MaGic Baits
"Michael is altyd beskikbaar vir raad en bystand en hy is oop vir enige voorstelle en dit was 'n groot aantrekkingskrag om sy produk te probeer."
Marjohn Koster

 

Magic Baits Muti’s Mutifloatmealiedough3van4deur Kenny Hills

 

Kyk ek weet Magic Baits het puik produkte. Die een reeks probeer beter as die ander reeks wees en andersom. Vat maar die uitstekende worm floaties, die soft floaties, hard floaties en dan die fenominale bleeding floaties reeks. Dan is daar nog small floaties, chooby’s, degies en wat nog! Toe kom Magic Baits met die een van die beste produkte ooit, die Gems…

 

In my kas weet ek nie meer waarmee om te hengel nie, want sodra ek een tipe vat en dink, ok die een is beter, dan probeer ek netnou weer iets anders en dink nee die een of die een. Ek is so deurmekaar so ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie box. Maar ongeag waarmee ek hengel – ek vang lekker vis en mooi visse….

 Mutimealiedough4van4

Maar iets wat agterwee geraak het in my hengelkas is Muti’s. Kyk die boldips is so goeie kwaliteit dat ek maar soms daarvan gevat het en iets in gedip het as ek ‘n asie of twee wou turbo.

 

Sedert kindsbeen, net na ek van moedersmelk gespeen was, het ek maar met degies en pap gehengel en KOO se heelpit mielies, kaboem mielies en bruinbrood. Na die weermag moes ek maar werk om te lewe en vir ‘n paar jaar was hengel maar moeilik. Toe ek weer na so 5 jaar begin hengel het alles verander. Nee nou was die stroppe anders en hengel het ander kleure en geure gekry. Nou was daar dips. Ek het iets van alles geprobeer en baie geld gemors op produkte wat te duur was vir hulle waarde. Net so een of twee van die goed gebruik. My eie gemeng en lekker gehengel.

 warriordoop2van4

Ek was seker ‘n keer  of twee sportman van die jaar en ‘n keer of twee klubkampioen. Kyk as jy wou wen moes jy beter as ek kon hengel. Ek het in die jare met ‘n plein wit degie en dips gehengel.

 

Toe word ek voorgestel aan Magic Baits. Nou ja my hengel het nog verbeter en ek het die laaste klompie jare met floaties gehengel en deeg net as backing gebruik.

 

Na ‘n gesprek met Michael waar ek vir hom genoem het van my degie jare het ons besluit om miskien weer so ‘n proeflopie of drie te doen. Ek het ‘n paar Mutis by Michael gekry. Die weer en werk het nie lekker saamgespeel nie en ek kon nie lekker gaan hengel nie. Die naweek van 1 Jan 2016, jip op nuwe jaar, sluip ek weg Heaven toe en kon ek lekker gaan hengel. Ek het met 4 stokke gehengel en dit almal redelik naby aan mekaar gegooi. Linkerkanste stokke Bleeding floaties en boldips. Regterkantse stokke degie wat gedip is in Muti. Ek het ook by dieselfde geure gehou tussen die floaties en die Muti’s. Op die linkerste stok Vampire floaties en Island. Boldips dieselfde. Regterkantste stok VRM en MZ floaties. Op die ander twee stokke degies wat in dieslfde Muti’s gedip is, Vampire en Island en VRM en MZ. Na elke 5 de of 6 de gooi het ek die ase op die stokke omgeruil, LK ste paar nou degies en RK ste paar nou floaties.

 

Ek het maar soos ons almal maak ook die regte geure gesoek en omtrent alles probeer, maar die geur waarmee ons die meeste vis gevang het was die keer MZ Muti. Plein geel degie gedip in MZ muti het die trick gedoen. Ek het so 22 visse gevang die naweek en 14 daarvan was op die degies en Muti’s. Wil ek beweer die Muti’s is beter as die floaties, nee glad nie. Magic Baits het puik puik produkte. Ek dink net ons onderskat die Muti’s ‘n bietjie. So ek is terug by my plein degie en dips. Check this space….

 Sit gerus ‘n paar Muti’s in jou kas – kan net jou hengel goed doen.

 

Mutidougfloat2van3Mutidougfloat1van3Mutidougfloat3van3