MaGic Baits
"Michael het 'n ongelooflike passie vir wat hy doen en ek dink ons almal kan dit sien in die kwaliteit van sy produkte."
Marius Jardin

WAT IS VIS WERD? deur Fanie Oosthuizen

Dit is 'n vraag wat elke hengelaar hom of haar moet vra as hulle hier lees. Dit is nie om 'n kant tekies of om op tone te trap nie, maar daar kom 'n tyd wat elke persoon wat 'n visvang, vir watter rede ook al; vir sport, vir plesier of om vir jou 'n maaltyd op die tafel te sit, die vis voor hom te vat en te wys wat is die vis werd ...

Daar is baie maniere waaraan 'n trotse hengelaar uitgeken kan word en een van hulle is hoe hy sy vis hanteer. Dit maak nie saak of dit vir sport, plesier of vir kos op die tafel is nie, hy respekteer altyd sy vis. As daai vis jou n prys kan laat wen - gee hom sy respek, as hy jou laat voel jy het nou n mylpaal in jou lewe beryk - gee hom sy respek, as hy vanaand jou gesin gaan voed - gee hom sy respek en elke persoon wat visvang kan uitgeken word aan hoe hy sy vis hanteer.

No1.

Probeer altyd, as jy jou vis op die kant het, om dit vir hom so gemaklik en gerieflik as moontlik te maak. Die oewers is nie altyd n mooi grasperk nie, so daar is 'n paar goed wat jy dan onder die vis kan sit sodat hy nie seer kry nie en dit kan enige iets wees; van n unhooking mat, tot n stuk spons met n sak oor. Net nie die kaal grond nie.

Soos ek se, jy kan n stuk spons met n swart sak ook gebruik, selfs net n syl is beter as die skoon grond.

No2.

Waarmee skep ek die vis? Die meerderheid het nog die ou harde nylon nette, maar deesdae kry jy sagte nette wat baie meer vis vriendlik is as daai ou nette, vir ongeveer die selfdeprys. Dit is nie n moet nie, maar dit is verseker n beter opsie. Hier is n paar voorbeelde van meer aanvaarbare nette.

No3.

Hoe weeg ek die vis? Dit kan enige iets wees wat sag en glad is, dit kan selfs die skepnet wees. Onthou net om die net se gewig weer af te trek, selfs n skoon pic en pay sak kan werk as die vis nie te groot is nie. 'n Mens moet net nie die skaal sommer by die vis se kief inhaak nie, waarvan baie van ons dit al gesien het. 'n Ander weeg metode wat nie geskik is vir karp nie, is om die vis met n lipgripper te weeg. 'n Karp is te swaar vir dit en sy mond is ook te sag en sensitief. Dit doen meer skade as goed. Jy kan in elke geval vir die selfde geld vir jou n oulike skaal en weegmat koop. Hier is 'n paar voorbeelde van n weegmat.

No4.

Dit is nou seker nie vir almal nie, maar dit help die vis baie meer om te herstel na die vangs en dit is carpmedic. Dit is medisyne wat jy aan die vis se mond of aan sy lyf kan sit as daar stukkende plekke is. Dit keer vir infeksies en fungus,en dit kan by enige goeie hengelwinkel gekoop word. Hier onder kan gesien word hoe om dit aan te wend.

No5.

En dit is hoe jy jou vis vertoon en dit is ook waar die meeste gestry plaas vind. As jy die vis nie weer gaan terug plaas nie en jy wil n foto neem, doen dit dan op die regte manier, wys dan dat jy respek het vir daai vis, al gaan jy sy kop af sny. Dit is jou vis, jy het hom gevang so WEES en WYS dat jy trots is deur n ordentlike foto van daai vis te neem sodat ander  mense jou eerder prys en geluk wens as om jou te wil sleg se. Ek ken mense wat ook sukkel en wat hulle doen is om n vis te vat, 'n slegte foto te neem en dan te kyk hoeveel mense kan mekaar oor en weer sleg se oor die vis lyk of n trein oor hom was en hulle sit en lag as vriende mekaar aanvat. My punt is dat as jy n foto kan neem, jy vir die selfde moeite 'n ordentlike foto kan neem, waaroor n mens trots kan wees. Jy hoef nie vir mense te wys dat jy die vis gaan huis toe vat nie en die foto moet dit ook nie wys nie. Hier is n voorbeeld van twee karpe, alby gaan huis toe gevat word, maar die een is net met meer trots en respek geneem en dit kan die verskil tussen 'n slegte en 'n Hall of Fame foto wees.

Soos ek se, dit maak nie saak wie en wat jy is nie, of wat jy met die vis gaan maak nie, wys dat jy trots is op jou vangs en laat die ander mense deel in jou vreugde. Doen 'n bietjie meer moeite met jou foto en daar sal baie meer goeie kommentaar wees. Ek se, as 'n foto soos n hond se agterend lyk, moet dan liewer geen kommentaar gee nie, niks, niks nie, want baie sit net so n foto op vir die kieks en as hulle sien niks gebeur nie sal dit dalk later heeltemal ophou, want dit is baie min dat hulle, hulle self sal verdedig. Dit is gewoontlik die ander hengellaars wat mekaar onnodig aanvat en sleg se, want dit is n saak wat diep sny en nie gewen kan word nie.

No6. Hoe wys jy vir die mense dat jy trots is met jou vangs en dat jy jou vis die nodige respek gee? Hier is mense wat jy maar kan na volg en wat n goeie voorbeeld stel en die goeie ding is, jy kan nie se of die vis huis toe is of nie. Soos my ouma altyd gese het,”wat die oog nie sien nie,maak die hart nie seer nie”.

Jy kan sommer sien hulle het respek vir die vis, dit maak nie saak of jy ryk of arm is nie, Pro of damduiker, ons almal behoort die vis die selfde respek te gee. Hier is nog fotos van die regte en verkeerde manier om met n vis te werk op die grond. Hulle se mos n foto se meer as n duisend woorde.

En dit is waar my vraag in kom, WAT IS VIS VIR JOU WERD? Elke persoon kan vir hom self die vraag antwoord en hy weet waar hy reg en verkeerd is. Dit maak nie saak vir watse rede jy hengel nie, jou rede is jou rede, maar jy moet jou vis die respek en trots gee wat hom toekom. Dit is een van die beste en grootste gawes wat ons van die HERE ontvang het en ons moet dit nie laat onder gaan nie. Kom ons wys dat ons die HERE se vis waardeer en met respek behandel en HY sal ons nog met met baie meer en groter vis seen.

Hierdie is nie n sleg se of n toontrap boodskap nie, maar n meetband om te sien waar jy staan. Daar kan nog baie by gesit word en daar kan baie weg gevat word, maar as jy in jou hart n ware VISSERMAN is dan sal jy verstaan waaroor dit als gaan. Mag julle almal stywe lyne he en dat daai ou groote nie weer weg kom nie ...

Groete

Fanie Oosthuizen