MaGic Baits
"I can honestly say that since using your products my catch rate has significantly improved."
Richard Venter

MAGIC RUB deur Fanie Oosthuizen

Dit is die nuuste uitvindsel van die TOWERNAAR,en ek moet se dat die MAGIC RUB regtig soos n droom werk.

Dit is n wonder middel wat meer as net een doel het.En jy gebruik die Magic Rub net so. GEEN water nie!

Die eerste doel van die MAGIC RUB is om die reuke wat aan jou hande is wat moontlik die vis kan afskrik van jou aas te verwyder.

Dit is nou reuke soos sigaret rook en VERAL die suur op jou hande. As jy jou hande met die MAGIC RUB smeer dan is daai reuke weg en jy kan verseker wees dat die vis niks anders as jou aas sal ruik nie.

Nog n goeie ding is dat as jy met sekere sterk geure soos bv stinkgogga werk jou hande na dit ruik al was jy jou hande. En dit kan dan van die ander geure beinvloed, maar met MAGIC RUB is dit nou iets van die verlede. Ek het my een hand met stinkgogga gesmeer en ek het amper n kat geskiet toe ek my eie hand ruik. Ek het toe my hand net af gevee met my handoek.

Hy was nog steeds gevlek met die groen kleur van stinkgogga. Ek het toe MAGIC RUB op my hand gesmeer en daar was die stink vis reuk van stinkgogga weg en net om seker te maak dat dit nie net my neus is wat my bedrieg nie, het ek my vrou Joelene in die gesig en om haar neus gevryf en sy het niks agter gekom nie.

So daar as jy van slegte reuke op jou hande ontslae wil raak dan moet jy net vir jou MAGIC RUB kry.

En dan iets wat ek baie van die MAGIC RUB hou is dat dit as n DISINFECTANT gebruik kan word oor sy alkol basis en dit is iets wat baie nodig is langs die water.

As ek klaar n baber gevang het dan was ek altyd eers my hande, want die slym van n baber is nie van die skoonste nie. Maar met MAGIC RUB is dit nou maklik, smeer net jou hande met die RUB en daar is jy reg om n toebroodjie te eet.

My vrou het ook MAGIC RUB in haar kar, want met die winter wat besig is om ons te bekruip het baie mense maar verkoue, so as sy klaar haar inkopies gedoen het en sy het die trollie gestoot dan smeer sy haar hande met MAGIC RUB om hulle skoon van kieme en reuke te maak.

So as jy jou visvang wil vebeter met skoon hande en sonder kieme, dan moet jy dadelik vir jou die nuwe wonder genaamd MAGIC RUB kry.