MaGic Baits
"MaGic Baits het 'n groot aandeel in my sukses en ek en MaGic sal nog 'n lang pad loop."
Marjohn Koster

Black Widow Boilie

Ek het lank gewag, maar die tyd het aangebreek om self die nuwe BLACK WIDOW boilies van Magic Baits te gaan toets.
BLACK WIDOW LOGO

Ek het besluit om sommer eers net van die 14 mm boilies te vat en te kyk wat die resultate is, voor ek oorslaan na die 18mm en ander geure.
Ek het eers by n privaat plaasdam vir n vinnige sessie gegaan, die resultate was baie belowend gewees, aangesien dit maar n baie kort sessie was..en boilies het mos tyd nodig. Of so se die slim mense. Ek dink dat as jy n goeie boilie gebruik jy nie dae hoef te wag vir n byt nie.


En is die nuwe boilies van Magic Baits nie voedsaam nie. Hulle het als in wat n vis elke dag nodig het in sy dieet. Elke aspek van die boilie is so geformuleer dat dit tot die vis se voordeel is, en as die vis dit like beteken dit dan natuurlik weer vir die hengellaar meer byte ( runs) .

 

 

 

 

 

 


Ek het van die boilies gevat en met die boilie crusher fyn gemaak. Dit gemeng met Magic Baits se popcorn voer vir boilie crum. Hier onder kan julle sien hoe lyk die boilie crum wat jy in die pva sakkie (string ) sit.
figuur 5
Hier kan julle sien hoe lyk die boilies en die boilie crum in die Pva string.
fig 6
Nadat die hoeklink deur die PVA string getrek is, is hy reg vir die water.
FIG 7
Ek kan regtig nie kla oor die resultate wat die boilies by die plaasdam opgelewer het nie.
FIG 2 PLAASDAM
Ons het toe ook n sessie by die rivier ingesit so tussen die werk . Ek het ook weer net met die 14 mm Black widows gevang . Weer op dieselfde rig met die boilie crum en Pva string
fig 8
Ek het n paar mooi vis geland in die rivier, en ek is nou oortuig dat MAGIC BAITS weer n wen produk op hande het, kan nie wag om die 18 mm boilies en die ander geure te gaan toets nie, veral die nuwe Swiss boilies gaan n wenner wees.


Hier onder is van die vangste wat nie die 14 mm Black Widow boilies kon weerstaan nie.
1.1  3.1

4.1  5.1


Tot volgende keer en onthou dat daar net een MAGIC BAITS familie is ... Waar ons vis kry, soos geen ander kry.