MaGic Baits
"Van die eerste keer wat ek met MaGic Baits begin hengel het is my hengel na 'n hele nuwe level toe gevat."
Heinnie Prinsloo

BEWAAR die HENGEL vir ons KINDERS deur Fanie Oosthuizen


Ek wil begin deur vir almal wat n bydra gemaak het tot die bewaring, veilige hantering en terugplasing van ons vis, maak nie saak watter spesie dit is nie. Net se BAIE DANKIE, julle maak regtig n groot verskil in baie mense en kinders se lewens, NOU en in die TOEKOMS.
Ek wil graag  praat oor wat dit beteken om goeie FISH – CARE toe te pas.
Dit begin nog voor jy by die huis vertrek na jou hengel sessie toe, wat ek daarby bedoel is dat jy jou hengel gerei na moet gaan. Jy moet seker maak dat jou stroppe ordentlik gemaak is, en dat die knope en dikte van jou hoek lyne reg en aanvaarbaar is vir die tipe vis en venue waar jy gaan hengel. Om nie jou stroppe ordentlik te bind en na te gaan nie plaas jy jou self in n posisie waar jy vreeslik teleurgesteld gaan wees as jy n bielie van n vis haak en jy kan hom nie land as gevolg van swak hoek lyne en swak knope nie.
Dan is daar nog jou leader lyne en leader knope wat n groot probleem is, maak seker dat jy hulle voor elke sessie nagaan, om teleursteling te voorkom en te verseker dat daar NIE VIS ROND SWEM MET STROPPE en LEADER LYNE NIE.
As jou hengel gerei in orde is, dan is die volgende stap van goeie FISH – CARE die aanslaan ( kap ) gedeelte van die vis. Hier is dit baie belangrik om nie die vis te hard aan te slaan nie. Die rede is dat jy hierdeur die vis se mond kan skeur en dat jy ook makliker die vis in die geveg kan verloor.( hook pull )

Hieronder kan jy van die beserings sien wat n te harde aanslaan ( kap ) kan veroorsaak.

   
As jy die vis op die kant het, skep hom met n vis vriendlike net. Hulle is deesdae baie goedkoop en is by alle hengel winkels beskikbaar
    
Die vis is nou in die skepnet, jy is vreeslik opgewonde oor jou vangs. Wat jy nou nodig het is n plek wat veilig en sag is om die vis op neer te sit. BAIE DANKIE VIR IEDER EN ELK WAT N UNHOOKING MAT GEBRUIK. Vir die wat nie weet nie, hieronder is voorbeelde van unhooking matte. MAGIC BAITS verkoop ook baie goeie Unhooking Matte vir spot goedkoop.
   
Onthou net om die Unhooking Mat nat te gooi voor jy die vis daarop neersit, hulle word nogal warm as hulle so in die son le. Jy gaan nou jou fotos neem, moet asb nie staan met die vis nie, want as die vis uit jou hande val en hy beland op die grond. Is die kans baie goed dat hy homself klaar beseer het, en dat hy binnekort erens gaan vrek.

Hier kan jy sien hoe lyk n Karp se ingewande, en as hy val is die kans regtig groot dat hy een of n paar van sy organe gaan beseer.
   
 In my vorige artikel oor goeie fish – care het ek die hantering en vas hou van die vis mooi verduidelik. Hier is n link na die artikel.

Goeie karp care op die oewer deur Fanie Oosthuizen

Jou fotos is nou klaar geneem. As jy dit kan bekostig kry vir jou n FISH – MEDIC KIT hulle is by enige goeie hengel winkel beskikbaar. Dit het medisyne in waarmee jy die vis se mond en lyf kan dokter en te keer dat infeksie intree. Dit verkort ook die herstel proses wat beteken dat die volgende ou die selfde vis net gouer weer kan vang.

Hier kan jy sien hoe jy die FISH – MEDIC kan aanwend.
  

  
As die vis se mond beskadig is, en die gehalte van die water is af, as gevolg van besoedeling kan die vis se mond infeksie kry en hy kan dan nie eet nie. Hier kan julle sien hoe dit lyk.

En ons weet almal wat die uit einde van die saak dan is.

Dan is daar nog die teer saak van CATCH & RELEASE, gelukkig bly ons in n vry land waar niemand gedwing kan word om iets te doen wat hulle nie wil nie. Ek weet die wet se dat Karps en Bass nie inheemse vis is nie, en dat hulle nie terug geplaas moet word nie. Maar wat van ons kinders en hulle kinders, daar is so baie ander bedreigings waarteen ons vis spesies moet veg soos habitat en besoedeling, nie eers te praat van die nette wat nou orals opduik nie. Dat daar oor 20 jaar n tekort aan vis” KARP”en goeie hengel terein gaan wees is n volslae feit.
Geen spesie kan so n aanslag oorkom, sonder hulp nie. Dit vra ek elke hengellaar, SOSIALE, KOMPITERENDE en SPESIE hengellaar om jou deel te doen om alle vis spesies te beskerm vir ons nageslag. Ek weet dat daar mense is wat die vis nodig het vir voedsel, en dit is 100 % dat jy n vissie of twee vat vir die pan of n paar vis koekies. Die wat die vis vang om dit te verkoop om geld te kry om ander voedsel te koop 100 % . Daar is net een GOUE REEL en dit is dat alles op die aarde gerespekteer moet word. En dat daar tog n mate van beskerming moet wees, want geen fonteintjie kan net aanhou gee nie.
Hier kan julle sien waar na toe ons oppad is, en wat hom gereeld afspeel waar daar geen bewaring is nie.
   
Baie sal se dat dit nooit sal gebeur nie, maar ek pleit by alle hengellaars om die regte ding te doen en jou bydrae te maak tot die beskerming van ons VADER SE PRAGTIGE SKEPPING.
Die damme en riviere van die land gee ons vreeslik baie plesier en genot, en dit is die plekke waar pa's hulle seuns leer en waar ons seuns en dogters hulle bande met hulle ouers versterk.

Wys jou liefde vir die Skepping en die gesins tyd wat deur DIE GENADE VAN ONS VADER aan ons GESKENK word.
 
Onthou dat hengel die beste sport en ontspanning in die wereld is en dat ons elke oomblik van dit moet geniet en koester.