MaGic Baits
"Michael het 'n ongelooflike passie vir wat hy doen en ek dink ons almal kan dit sien in die kwaliteit van sy produkte."
Marius Jardin


Baber Stroppe deel 1 deur Izak van Niekerk

Wanneer dit by baber hengel kom is daar slegs 3 stroppe wat ek gebruik.

Die hoek groote wat gebruik word is 'n persoonlike keuse asook die sinkers.

Hoek groter die aas hoe groter die hoek.

Hoe groter die aas hoe groter die vis.

Ek verkies om MaGic Baits se mushroom sinkers te gebruik wanneer dit kom by baber hengel, omrede ek graag 'n bol aan die strop wil sit om die babers mee te lok.

Wanneer dit by die lyn kom, kyk na lyn wat redelik skaaf bestand is. Babers se tande is die tekstuur van skuurpapier en kan vinnig lyn stukkend skaaf.
Strop # 1 fig 1 A. Die gly sinker strop. Die strop is vir my die maklikste en vinnigste om te maak. Ek verkies die strop wanneer ek met kleiner aas hengel soos byvoorbeeld, hoender hartjies, slakke, visderms ens...



Strop # 2 fig 1 B. Die gly hoek strop. (Skelm hoek) Ek gebruik hierdie strop wanneer ek met groter aas hengel soos kuikens, heel vis, bees hart ens. Die (skelm) gly hoek moet gebuig wees, nie reguit nie.



Strop #3 fig 1 C. Die 3 way strop. Die strop is baie handig wanneer daar baie obstruksie op die bodem is soos modder, watergras ens. Die "cigar float" kan by die meeste hengel winkels aangekoop word.


Ek wil net graag klem daarop plaas dat die hoeke wat gebruik word, baie sterk en baie skerp moet wees. Ek maak die meeste van die tyd gebruik van sirkel hoeke.

Ek maak glad nie gebruik van die "blood knot" wanneer ek my hoeke bind nie. Die eenvoudige rede is dat die hoek skeef kan draai en veroorsaak dat ek meer vis verloor. Soos ek verduidelik met skets 2 A, B en C.