MaGic Baits
"... your goodies, to say the least, is far far superior and here to stay."
Richard Venter

Is Geknipte Magic Mielies die WONDER aas? deur Fanie Oosthuizen

Ons het al baie van wonder(Magic) aas gehoor, maar daar is baie min natuurlike aas wat by MAGIC BAITS se GEGEURDE MIELIES kom.

   

Ek vang nou al baie lank met mielies en ek moet bieg dat dit 'n MAGIC aas vir my is. As ek nie MAGIC BAITS se mielies by my het nie, voel ek skoon kaal langs die water. Die kuns van hengel met 'n mielie is dat jy hom reg vir die vis moet aanbied. Na baie dae langs die water het ek n geheim ondek van die mielie pit en dit is as jy hom aan die hoek sit en jy knip hom kleiner. Die aanbieding is soveel beter en dit verhoog jou byt tempo van mielie pitte vreeslik.


Hier kan jy sien hoe lyk my skoon 0.8 daiichi hoek voor ek n mielie pit laai.


Vat nou jou mielie pit en haak hom van sy rug kant af deur die hoek.


Druk die hoek mooi deur die mielie put sonder dat die pit skeer of breek.



As jy die hoek mooi deur die pit het, druk die heel pit nou tot teen die oog van die hoek.


Nou vat jy n skerp skertjie, soos n braid sker en knip die skerp punt van die mielie pit af sodat jy net die ronde rug gedeelte van die pit aan die hoek het.

En so lyk jou mielie pit as hy klaar geknip is op n 0.8 hoekie.

Ek vang amper glad nie met n skoon mielie pit nie. Hier is n paar van die aas aanbiedings wat baie goed werk saam n geknipte mielie pit.

No 1, 'n geknipte mielie pit saam n instant degie.


No 2, 'n geknipte mielie pit saam 'n chooby.



No 3, 'n geknipte mielie pit saam 'n floatie ( verseker een van my gunsteling aanbiedings )


NO 4, n geknipte mielie pit saam 'n Worm Floatie ( werk baie goed vir jou groter vis )

No 5, n geknipte mielie pit saam 'n worm gedip in Magic Baits muti met Turbo oor.

Hier onder is n lys van die MAGICBAITS mielies wat jy moet in jou kas he.

1   Alm X (Almond)
2   Ani X (Aniseed)
3   Ava 1 (Tutti frutti)
 4  Banana X (Banana)
5   Beast (Bunspice, Hot)
6   Caramel X (Strong)
7   Dudley (Strawberry & nuts)
8   Escape (Banana, Scented)
 9   FBI (Special, Strong)
10   H L X (Tcp Mix)
11   Honey Glow
12   Island (Fruits, Very Sweet)
13   M Z (sweetcorn)
14   Monster Carp (Tcp, Sweet Fruity)
15   Oorlog 1 (Almond)
16   Pink Sweets
17   Skunk (Duiwelsdrek)
18   Vampire (Garlic)
19   VRM (Vdam, R/berry & Musk)
20   Warrior (Eucalyptus)
21   Plain


Hier is maar net n paar vissies wat nie die geknipte mielie pitte kon weerstaan nie.

   

   

 

Dit is regtig n wonder aas wat jy in jou boks moet he! As jy nog nie mielies het nie gaan kry onmiddelik vir jou van MAGIC BAITS se gegeurde mielies en ervaar die MAGIC van 'n wonder aas.