MaGic Baits
"... that baldip Weerlig is just superb!!!! Out of 17 anglers I was the ONLY one to catch fish. Not just 1 or 2 but 8!"
Bernard Heesen

vis fotoHoekom doen ek Spesie? Deur Johan Oosthuizen

Baie mense swaai oor van ander fassette oor na spesie. Baie wil maar is onseker en baie weet nie regtig waaroor spesiehengel regtig gaan nie. Ek gaan in kort probeer verduidelik wat spesiehengel is en waaroor dit "behoort" te gaan. As ek van spesiehengel praat verwys ek spesifiek na karphengel.
Die faset spits homself toe na die sport om groot trofee karpe te vang of om spesifieke vis uit n water uit te sonder en te vang. Daarby saam word groot klem gele op die bewaring van die groot karp en alle vis as sulks. Dus het daar baie aanpassings in die gerei van n spesiehengellaar gekom om hom in staat te stel om die vis van sy drome veilig te land.

StokkeSTOKKE: Jou keuse van stokke word grootliks bepaal deur die water wat jy wil teiken. Stokke word uitggee in toets kurwes. N groot water of water met baie opststruksies sal bv n stok met n groter toetskurwe verg as een wat nie het nie. Dit help nie jy het die vis van jou drome aan die lyn maar jou stok het nie genoeg krag om dit te land nie. n Toetskurwe van so tussen 3 tot 3.5lb is gewoontlik n goeie begin.

KatrolleKATROLLE: Net soos by stokke is jou katrol keuse belangrik. Koffiemeul katrolle is die mees algemeenste en betroubare katrol vir die doel. Kyk na katrolle met n goeie remstelsel en goeie lyn kapasiteit. Baie hengellaars gebruik ook die baitrunner funksie maar dit is nie noodsaaklik nie.

LynLYN: In my opinie n baie belangrike item in jou mondering. Te ligte of swak lyn gaan jou niks in die sak bring behalwe teespoed nie. Ek stel voor dat geen lyn onder 12lb tot 14lb gebruik moet word nie en in waters met hakplekke tot en met 20lb en op. Dit gee jou die beste kans om al jou vis te land en dit maak dit baie veiliger vir die vis omdat die hengellaar nie hope lyn in die water agterlos nie. 5lb en 7lb lyn het geen plek in spesiehengel nie. Vleglyn is ook n uitstekende opsie. Dit het geen rek en is baie bestand teen die elemente. Die enigste nadeel is dat dit geneig is om in stompe en hout in te sny en kan ook nogal duur wees.
StaanderSTAANDER,ALARMS: Hierdie items is meer afhangend van smaak en begroting. Koop die beste wat jy kan bekostig. Kry n stewige pod wat nie maklik omgetrek kan word nie en alarms wat weer bestand is en effektief werk.
MatONTHOOKMATRAS,WEEGSAK, SKEPNET: Hierdie items is kernbelangrik. Die bewaring van jou vangs is die belangrikste aspek van spesiehengel. Koop die beste wat jy kan. Kyk na sagte skepnette en matte met genoeg kussing. Hou hulle altyd mooi nat as jy vis hanteer. Sit jou vangs in dieselfde of beter toestand terug as wat jy dit gevang het.

hoeke ensTERMINALE GEREI BV HOEKE, GEWIGTE, VOORSLAG EN STROPPE: Seker die mees belangrike komponente. Koop weereens die beste wat jy kan bekostig. Maak seker hoeke is sterk genoeg en skerp genoeg. Maak seker jou stroppe is vis vriendelik maw as jou lyn moes breek dat die vis met niks anders as jou hoeklyn in sy mond moet rondswem nie. Gebruik sterk komponente en jy sal sukses he.
AasAAS: Omdat jy meestal met die haarstrop gaan hengel is jou ase ander as normaal. Pitte en sade word steeds gebruik asook boilies en pellets. Moeite moet gedoen word dat alle ase korrek voorberei word en baie hengellaars doen baie moeite om hulle ase voedsaam vir die vis te maak om sodoende iets terug te gee aan die vis en om hulle makliker te vang.

Spesiehengel is n wonderlike sport met sy kern om die bewaring van die vis en die omgewing. As jy die dieselfde voel is dit net die sport vir jou. Probeer dit gerus!!