MaGic Baits
"... ek koop nie eers meer die 'n hengel tydskrif nie, want alles is op MaGic Baits se web blad en FaceBook page."
Kallie Radley

Somer, Winter en Spawntyd

Ek hengel heel jaar met meestal dieselfde kombinasies en voer en steur my nie te veel aan somer, winter of spawn tyd nie.

Hengel is verseker n heel jaar sport. En my gunsteling kombinasies werk heel jaar deur.

Ek pas net my game plan so bietjie aan.

Somer tye gaan dit baie maklik met 'n hoe tempo en meestal kleiner vis.

index

Winter tye is die tempo 'n bietjie stadiger en hengel ek eerder kleiner hoekase (vis eet minder, want die kouer water maak hul metabolisme stadiger) en laat ek die stokke langer le.

Ek sal ook in die winter die hoeveel vermeerder van 'n sterkter geur in my kombinasie. Bv by die kombinasie: Tak, 4x4 en Banana x (seker volgens my die beste allround kombinasie) sal ek meer van die TAK (die sterk geur) gebruik.

In die winter glo ek om nie te vroeg te begin hengel nie, in die winter is my stokke eers van so 8 uur in die water en ek hengel to so 4 uur die middag.

Die winter lewer defnitief groter vis op.

index 2

Indien die wind waai sal ek ook meer geur van die geure in 'n kombinasie gebruik. Weens die water skommeling. Dus meer van al die geure in 'n betrokke kombinasie.

Spawn tyd hengel ek meer vleis aas soos erdwurms en rysmiere. Sodoende tel ek muddies en babers op as die karp vol stories is.

index 3