MaGic Baits
"... your goodies, to say the least, is far far superior and here to stay."
Richard Venter

Turbo Powder deur Fanie Oosthuizen

 

MaGic baits het n wonderlike nuwe produk wat binnekort op die mark gaan verskyn, genaamd Magic Baits TURBO poeier wat n Bait (hoekaas) booster poeier is, waarmee jy enige aas se geur kan verleng en sterker kan maak. Die Magic Baits Turbo (bait booster poeier) werk uitsluitlik net met MaGic Bait se MUTI’s! Jy kan nou enige floatie, mielie, of degie geur met die MaGic Baits Muti van jou keuse, die Magic Baits Turbo poeier vorm ‘n jellie laag om die aas wat die geur van die Magic Baits Muti waar in jy dit gedip het stadig vrylaat.ic Bait se MUTI’s! Jy kan nou enige floatie, mielie, of degie geur met die MaGic Baits Muti van jou keuse, die poeier vorm ‘n jellie laag om die aas wat die geur van die muti stadig vrylaat.

 

 

 

 

Hier is n paar voorbeelde van hoe dit gebruik kan word.

 

In fig 1a is n enkel Banana x floatie wat jy in Banana x muti dip ,fig 1b en dan in die Turbo poeier ,soos ,in fig 1c. En as jy die asie in die water gooi sal die poeier  n jellie laag om die asie vorm wat dan die geur stadig sal vry laat, wat die vis dan van ver sal lok. In fig 1d kan jy sien hoe jou asie sal lyk as dit in die water is.

Nog n goeie voorbeeld is n gewone soet wit degie ,fig2a ,wat jy dan kan geur met bv Foxtrot en dan weer in die turbo poeier dip,fig 2b.

In fig 2c kan jy sien hoe jou degie sal lyk as hy in die water is. Die groot voordeel van die poeier is dat jy nou jou degie maklik kan geur,twee dat hy baie langer aan jou hoek sal bly voor hy self af gaan en dat hy nou soos n bleeding floatie werk. In fig3 is n plain floatie wat met Vaalking Muti gedip is met die Turbo poeier oor,dit is hoe hy lyk na twee ure in die water.

Ons het ook MZ mielie pitte op n hairrig gesit,en dan gedip in MZ Muti ,en dan in die Turbo poeier,en die vis was mal oor dit, in fig 4 kan jy sien hoe die hairrig gelyk het, saam van die ander aasies,daar is amper geen einde aan die Turbo poeier se gebruik nie.

Ons het groot sukses met die Muti’s en Turbo gehad. Hier is van die vangste.

Soos ek in die begin gesê het ,TURBO (bait booster  poeier) werk net saam met die MAGIC BAIT MUTI’S, jy kan nou regtig enige aas geur soos wat jy wil hê,en dit is n geur wat nie af was na n tydperk nie,want dit werk amper soos die bleeding floaties,nou kan jy selfs bleeding mielies maak.

Ons se baie dankie aan die span van MaGic Baits vir die goeie en nuwe produkte wat hulle kort kort vir ons oplewer.

Stywe lyne.

Related articles

Click on this link to read ...

Turbo Powder deur Michael Cato

Feedback - Turbo Poeier by Noel Binnedell

My eerste ervaring met Turbo poeier van MaGic Baits deur Izak van Niekerk

Nog nooit het ek 'n produk soos TURBO poeier beleef nie deur Anna-Mie van Niekerk

TURBO deur Kenny Hills