MaGic Baits
"I can honestly say that since using your products my catch rate has significantly improved."
Richard Venter

 

Ons by Magic Baits glo ons dat die aas wat ons vervaardig nie net die vis op jou unhooking mat moet plaas nie, maar dat die aas ook van waarde moet wees vir die vis.

FB IMG 1676987974872

Met dit ingedagte het ons die Nuwe H.N.V. 'High Nutrional Value' Program begin implementeer om te verseker dat die aas wat ons vervaardig die nodige voedingswaarde het sodat elke vis in optimum kondisie is om sodoende die toekoms van hengel, veral in die geval van karp hengel, te verseker vir ons nageslag en om om die vis beter toe te rus vir hengel druk.

FB IMG 1676987977041

H.N.V. aas en geure (Muti's en Boldips) help om die vis se immuniteitstelsel te versterk en dit te onderhou. Aas en geure met hoe voedingswaarde verbeter ook die groei van vis deurdat die vis vinniger gewig op tel en so verseker ons dat ons nageslag ook 'n gesonde sterk vis aan die lyn kan ervaar.

FB IMG 1676987978828

Die bonus van als is, die vis 'love' dit en meer byte beteken meer pret.

FB IMG 1676987980874 

So het die proses dan nou begin om die hele reeks van Magic Baits te verbeter of te 'enhance' soos die engelsman sal se. Ons het besluit om te begin op 'n punt en is tans is die proses om die Muti en Boldip reekse te begin vervaardig met die H.N.V. by.    

FB IMG 1676987984299

Magic Baits se beplanning is om met die vervaardiging van elke nuwe mengsel oor te skakel na die Nuwe H.N.V. konsep en om die volledige reeks Muti's en Boldips oorgeskakel te he teen einde Maart 2023. Die twee reekse is albei redelik groot en dit gaan ongelukkig 'n tydjie vat. Hou gerus jul gunsteling hengelwinkels se rakke dop en kyk uit vir die nuwe etiket.

HNV LabelSoos jul almal weet doen ons niks half by Magic Baits nie en natuurlik moes 'n paar van die Nuwe H.N.V. Muti's en Boldips in die diep kant ingegooi word. Ongelukkig is die Vaalrivier en baie ander venues ontoeganklik as gevolg van die huidige reens en vloede. So het ek my broer, Johan, besluit om 'n kort sessie by Arrie se dam te gaan hengel.

PhotoGrid Site 1676991427242Natuurlik met ons geluk het dit lekker gereen en was die hengel omstandighede bietjie moeiliker as wat ons sou verkies het. Egter gewapen met van die Nuwe H.N.V. Muti's, Boldips en met die nuwe staatmaker, Cypri, in ons voer was dit net 'n kwessie van tyd en dit was 'Fish On'.                     

IMG-20230212-WA0028 

My eerste kombinasie was twee Plain floaties met die Nuwe H.N.V. Scarlet Boldip en DCX op die bol. 

PhotoGrid Site 1676991334816

Soos die engelsman sal se  .... Proof is in the pudding!

PhotoGrid Site 1676991393153

Johan het ook nie op hom laat wag nie en land sy eerste vis op twee Roasted Corn Sluggers met die Nuwe H.N.V. Xpresso Boldip en Nuwe H.N.V. 4x4 Muti.

PhotoGrid Site 1676993659244

Johan se eie woorde " ... Hier kom groot dinge by Magic Baits! .."

PhotoGrid Site 1676993612621

Arrie se dam se vis het behoorlik tou gestaan vir die nuwe H.N.V. Boldips en Muti's.

PhotoGrid Site 1677135688942

Die Nuwe H.N.V. Rhone Muti het gou gesorg vir nog aksie.

PhotoGrid Site 1677135637722

Aas was twee Alm X floaties op die hoek met Nuwe H.N.V. Rhone Muti en 'n bietjie DCX op die bol.

PhotoGrid Site 1677135582656

 

Die vis het ook nie op hul laat wag by Johan nie en nog 'n mooi, Arrie se dam, karp het kom kuier op die Nuwe H.N.V. Dips.

PhotoGrid Site 1677136362566

Nuwe H.N.V. Skunk Muti en Nuwe H.N.V. Scarlet Boldip oor die bol en 2 x Roasted Corn Sluggers op die hoek.

PhotoGrid Site 1677136426590

 

Ons het die vis mooi aan die gang gekry met die Cypri Feed Booster in ons voer.  Nie lank nie en Johan land 'n mooi karp.

PhotoGrid Site 1677232619792

Die vis is geflous met die Nuwe H.N.V Xpresso en die Nuwe H.N.V. 4x4 op die bol en 2 X Banana x floats op die hoek.

PhotoGrid Site 1677232665820