MaGic Baits
"Eerste hengel sessie met Magic Baits, 22 vis, 2 op Onion Floaties, res op Vampire Bleeding, Boorgat, Groen Spyker en Yellow Navigator op die bol. Gevang by Beesplaas, wat 'n lekker plek"
Hans Barrand

Muti's vs Boldips vs Sprays

Hier is 'n verduideliking oor ons Muti's, Boldips en Sprays ......

Voor ons elkeen bespreek wil ek net noem dat by Magic Baits is die konsentraat vlakke van Muti's, Boldips en Sprays presies dieselfde. Dit is net die basis met ander woorde die rou materiaal waarop dit gebou word wat verskil.     

Muti 50ml (Dip)

MaGic Baits se 50ml Muti's (ook bekend as 'n Dip) is so ontwerp dat dit gebruik kan word as 'n geursel waarin jy jou aas dip of doop en word so vervaardig dat dit aan jou aas kan klou en intrek. Sekere van die geure is dikker as die ander afhangende van die konsentraat wat gebruik word. Die produk se hoofdoel is dus om hoekaas te geur of selfs 'n reeds gegeurde produk se geur te versterk.

Mutidougfloat3van3

Boldip 100ml

MaGic Baits se 100ml Boldips is so ontwerp om op die voerbal (Of soos soos die engelse dit noem ... die mealieball) gebruik te word.Dit is belangrik om te weet dat Magic Baits se Boldips is nie net 'n dik gemaakte muti nie. Sekere boldips is dun bv. Hlx boldip en GeeBee boldip, sodat dit in die bol kan intrek en 'n ander boldip word dan daaroor gegooi en die boonste boldip stel eerste vry in die water en dan die sal die tweede geur vrystel. Die volgende kombinasies is as voorbeeld waar ons HLX Boldip eerste op gooi met Just Black Boldip bo-oor dit of as tweede voorbeeld GeeBee Boldip met Dcx Boldip of Just Black Boldip bo-oor dit. Die dunner geure versprei ook makliker in die water, dus wil ons met sekere geure vinnig die geur verprei en die vis so nader trek. Sekere van ons Boldips is dan dikker en die geursels wil ons he moet langer op die bol bly en baie stadig die geur af gee.

'n Vraag wat baie hengelaars vra is die volgende : Hoekom is die 100ml Boldip dan nie dubbel die prys van die 50 ml Muti nie?

Die Antwoord is:

Eerstens is die Muti's se rou material (basis) is baie duurder as die boldip sin.

Tweedens is die Muti's se verpakking vanwee die kostes van glas botteltjies is ook baie duurder as die boldip se verpakking.

Derdens is die Boldips se verpakking is weer spotgoedkoop.

Vir die redes is die Boldips duurder as die Muti's maar nie dubbel die prys nie.

boldipsnew3

Sprays 50ml

MaGic Baits se 50ml Sprays is ontwerp om op die voerbal gesproei te word. Die Sprays word vervaardig met 'n unieke basis wat ons 'n Atomizer noem. Dit word vervaardig met die Atoomizer om 'n eweredige sproei te maak. Baie hengelaars hou van die Sprays omrede dit maklik werk en dit mors nie sommer nie.

navigator sprays2

As 'n slotsom

Die Muti's, Boldips en Sprays is almal uniek en elkeen word vervaardig met sy eie unieke basis, maar die geur vlakke bly dieselfde.