuurlike ase gebruik soos bv: pitte, wurms, Maaiers (maggots), krieke ens. Baie vis is gevang met 4x4 bol dip, vaalking spuit bo oor die 4x4, maar moenie speel met die vaalking nie!!! Ek het later as die byt tempo afgegaan het, DCX en HLX Spuit afgewissel op elke 2de gooi.

Ek het letterlik twee bottels Vaalking spuite uitgehengel in die tyd wat ek daar was ( 6 Dae se 5 uur sessies). Die laaste dag moes ek noodgedwonge my Vaalking boldip so n rapsie by die spuit gooi om genoeg te he vir die laaste dag van die Springbok proewe. Dit word egter nie aanbeveel nie want die spuit wil hier teen half 2 nie meer werk nie!!! So was ek geforseer om die spuit se prop af te draai en die Vaalking oor my cage uit te gooi om my laaste dag klaar te maak. Nog n Briljante Kombinasies vir Bloemhof was 4x4, peach delight Boldips met n spuit Vaalking of n spuit DCX oor. 4x4, ABBA Boldips met n spuit HLX. Hoek ase was n Geknipte HLX, of Warrior of Beast of Traction of 4x4 pit. Die KOO pitte gele in magic was ABBA, DCX en warrior wat ook goed gewerk het, veral op die warmer dae wat die wind nie so hard gewaai het nie. Soms het ek twee stukkies pitte aan die nommer 14 Preston hoekkie gehaak. Ek sal dit in my volgende artikel beskryf.

Daar was ook n traction pit gemaak vir ons span as n toets produk. Baie van my spanlede het met die span vergaderings terug rapporteur dat hulle vis met Traction pitte en HLX pitte gevang het. Interesante ding is, na dag 4 op blomhof het van die span lede wel van die protein voer kom vra en ek het dit aan hulle gegee om te gebruik. Almal se terugvoer was ook hulle het wel so n rapsie minder vis gevang maar die kilogramme op hulle sakke het baie opgetel en in gevalle meer as verdubbel by die skaal en dis wat in my opinnie in die einde van die dag verskil maak. Daar was nie daai lastige klein karpies by die voer nie…..

Die vrag voer wat ons per 5 ure per dag uitgehengel het! Ek het nie een sak terug gebring huis toe nie!!!!