MaGic Baits
"Ons almal weet dat MaGic se produkte puik is..."
Marius Jardin

18700303 1470645726333342 2880597924303536973 n

 

Bennie Viviers
Boschkop Vaaldam
Wizzards Hengel Komp
2de plek overall
13 Vis 11.279kg

Wat kan ek se anders as dat dit ‘n mental challenge was van die start GO af. Die oggend opgestaan en dit het gedrizzel in Vereeniging. Dik aangetrek het ek die Vles gevat wat gelaai was met hoe graadse koffie wat ek SELF gemaak het en oppad Boschkop toe saam my seun Ruandre vir die maandelikse Wizzards komp. By die afdraai gekom by Boschkop almal gegroet en het ons die mense begin in skryf. Dis koud,die wind waai liggies en die reen begin bietjie harder val.

By die water gekom heel eerste wader aan en haal ek die Gazebo uit want vandag gaan ‘n nat dag wees en so droog as moontlik wil ons bly. Ek raai my seun aan om eerder in die bakkie of onder die Gazebo te wag totdat die reen bietjie ophou. Gazebo opgeslaan,wader aangetrek en reenjas aan is ek besig om op te set. My tone voel of dit frostbite kry deur die wader en my vingers wil nie werk nie. Ons almal weet mos hoe voel dit op ‘n koue dag,die hande wil nie saam werk nie.

Ek het die oggend besluit om terug te gaan na my ou favorite voer en dis die 50/50. 50% Heavyweight en 50% Fine Popcorn. Snaaks genoeg was ek die eerste persoon gewees wat die 50/50 metode begin het maar vir een of ander rede het ek vir lank nou al nie die metode gebruik nie maar eerder net Heavyweight gehengel. Met die koue moes ek my voer so bietjie langer los as die normale 20 minute en het ek dit genoeg tyd gegee. Mense is geneig om te se dat voer nie goed is nie omdat dit nie binne ‘n sekere tyd bind nie maar daar is baie faktore wat rol speel o.a koue, hoeveelheid water ens.

Die hooter het geblaas en die stokke was in. Dit was nie 5minute nie en my penmaat Michael se katrol het gehardloop. Ek kon sien dat vandag gaan ‘n opvang dag wees veral as Michael so vroeg aan die gang is. Sy vis is af en besef ons dat vashaak en afbreek defintief deel van die dag gaan wees.

My Gameplan vir die dag was om een stok op 115m te gooi en die ander een op 65m.Die 115m stok le dood stil en wanneer ek hom in bring dan haak ek en breek ek af. My 65m stok loop on 35 minute en land ek ‘n vis op hom. Die kombinasie op die stok is Boonste hoek ‘n Banana X floatie met ‘n Alm X degie agter. Op die onderste hoek ‘n Warrior floatie met ‘n Alm X degie agter. Op die bol gebruik ek Baasben, Banana X en TAK. Ek druk alles terug in SA Poeier. Ek gooi my 65m stok nie raak op die clip nie en besluit om eers my strop reg te maak voor ek uithaal en oor cast. Terwyl ek my strop herlaai hardloop die kort stok wat bedoel was op 65m. Dit was minder as 15minute. Ek land weer ‘n vis. Ek besluit om nader as die 65m te kom en clip in op 60 tree.

Intussen bring ek my diep stok ook nader na 60 tree en verander ook albei die kombinasies na Boonste en Onderste hoek ‘n Harde Wit Floatie bo en onder. Op die bol op die een stok hengel ek Cyclone,Vaalking. Op die ander stok hengel ek Carma, Duiwelsdrek en TFC op die bol. Volgens die slim mense is dit te laat om nog wurms te henegle maar ek besluit om ‘n kariba wurm te hengel op my een stok agter die Wit Floatie wat dan ook gespuit word met Duiwelsdrek. Dadelik toe ek terug gooi kry ek ‘n vis op die wurm. Ek besluit om bo en onder ‘n wurm te hengel en toe ek oor gooi met die 2 wurms kry ek ‘n double up. Die vis soek verseker nog die wurms en is wurms ook nou deel van my gameplan.

So het die dag verloop en was ek baie besig veral as ek in ag neem dat die koue temperatuur erg geval het en dit slegte omstandighede is om te gaan hengel. Ek het ‘n mooi Graskarp van net oor die 4kg so in beseringstyd geland wat gehelp het met die gewig. Mens kan sien dat die Grassies lekker dik geeet is aan die gras. ‘n Dag wat daar voorspel is dat ons gaan sukkel het uitgedra op ‘n dag met groot sukses. Ek het 13 vis gevang en 10 vis verloor. So as jy vat al die runs was dit ‘n baie goeie dag gewees. Magic Baits maak winter hengel maklik. As jy nog nie Magic in jou kas het nie, kry die Magic in jou kas die winter vir ‘n baie lekker winter hengel sessie wat jou vangste sommer baie warm gaan maak..

Magic Baits Kook in ENIGE seisoen.

Groete Bennie