MaGic Baits
"Dankie vir n puik produk wat resultate kan wys."
Lukas vd Nest

Die Hengel bedryf op sy kop met die nuwe Magic Baits SNOW – EEZ deeg deur Fanie Oosthuizen

So elke nou en dan kom daar iets op die mark wat die hele hengelbedryf op sy kop gooi…en dit is wat die nuwe
SNOW – EEZ deeg van MAGICBAITS gaan doen..eintlik al klaar besig is om te doen. As jy eers met die nuwe deeg gehengel het, sal jy baie moeilik terug gaan na die enige ander degie.

Die beste deeg waarmee ek nog gehengel het!

Dit is eintlik baie moeilik om die nuwe SNOW – EEZ deeg te beskryf, want daar is nie iets wat die selfde is of iets waarmee jy dit kan vergelyk nie…Dit is iets nuut en uniek.

Jy moet as jy die bottel Snow – eez deeg oop maak eers van dit vat en met dit speel om die gevoel van die deeg te kry, want dit voel glad nie soos jou gewone degies nie.

Die Snow-eez degie gee stadig sy geur af in die water
Die deeg het ook baie meer voordele as jou gewone degies.

 1) Dit is 'n deeg wat nie so taai is dat dit die heeltyd aan jou vingers plak nie.

 2) Dit is n baie sagte deeg, maar bind baie goed en jy kan dit baie maklik op n 0.8 hoekie kry.

 

 3)  Dit is n degie wat taai is in die water en dit beteken dat die degie baie langer op jou hoek sal bly en dit verhoog jou vangste.

 4)  Een van die beste eienskappe van SNOW – EEZ deeg is dat hy sy geur en kleur in die water kan afgee, amper soos n bleeding floatie…maar die tydperk is net baie langer.

Hier onder is n degie wat so 30min in die water le, jy kan duidelik sien hoe die degie sy kleur en geur in die water afgee…en dit lok die vis vinniger en dit verhoog jou byt tempo.


FIG 4   

Ek het gehoor dat die Towernaar klaar besig is om talle geure te meng en beplan om dit binnekort te 'launch'!

Hier is van die kombinasies wat ons saam met die Spookasem SNOW – EEZ deeg gebruik het.

FIG 5


FIG 6

Ons het die SNOW – EEZ deeg by die Vaalrivier gaan toets en die resultate was ongelooflik. Die vis het behoorlik tou gestaan vir die deeg. Ek het die fout gemaak om op altwee my hoeke van die SNOW – EEZ deeg te sit…..wel hier onder is wat gebeur het.



Soos julle kan sien het die vis behoorlik tou gestaan vir die Nuwe SNOW – EEZ deeg, hier is van die pragtige vis wat ons kon land met SNOW – EEZ

FIG 9


FIG 10

FIG 11

FIG 12

Dit is 'n produk wat regtig jou hengel sal verbeter en dit werk en hanteer ook baie makliker.

Die Snow-eez degie word binnekort vrygestel aan die mark. Sodra dit begin  bemark word sal ek jou voorstel om dadelik na jou naaste hengel winkel te gaan en vra dat hulle onmiddelik vir jou van die nuwe SNOW – EEZ deeg moet bestel sodat jy jou hengel vir altyd kan verander….stywe lyne

Fanie Oosthuizen