MaGic Baits
"Van die eerste keer wat ek met MaGic Baits begin hengel het is my hengel na 'n hele nuwe level toe gevat."
Heinnie Prinsloo

Hoe benader ek 'n nuwe venue?

Of dit nou 'n Plaasdam of enige ander water is.
Dit is baie belangrik dat jy jou aas op die regte plek kry. Die beste aas op die verkeerde plek gaan niks vang nie.
Eerstens bepaal ek diepte met 'n Market Float of kyk na die helling om die dam om 'n goeie idee te kry.
Dieper water is gewoonlik beter water. Tussen 3m en 8m is ideaal.
Spandeer 'n bietjie tyd op die oewer. Moenie net ingooi nie. Loop bietjie rond en kyk waar is die aktiwiteit op die water. Daar waar die vis baie aktief is presies waar jy hulle gaan vang.

Kyk vir natuurlike skeiling bv. Obstruksies (struktuur)

As daar obstruksies (struktuur) soos bv bome in die water is. Sal ek hengel so na as moontlik aan die obstruksie. (Sonder om 'n groot risiko te staan dat ek die vis gaan verloor) Maak maar seker jou 'drag' is redelik styf vas, as jy so naby obstruksie gaan hengel.Riete is net so goeie teiken. In die Suikerbosrand rivier (by 'n nuwe venue) het ek orals probeer sonder sukses. Net tot ek reg teen die riete begin hengel het. Sommer gou gou het ek 20 vis in 'n kort tydjie gevang.

Wat aas aanbetref sal ek een van my gunsteling kombinasies gebruik.

1) Banana X Soft floatie onder met Alm X Instant dough as Backing en op die boonste hoek 'n Warrior Soft floatie met Alm x Instant dough as Backing. Op die mieliebol: Tak, 4x4 en Banana x boldips of Baas Ben boldip in die plek van die 4x4.

2) Alm X Instant deeg onderste hoek en Alm X Instant deeg boonste hoek. Soms op boonste hoek 'n kariba wurm saam die degie. Op die mieliebol: Druppel tot 3 druppels Cyclone Spray en druppel tot 3 druppels Hlx Boldip, albei bo waar lyn in die bol ingaan met baie Vaalking boldip oor dit.

3) Alm X Instant deeg onderste hoek en Alm X Instant deeg boonste hoek. Soms op boonste hoek 'n kariba wurm saam die degie en soms 'n Vampire floatie op die onderste hoek saam die degie. Op die mieliebol: Haak boonste hoek in bol, spuit een spuit Duiwelsdrek oor hoek, spuit onderkant van bol reg rondom Traction Spray en op die lyn waar dit in die bol ingaan TFC boldip.

4) VRM geknipte mielie met VRM Chooby as backing op onderste hoek en Banana X geknipte mielie met Banana X chooby as backing met VRM en Banana X boldips op die bol

5) Vampire Bleeding Floatie onderste hoek met Alm X Instant degie as backing. Op die boonste hoek net 'n Alm X Instant degie. Op die bol 'n streep DCX en 'n streep GTA. (As dit moeilik gaan sal ek selfs die hele een kant GTA boldip smeer en die ander helfte heeltemal DCX boldip smeer) Het my al baie gehelp as dit die dag moeilik gaan.

Michael Cato

Magic Baits