MaGic Baits
"Van die eerste keer wat ek met MaGic Baits begin hengel het is my hengel na 'n hele nuwe level toe gevat."
Heinnie Prinsloo

Voerplek sonder 'n boot. Deur Johan Oosthuizen

Ons dink n boot of aasboot is nodig om n suksesvolle voerplek te maak maar dit is glad nie waar nie. Hier volg n paar wenke en maniere om n voerplek te maak sonder die hulp van n boot.
Die beste kol is nie noodwendig die verste weg van die kant nie en vir enige voerplek om suksesvol te wees moet jy die regte plek kies. Soek vir struktuur in die water of n verandering in die bodem bv n skielike verandering in diepte of verandering van silt na gruis. Gebruik jou stok met n markerfloat om die afstand en diepte te bepaal. Knip die lyn in om die afstand weer reg te kan kry. Nou kan jy besluit watter van die volgende maniere jy gaan gebruik om jou voer op jou kol te kry.

foto1
Voerlepel: Hierdie metode is perfek wanneer jy baie naby aan die kant hengel. Jy kan jou voer met die lepel saggies op jou kol insit of inskiet. As jy teen die oewer hengel kan jy selfs jou strop saggies op die kol neersit.

foto22
Voerkettie: Hierdie metode is effektief tot en met so 50m. Los partikels en voerballe kan redelik akkuraat op jou kol geskiet word.

foto3
Boiliepyp: As jy met boilies hengel en jou kol is nie te ver nie werk die pyp uitstekend. Dit verg oefening maar gesoute hengellaars kan boilies baie akkuraat met die pyp plaas. Dit werk ook lekker as jy oor n groter area voer dan kan jy meer as een boilie op n slag voer. Europese hengellaars het dit tot n kuns ontwikkel.

foto4foto5
Spod en spomb: Die vernaamste metode om jou voer op n verder kol te deponeer. Die spod of spomb word vol voer gemaak en dan met n stywe visstok tot op jou kol gegooi. Die apperate dop om en maak oop en so word die voer op jou kol neergesit. Die veskil tussen die spod en spomb is dat jy minder mors met die spomb en ook meer loperige mengsels kan voer. Met oefening kan mens dood akkuraat voer tot verder as 150m.
Soos julle kan sien is n boot nie noodsaaklik om effektief n voerplek te maak nie. Probeer van die metodes en land n paar groot karpe!!!