MaGic Baits
"MaGic Baits het 'n groot aandeel in my sukses en ek en MaGic sal nog 'n lang pad loop."
Marjohn Koster

Die MAGIC RUB van MAGIC BAITS deur Rynard Nigrini

 


Ek het al na baie mense se kommentaar en gesprekke geluister as dit kom by of die reuk op jou hande die vis  affekteer of nie. Baie mense se die reuk op jou hande maak nie n verskil nie en baie se dit maak 'n verskil.


Deur al die jare wat ek al n hengelaar is glo ek vas dat die reuk op jou hande die vis affekteer en ek dit al baie aan myself bewys, daarom het ek gewoonlik Vanilla essence of n suurlemoen in my hande was emmertjie gegooi. Die reuk op jou hande kan veroorsaak word deur rook as jy n roker is, sure wat jou hande afgee, sweet as dit n lekker warm dag is en ook deur allerande goedjies waaraan jy vat tydens jou hengel sessie. Mense wat opgestres raak soos selfs, Michael 'The Magician' Cato, se hande gee 'n suur af en dit benadeel jou hengel. Die 'Magician' gebruik self die produk!

Nou wil ek julle bekend stel aan die nuwe MAGIC RUB. Ek moet se die MAGIC MAN het hier weer vir ons bewys dat hy nie net die beste produk op die mark vervaardig nie maar ook hoe om jou vangste te verbeter deur jou hande met die MAGIC RUB te was.


Wat is die eerste ding wat in jou kop opkom as jy dink aan n “handwash”??.......Nou moet ek hande was en dan nog my hande afspoel en droog maak voordat ek my aasies kan bedien en dit vat hopeloos te veel tyd. DINK WEER !!!!! Die MAGIC RUB is so ontwerp dat jy glad nie water nodig het om jou hande te was nie, jy het glad nie nodig om jou hande droog te maak nie en jy het ook glad nie n seep laag op jou hande oor nadat jy die MAGIC RUB gebruik het nie.


Die MAGIC RUB word gebruik sonder water. Druk n klein bietjie MAGIC rub op jou een hand uit en vryf jou hande teen mekaar asof jy nou sou hande was met enige ander seep. Die MAGIC RUB trek binne in jou hande in en los geen seep laag op jou hande nadat jy jou hande gevryf het nie en so kom daar geen seep op jou hoekasies nie. Die MAGIC RUB het n baie higieniese en skoon reuk en daarom sal die vis jou asies baie meer waardeur en sal die tempo vinniger optel.


Ek het vir so paar dae gaan hengel en die eerste dag het ek glad nie van die MAGIC RUB gebruik nie ek kon daarin slaag om n paar vis op die oewer te land. Die volgende dag het ek presies dieselfde gedoen as die vorige dag maar ek het toe die dag my hande met die MAGIC RUB gewas en julle sal nie glo wat die verskil is nie. Ek het baie meer vis om die kant besorg en die tempo het ok baie verbeter.


MAGIC RUB is n moet vir elke hengelaar en so ook n moet vir enige viskas.


Baie dankie MAGIC BAITS vir al julle wonderlike produkte en dat julle aan ons as hengelaars ook dink as julle besig is met die MAGIC produkte. MAGIC bly TOPS !!!
Die MAGIC RUB kan jy by jou naaste hengel winkel bestel………waarvoor wag julle nog, gaan bestel die MAGIC RUB.


Groete en stywe lyne


Rynard Nigrini