MaGic Baits
"... your goodies, to say the least, is far far superior and here to stay."
Richard Venter

Maldives

Hierdie is genuine ‘n ware storie. ‘n Klompie jare terug vat ek my vroulief vir ‘n eiland vakansie in die Maldives. Die hoostad van Maldives is Male. Dit is ‘n eiland wat maar sowat 1.5 km lank is en 500 m breed. Daar bly miljoene mense. Ek dink die bevolking op die eiland op daardie tydstip alleen was oor die 1.5 miljoen mense. Die aanloopbaan was so ent in die see in verleng en was met koraalrif gebou. Toe ons daar land het die pilot die vliegtuig neergesit, boem. Nie getouch down nie, boem op die grond en gebriek dat die tyres skree en die rook onder hulle uitgeborrel het. Ek bedoel as hy dit nie doen nie ry ons tot in die see. Vrek kort aanloopbaan. Ek moet sê my agterent het nogal washers geknyp toe ek sien hoe kort die aanloopbaan was.

Nou ja verder met die storie. Ons is met ‘n boot na Bandos eiland sowat 40 minute met ‘n  speedboat vanaf Male. Ons het ‘n hele 7 nagte en 8 dae op Bandos eiland gebly met die see so 30 meter van ons chalet af.  Die hoogste punt op die eiland is maar 3 m bo seevlak. Jy het binne 20 minute regrondom die eiland gestap. Rondom die eiland was ‘n koraalrif wat op partyplekke so 100 m breed was. Die koraalrif het die eilandjie beskerm teen die aanslae van die see. Die gety in die Maldive eilande wissel maar sowat ‘n half meter tussen laag en hoog water. Ek bedoel as dit laaggety is het die see maar 5 meter teruggetrek. Die maldives bestaan iut omtrent 900 verskillende klien eilandjies en strek vir ongeveer 1300 km. Die naaste vasteland is Sirilanka wat omtrent 700 km van die naaste eiland is.

As jy jou voete in die water gesit het was daar net visse om jou. Ek bedoel net een tree in die see. Die water was so onder die knie diep. Een tree en daar was die helderkleurigste visse waaraan jy kan dink hier om jou bene. Ons het die brood in die restaurant geskaai en vir die visse gevoer. Ek en teressa het lekker oor die koraalrif gesnorkel. Eendag het ons juis laaggety gaan snorkel, toe ek so byt aan my been voel, en een aan my bors en een aan my arm. Toe sien ons dit is klein vissies sowat 5 cm lank wat amper soos swartbaars lyk. As jy met laaggety oor hulle blyplekke swem val hulle jou aan. Op die einde van die koraalrif val die see weg weg met die donker dieptes wat jou so skielik tegemoetkom. Ek moet sê ek het net een dag, net een keer so effens oor die afgrond geswem en toe met ‘n speod terug gespander na die koraalrif. Spooky Spooky vertel ek julle. Ek was regtig bang. Tot nou toe vir niemand daarvan gesê nie, sal dit nooit erken nie.

Ons het verder gesnorkel, ek so effens agter Teressa om haar te beskerm en sy so half skuins voor my. Ek was aan die oop see se kant en sy aan die eiland se kant. Die water was maar sowat ‘n meter tot meter en ‘n half diep.  Op een plek was dit effens dieper en het Teressa die volgende oomblik woes en wreed begin swem. Reg by haar het ‘n black tip haai van sowat 1.5 m botstil in die water gehang en ek dog sy skrik vir die haai. Brawe man wat ek was het ek die haai die hele tyd dopgehou totdat dit skielik in die dieptes verdwyn het. Teressa het al proesend en hoesend op die vlakker koraalrif gaan staan en was wit geskrik. In haar eie woorde “Ryk Neetling se gat hy sou nie bygebly het nie.” Ek dog toe dit is oor die haai, maar nee sê sy onder haar was een van daardie gevlekte palings en die het sowat halflyf opgekom na haar toe toe sy oor hom swem. Sy het nooit eers die haai gesien nie.  Wel ons albei is toe al proesende op na die chalet en ek het iets by die pub gaan soek vir die dors.

Kyk dit is warm daar. Binne twee dae was ek bruin bruin gebrand. Jy tan sommer in die nag ook. In elk geval, die engelse biere kos 13 usdollar. Kyk ek is dors, vrek dors maar 13 maal 10 is R130 en dit vir ‘n bier. Ek hoor toe die een barman praat van die klomp ingevoerde bier Castle, but it is not selling. Ek vra hom toe om my te wys en hier haal hy regte egte suid afrikaanse Kastele uit die yskas, koste 4 usdollar. Nog steeds R40 ‘n bier maar baie beter as R130 een. In elk geval ek drink ‘n Castle en piepie hulle ander brands. Ek het dit vir hulle gesê ook maar hulle het net gelag. Ek het wel ‘n toename gesien in die Castle drinkery want met die bloedige hitte en gepaardgaande dors word selfs die ryk ouens vinnig arm teen R130 ‘n shot.

Maar kyk ons was mos op die eiland as ‘n wittebrood, maar ek het meer aan die visse gelê en dink as aan die bou van my huwelik. Niks fout met my nie, maar die plek wemel letterlik van die vis. Hulle het sulke eskursies gehad genaamd “Island hopping”. Dit beteken vir so 5 tot 7 dollar per persoon gaan jy dan na verskillende eilande, waar die locals handgemaakte goedjies verkoop. Soos ‘n Indiër nasie is like hulle baie van bargain oor iets. Nou ja ek is ‘n wit jood en ek kon bargain. Ons gaan vir ‘n uitstappie na die Portugese eiland. Dit lyk my hulle het omtrent al die nasies op verskillende eilande gehuisves. In elk geval daar is die water sowat 1.5 m diep en is daar ‘n tipe oop see haai akwarium. Hulle voer die haaie en rogge daar vir die toeriste. Boeta my oë was beslis nie op die girls in die bikinis nie. Ek het die visse uitgeheck en geheck en weer gecheck, maar ek was op ‘n huweliksbou vakansie.

Hulle adverteer toe ‘n visvanguitstappie en ek het maar geprotesteer want ek weet Teressa hou nie van visvang nie. Op daardie stadium van ons lewens het ek alleen saam met my swaers gaan hengel. Sy het vrek min saamgegaan. Wel ons besluit op haar aandrang maar om te gaan, maar dit was net vir een uur en het 7 usd per persoon gekos. Daardie ouens het nie fishfinder nie en ook geen GPS’se nie. Ons is die oop see, tussen die eilande, in en tussen niks en nerens gestop by ‘n hoop koraalklippe in die see. Dit het nie eers uitgesteek nie, maar hulle het presies geweet waar dit was. Ons is elkeen ‘n plankie met lyn op gegee en so drie hoeke. Hulle het vir ons aas aangesit en ons het die lyne laat sak. Teressa het die eerste vis gevang of sal ek sê halwe vis want ‘n barracuda het haar anderhelfte van die vis opgevreet. Binne ‘n uur het ons tonne vis gevang. As jy sak 3 visse aan. En weer en weer totdat ons arms seer was. Ons is terug eiland toe en hulle het die lekkerste visdisse vir ons daarvan gemaak. Gebraaide vis, gevlekte vis, gevlokte vis, vis met ‘n sous, kerrievis en sommer alles wat jy gedink het of nie gedink het,  hulle binne minute met die vis kon optower het nie.

Kyk jy mag glad en geensins rondom die eiland waar ons gebly het visvang nie. Diegene wat dit al gewaag het is lelik uitgetrap en ‘n boete is opgelê. Met ons koms was die reël duidelik uitgespel. Die volgende dag is ons na die hoofeiland en hoofstad van Maldives, Male toe vir ‘n uitstappie. Jy loop daar nie een tree of letterlik tientalle handelaars nader jou om tog by hulle te koop nie. Ons is vinnig daar weg gelei na julle sal nie glo nie, die vismark. Kyk die Maldives het net 2 hoofprodukte Coconuts en vis. Ons het op die vismark lekker coconut lekkers toegedraai in piesangskille, gekoop. Op die vismark lê die geelvin Tunas, dorados, barracudas, seilvisse en marlyne. “n Tuna van so ‘n meter lank kos 2 dollar op die vismark. Die Marlyn 15 dollar. Toe is my viskoppie mal en het ek planne beraam in daardie einste koppie om te gaan visvang. Nie wat nie ek wil Marlyn vang. Ek het met ‘n gids vriende gemaak en gevis na die charters se pryse, waar vis jy, hoe vis jy, alles natuurlik as Teressa nie by was nie.

Maar helaas die charters vra 800 dollars per kop. Heeltemal, vrek heeltemal buite my bereik. R8000 het ek nie vir een visvang trippie nie. My lippe het erger gehang as ‘n boesman tannie se boude. My kop was seer gedink en gescheme. Die visvangkoors was erger as die hitte. Die gids vertel toe vir my sy oom het ‘n boot en hy sal met hom praat. Ek kry nog ‘n durbanniet en ‘n ander meisie wat ook wil gaan visvang. Die oom vra 200 usd vir sy boot vir die dag.Ons sou die kostes deel.  Alles was bespreek en ek het allerhande snuisterye vir vroulief gekoop en haar op my hande gedra soos ‘n kwaai verliefde man mos maak. Gepaai, gepamper en saggies oorreed, ek wil gaan visvang. Soos ‘n wafferse sielkundige berei ek Teressa voor. Wel die sielkunde werk en ek mag gaan. Daai aand is die slaap gone with the wind en het ons maar aan die huwelik gebou. Gesels tot laat in die nag oor belangrike hartsake. Min geslaap want ek was baie opgewonde oor die komende hengel.

Ek het die gids uitgevra oor die visvang en oor Marlyne. Hy sê toe vir my hulle het ‘n tradisie, dat net die oudste seun geleer word hoe om op ‘n sekere manier Marlyn te vang. Aangesien hy nou as gids werk, het sy pa hom nie geleer nie en sal die tradisie in hulle familie uitsterf. Of dit waar is of nie, weet ek nie. Die metode was iets soos die lyn word styf gehou totdat die Marlyn spring en dan gelos en geruk en die Marlyn breek sy rug. Nou wil ek een ding duidelik maak, hulle het nie visstokke nie, nie een van hulle nie, handlyne broer. Almal van hulle. Net die charters het stokke. As ons so tussen die Island hopping uitstappies met die bote gery het, het hulle altyd ‘n lyn agter die boot aangesleep, met ‘n lure. Weereens glo my – ‘n enkelhoek met ‘n stukkie rooi plastiek wat repe gesny was. Ek het persoonlik gesien dat hulle ‘n hele paar bonnies so gevang het.
Nou ja die oom het gekom, die gids het dag afgevat, want hy was die enigste een wat engels kon paat en het as tolk opgetree. Die boot was sowat 8 m lank en 3 meter breed en aangedryf met ‘n twee silinder lister enjin. Genuine genuine. Hy het nie ‘n stuurwiel gehad nie, die stuurman het ‘n plank wat aan die roer gekoppel was, tussen sy bene gehad waarmee hy die boot gestuur het. As hy draai het hy baie behendig eenkant toe gelê en so die boot bestuur met sy binne bobene. Soos alreeds gesê is die see maar plat en is daar nie golwe nie. Die dag egter het daar ‘n redelike sterk wind gewaai en was die see baie choppy. Golwe sowat 1 meter groot. Ons is anderkant Male eiland waar daar ‘n groot eiland onder water was. So meter of wat onder die see. Ons het langs die rif getroll. Hy het twee lyne weerskante van die boot, aan die balke wat die dak stut vasgemaak, en sowat 30 meter agter die boot gesleep. Die lyne was so 4 mm dik. Die lures was ‘n no 10 hoek met ‘n rooi stukkie plastieksak wat in repe was. Niks het gebyt nie en ons stadig om die onderwater eiland gevaar. Dan was ek diekant, dan daai kant, trek ek aan die lyn bring dit effens in en laat weer teruggaan. Ek het weer so gesit en speel met die linkerkanste lyn toe my hand hard teen die balk klap soos iets die hoek vat.

My hele lyfie (ek was lekker maer en in shape gewees) het gebewe van opgewondenheid. Die boot het so geshudder, soos die vis daai aas vat. Letterlik die hele boot het sulke trillings deur hom gehad. Ek het opgespring en die vis begin inbring. Kyk ek het gebukkend gestaan en die vis met my hele lyf getrek, hande geruil en getrek en gestoei. Ek het dadelik een ding besef ek moet nie in die lyn verstrengel raak nie, as die vis hardloop trek hy my ook dieptes toe. Ek het wydsbeen gestaan en die lyn tussen my bene gegooi. Kyk die vis het baie krag gehad. Ek moes letterlik trek om dit nader te bring. Die sweet het erger geloop as ‘n kraan wat voloopgedraai is. Nie gedink daar was so baie vog in my lyf nie. Dit het nie gespring nie maar dit het kwaai gestoei. Dit het so 15 meter nader gekom toe draai daai vis om. Ek was juis in so ‘n kragbeurende trek, toe hy loop. Hy ruk my van my voete af en ek val so skeef regoor die roer anders was ek in die see. Die boot was letterlik drie meter teruggeruk toe daai vis omdraai. Toe perform daai maer Indiërtjie. Ons is meters weg van die eiland af en ek swaai die boot reg in die rif in. Het blitsvinnig opgespring want die mannetjie het gejo-jo en gepraat erger as my ouma sannie wat my oupa slegsê.

Ons het die rif seker met milimeters gemis en soos julle raai vis gone with my hopes of catching a marlin. Ek trek die lyn in en aan die lyn is ‘n tuna van sowat 40 cm. Die vis het die tuna gevat maar die hoek het hom nie gehak nie. Die hele tuna was so 5 mm uitmekaar van sy bek tot by sy stert gefillet. Sulke dun repies. Van die tolk verstaan sy oom sê dit was ‘n Marlyn. Wel ek het ‘n Marlyn op ‘n handlyn gevang, hom getag met ‘n tuna en gerelease.  Lyn weer uitgegooi maar niks niks.

Ons is anderkant die Male eiland na ‘n plek wat sy oom met sy kop GPS ken. Handlyne ingegooi, hulle het aas aangesit en bottoms gevang. Ek het toe via die tolk beduie ek sal self aas aansit en die vis afhaal want ek kon nie wag nie. Het vinniger gehengel as die ander twee want hulle aas is vir hulle aangesit en visse afgehaal, met die gevolg dat my hopie vis vinniger as hulle s’n saam gegroei het.  Die tolk vra toe vir my wat van die vis. Ek sê hom hulle kan alles vat. Ek wil hulle net vang. Ek vang ‘n bloe vis wat amper soos ‘n GT lyk. Die volgende oomblik stamp een van die Indiërs my weg. Kyk ‘n boer wat visvang stamp jy nie rond nie, hetsy dit met ‘n visstok of handlyn is, jy soek vir moeilikheid. My humeur was toe ook vinniger as ‘n F1 resieskar teen ‘n afdraande en ek wou baklei. Die tolk het tussenbeide gespring want anders was daardie kerrie viskos. Hy verduidelik toe vir my die vis is baie gevaarlik. Het maar sy verskoning aanvaar maar nie myne aangebied nie. Hy kon mos maar net gepraat het. Sou in elk geval nie verstaan het nie, maar dit daar gelaat.

Op die stert van die vis is daar weerskante twee penne wat soos skalpels lyk. Hy sê as die vis jou daarmee sny stop die bloed nie. So hy wou my beskerm maar nogtans het hy ingemeng met my visvang. Ek aangehou visvang en die volgende oomblik vang ek so ‘n gespikkelde vis. Nie baie groot nie sowat 400 mmm, so brundle gevlekte vis. Die manne op die boot raak tjoepstil en toe klink dit erger as telkom wat ‘n dag se oproepe hanteer. Ek het nie gedink hulle kon so baie so vinnig praat nie. Erger as ‘n byenes. Zoem Zoem, soos ‘n Mazda 6. My tolk nader my toe baie versigtig. Was lankal afgekoel want wie kan kwaadbly as die vis byt en jy jou gate uit geniet. Die ouens het my met sulke bewonderende oë aangekyk en ek kon duidelik sien ek word in ‘n hoër klas gereken as netnou. Ek het na hom geluister en toe vra hy wat ek met die vis gaan maak. Wil weet of hulle hom kan koop. Ek het vir hom gesê hulle kan daai vis ook kry, hulle kan al die visse kry wat ek gevang het. Kyk nou het ek helde status gekry. Hy vertel my die vis is die skaarste skaarste vis in Maldives. Weinig van hulle word gevang en dit is die lekkerste eetvis wat daar is. Vir ‘n 1 m plus tuna van 50 kg kry jy 2 dollar op die vismark vir die vis wat seker maar sowat 2 kg weeg 7 dollar.

Daar het charters verby gevaar met hulle fancy boot maar ek is seker hulle het nie hulle hengel so geniet soos ek nie. Ons is toe huiswaarts want die girl wat saam was het nog nie gepiepie nie, en wou nie in die see spring en piepie en terugklim nie. Regte pretbederwer. Op pad terug bandos eiland toe het ek weer so ligte strike gehad maar die Marlyn het my tot vandag toe bly ontwyk. Ek weet nou nie of dit is omdat ek die vis vir hulle gegee het nie, of omdat ek maar altyd like om te kibbel nie, was die prys afgebring na 150 dollar vir die dag se hengel 50 dollar elk, dws R500, Suid Afrika se charter prys as jy gaan bottoms vang. Bargain.

Kyk daar was net 2 helde in die hele Maldives. Een ‘n meester duiker, ‘n Indiërtjie van sowat 1.2 m lank. Ek is net ‘n boepens en kop lank maar hy was nog korter as ek. Hy het saam met ‘n groep gaan duik en het vis afgevat sodat hulle die visse kon voer. Daar het ‘n paling uitgekom en die sak verskeur. Die haaie het op hulle toegesak en hulle het geskuil in die rif. Die haaie het boakant hulle bly draai in ‘n feeding frenzy. Hulle suuurstof was naderhand klaar en hulle moes surface. Hy het tussen die haaie ingeswem en hulle letterlik met die voete en vuiste bygedam sodat sy groep kan opkom.  Die haaie het hom nie aangeval nie hulle het padgegee. Daar was net 2 voorvalle met haaie , die een en ‘n ander waar twee locals gaan duik het vir perlemoen. Hulle het ‘n groot haai gekry wat slaap. “n tou om die kop en stert gesit. Die een tou het losgekom en die haai het een van hulle ‘n effense byt gegee.  Die Maldives where even tha sharks are friendly. O ja die ander hero was ekke met die vis van 7 dollar wat ek verniet, mahala weggegee het. Die lekkerste eetvis in die Maldives en ek gee dit weg.

Ons het die volgende dag op ‘n eiland sowat 2 km van ons af weg gaan piekniek hou. Al die mense van verskillende eilande het daar bymekaargekom en het ons getan, geëet en gekuier. Die president moet spesiale toestemming gee sodat die mense die eiland, waar geen infrastruktuur is nie, kan besoek. Dit gebeur blykbaar nie baie nie en was ons gelukkig. Hy het my seker dopgehou met sy verkyker, toe ek so gehengel het en gesien ek is ‘n baie ordentlike ou. Toe gee hy toestemming.

So het my vakansie tot ‘n einde gekom en is daar soet herhinneringe oor van die tyd. My huwelik hou nog, so ek het mooi daaraan gebou. Miskien weer tyd vir so ‘n eiland vakansie, huwelik gaan bou..... Net geldjies kry dan, dan, wat wou ek nou weer gaan doen het?