MaGic Baits
"Dankie vir n puik produk wat resultate kan wys."
Lukas vd Nest

Die hek in die dam deur Kenny Hills

Ek het lank gewik en weeg of ek die visvangstorie moet skryf, julle weet netnou dink julle ek wil brêk of so iets. Ek wil nou nie visvangstories aandra nie, maar miskien is ek en my visvang maters effens bederf. Ons hengel net lang lyn en al wat ons ingooi is koue koeldrankies om te drink. Miskien is dit die tipe plekke waar ons hengel waar daar nie baie mense kom nie of miskien is dit die MaGic aas waarmee ons hengel, maar ons vang maar vrek min klein vissies en vis onder 1.5 kg, omtrent alles tussen 2.4 en 5 kg. Maar ok genoeg daarvan.

Ons het die naweek van 11 tot 13 Febr. 2012 by oom Koos Pieterse se plaas gaan hengel. Ons het op ‘n stukkie grond afgekom waar daar net een spot is en daar is nie ‘n hengelaar binne kilometers van ons nie. Wilde wilde water. Lekker bome waaronder ons gekamp het en sand soos die see. Die water was so skoon soos drinkwater. Links van ons het ‘n draadheining so skuins in die water ingeloop. Maar in die heining was 2 staalhekke wat oopgestaan het. Dit het gelyk of daar wraggies ‘n stroom regdeur die hekke loop. Ek het die skouspel vir ure betrag want wat snaaks was dit het gelyk of die stroom op en af deur die hekke loop.

Die watervlak is nou teruggetrek maar ten tyde van die storie het net die boonste deel vd hekke uitgesteek.
Chris het ‘n bietjie gaan afkoel en ek het hom gevra hoe diep dit by die hekke is, Hy het soontoe geloop en gou gou was dit duidelik die water is 2 m plus diep en hy moes swem. Hy swem toe na die hek toe en toe sien jy net visse spander. Hulle het hom behoorlik met hulle sterte op sy stertjie geklap dat ek die skoot hoor weergalm het oor die water.  Toe strike dit my soos die gold rush van toeka se dae.

Die strome, is visse wat heen en weer deur die hek swem. Natuurlik anders moes hulle om die lyndraad swem wat tot wie weet waar in die dam inloop. Kortpad is die antwoord soos maar met enige dier of mens. Ek kry toe ‘n blink gedagte wat erger skitter as die Cullinan diamant en vra hy moet die hekke toemaak. So gevra so gedoen. Boeta toe sien jy ‘n ding. Chris moes blitsvinnig soos ‘n F1 motorboot kant toe swem want daar was konsternasie op daardie stasie. Die karpe was in ‘n flat spin. ‘n Verkeersopeenhoping soos op die N1 highway by William Nicole rylaan in JHB ontstaan. Jy hoor letterlik net vishooters blaas soos die karpe elkeen hulle sê’tjie wil sê.

Intussen het ek my kameradie bymekaar gekry vir just in case die karpies iets wil try en ons het die hoeke soos ‘n dubbelloop haelgeweer vol gelaai met VRM corn floaties en Monster Carp corn floaties met ‘n wit degie backing op die lyn en VRM en Boorgat op die voerbal. Ons was reg vir hulle. Teressa het Escape worm bleeding floaties, Oorlog bleeding floaties op haar hoeke gelaai met GTA, JR en TFC op die bal. Ja nee sy was reg vir die bloedige oorlogsgeveg met haar stokke en die 3 ouens soos wafferse helde op die voerbal. Soos sy sê sy vererg haar nooit nie, sy is altyd reg vir ‘n fight.  

Ek het toe my aasbootjie se V8 golf fan enjintjie opgestart en ons het die lyne net so buite die hengse traffic jam gedrop. Jy weet mos ons wou die manne target wat al moeg gefight was en ‘n lafenissie soek. Toe breek daar onder ons hengse konsternasie los. Die karpies gryp die hoeke links en regs en ons moes bontstaan. Hier skep en daar skep. Aas opsit, lyne invat en daar begin die fight weer van voor af. Tussen ons sewe gesoute hengelaars het daar tonne vis uitgekom. Ek het besef dat ek my visse moet teruggooi, want as ons gelyktydig al die visse uit die water moes haal sou die dam se level sowat 4 duim gesak het en dan was daar weer waterbeperkings tot binne in Grootfontein.

Ons het vis gekry op MaGic Baits se corn floaties omtrent al die geure en die worm bleeding floaties, veral Oorlog en Escape. Tussen 4 van ons het ons oor die 26 kg se grondvoer opgebruik. Soveel so dat ek al vrydagaand vir die manne gewaarsku het om hulle voerballe se grootte met die helfte te verminder.

Soos geraai , kon ons nie die pas volhou nie. ‘n Man moet darem so af en toe eet en slaap en kadoef, maar dit was maar knyp knyp die bult uit sodat sommige van ons ‘n paar keer in die dam lekker gebad het. Stof afgewas. Genadiglik of gelukkig vir ons het daar ‘n meneer karp of baber (ek kon nie sê nie want my bril was effens vuil teen die tyd) een hek oopgestamp en toe bedaar die gold rush effens.

Maar vis het ons gevis. Ons het 5 batterye gehad as spare vir die aasbootjie. 4 Was permanent op charge terwyl een halwe een die lyne ingesukkel het, en sy maatjies bietjie poeier kry. As ons nie moes wag vir ons lyne se beurt nie en nog ‘n aasbootjie gehad het sou ons sekerlik van ons kop af gehengel gewees het. Kyk genoeg is genoeg. Chris was die naweek die champ en het die meeste karpe gevang. Hy het 2 corn floaties op ‘n no 5 hoekie gehad met ‘n redelike groot deeg backing op die lyn. Ek en Teressa het kleiner backing opgehad en het eers sondag die rede gesien hoekom ons so effens stadiger gevis het. Met 2 corn floaties en ‘n klein deeg backing op die lyn het die floaties 15 cm bo die bodem gedryf, en dit is na my mening effens hoog vir die karp wat op die bodem vreet.

Ek moes toe maar weer die haas uit die hoed trek, want om Chris se smile te demp is een van 2 dinge. Of meer vis, of groter karp as hy vang. Weet julle as hy meer vis as ek vang of ‘n groter vis, dan brêk die man vreeslik. Elke sin begin hy mee, ek het groter / meer vis as jy gevang. As hy my voorstel aan sy pêlle sê hy ook o dit is die outjie wat ek gewen het, ek het meer / groter vis as hy gevang. Wil nou tot glo sy naam verander na Chris “The Carp Master” Britz. Maar ek wou sy mond toemaak soos ‘n kleios se agterent. Die water was silwerskoon en ek het besef die ongewone is in. Saggies en teer het ek toe maar ‘n Skunk corn floatie of twee met MZ corn floaties gelaai met Skunk en Banana X en MZ op die voerbal, die water gescan vir waar die grotes draai en my lyn soentoe gevat.  Hy het  gewonder hoekom die bootjie so skeef oor sy lyne ry, maar ek het die pap batterye die skuld gegee. Nie lank nie of die dik pap was aan. Karp 5.24 kg. Sy smile is nou nog weg, maar sy naam wil hy volgende week verander. Ek wou hom leer ek is nie sommer ‘n outjie nie, ek is dik man, ek is ‘n ou.

Nabetrag. Alle stokkies op strepie of is dit anders om ek weet ook nie aldag van hierdie mixit taal waarmee die jongklomp aldag doenig is nie. Baie baie baie vis uitgekom op MaGic Baits se corn floatie reeks en worm bleeding floatie reeks. Na my mening is die corn floaties die idiale floatie vir ‘n langlyn hengelaar. Lekker taai floaties wat goed dryf. Ek wil nog die SA rekord vang op die floaties. Soek net ‘n dam met die size vissies in....
Boonop na die tyd sien ek eers hoe gevaarlik die plek is. Nadat ons opgepak het en oppad huis toe is, sien ek die 2 krokkedille lekker op die kant in die son lê en bak. Kyk die foto en bewe saam met my. Hulle kon my opgevreet het....