MaGic Baits
"... as jy twee keer meer vis wil vang, vang met MaGic. Vang met OUKOUS (Onion) Floaties"
Theo Fourie

Naweek van 3 Maart 2012 deur Kenny Hills

Ek het verlede week so gejaagde week gehad dat visvang nie eers eintlik in die agterkop was nie. Vrydag oggend krap die visvanggogga my breintjie deurmekaar en ek pak met Teressa se hulp. Ons het nuwe klubwaters by Vaaldam gekry.  Oppad soontoe ry ek deur die veld op ‘n ou paadjie en die volgende oomblik rol ek amper die Jeep. Groot reuse gate in die paadjie. Die klubgronde se water is skoon, sandgronde en baie diep op plekke en dit is absoluut pragtig. Op die plek waar ek gesit het 20 m vêr 6 m diep. Op so 110 m is dit 13 m diep. Op 150 18 m diep. Ek het so 100 m gehengel en by myself gedink met die diep water gaan ons sukkel.

‘n Verdere gatslag tref my, want by nadere ondersoek sien ek my aasbootjie se as het afgebreek en ons kan nie die lyne invat nie. Baie planne is gemaak en ek vat Chris se Isuzu se battery bout en slaan dit reguit en maak ‘n as. Maar dit vibreer en raas erger as ‘n kar wat bearings geslaan het. Jaag skoon die vis weg. Maar so het ons teen agtuur die aand die lyne in, vis se senuwees op hol gejaag met die onaardse geraas. In elk geval, vat die lyne in, sit polisieman op... Die volgende oomblik verskyn daar in die sand, een kindervoetjie, nog een en nog een en dit stop hier by my lyn waar ek polisieman opsit. My hare het erger gerys as al die brood by Blue Ribbon bakkery saam. Ek is seker Dudley se briekstreep beskrywing so dan wragtig gepas gewees het. Ek het toe maar agter die stok gaan staan en vir myself gesê dit is my verbeelding. Maar my verbeelding wou nie my knieknoppe laat ophou teen mekaar kap nie. Ek het toe inderhaas gaan sit want my rubberbene wou nie meer staan nie. Ekself het twee ordentlike slukke Dudley gedrink om die stront smaak in my mond weg te vat.

Die vis byt maar redelik stadig en ons, soek hier,  en soek daar, tussen die MaGic Baits rond na die regte floatie waaraan die vis wil byt. Vrydagnag byt die vis maar stadig en kom daar by ons min vis uit. Seker meer agv die boot se geraas. Dit was effens koel en ons het redelik vroeg, so half twee, gaan slaap. Ons het egter met die lawaaibek voerballe gevoer op so 100 m. Saterdag oggend strip ek weer ‘n pypie op Chris se Isuzu en maak plastiese bushes vir die boot en dit klink baie beter. Ek is teen die tyd redelik geworried want met my groot bek het ek mos gesê MaGic Baits will outfish any other baits. Groot woorde. En ek moet dit bewys. Lionel langs ons is redelik besig en ek worry. Sê nou ek word as ‘n grootbek uitgejou. My reputasie is op die spel.

Saterdag oggend begin ons toe vrugte pluk van ons voerballe met MZ gedokter en die MaGic Baits degies wat ons saam in die voer ingemeng het. Chris krap in sy kas en kom op Dudley floaties af en ons kry so half en half die reseppies vir die naweek uitgesort. VRM bleeding floaties en Banana X corn floaties met VRM en Boorgat en Banana X op die bol. Asook Beast en Banana X floaties met VRM, Banana X en DCX op die bal. Asook Dudley en Banana X floaties. Ek het meestal met corn floaties gehengel. Een stok ‘n hair rig en die ander floaties op die hoek. Chris het gewissel tussen VRM, Dudley, Banana X en Boorgat bleeding floaties. Maar Banana X was baas. Op alles moes jy banana X op die voerbal sit. Die visse was mal oor Michael se piesang. Saterdag so 14h00 raak dit vir my en Chris MaGic. Ons begin te werk. Sommer gou gou double up en weer en weer en weer. Ons het baie vis verloor. Die hoeke het nie lekker die vis gehaak nie. Ek het 4 mooi visse agtermekaar verloor en ruil toe stoppe. Toe kom die visse weer uit. Chris en ek het saterdag middag 17h00 ingeweeg. Hy 18.50 kg en ek 12.5 kg. Ek het egter 2 karpe een van 3.7 kg en een van 4.4 kg Vrydagnag ingeweeg. So ons was redelik gelyk. Irene het paar visse gehad maar wou nie inweeg nie. Toe kom 18h00. Ek maak vuur om ‘n vleisie te tan. Ag ek moes 3 keer vuur maak want toe loop die MaGic visse laat dit vrek. Maak nie saak wat jy opsit nie, Beast, VRM, Dudley, FBI, Oorlog, Monster Carp, Boorgat, of dit Bleeding floaties of Corn floaties is, solank jy net iewers tussenin Banana X op het was dit fish on. Op die voerbal het ek Dudley, VRM, Gee Bee, Banana X, DCX, FBI, TFC en JR gebruik. Chris en Irene ook dit maar Chris het Pink Sweets ook opgesit. Maar Banana X was meester.
Daar kom twee liga hengelaars aangeloop en soek staanplek. Ek vertel hulle die grond is uit, hulle kan nie daar hengel nie, maar as hulle aan ons kompetisie ook deelneem kan hulle langs ons sit. Hulle het my kas mooi bekyk en ek vra waarmee hulle hengel. Nee nie Magic Baits nie. Wel ek dog kom ek help hulle met MaGic want ons het toe al die reseppies uitgefigure. No go hulle waai.

Ons het die stokke so half nege uitgelos om darem net te kan vleisbraai en iets te eet. Vinnig gesluk en stokke in. Ons wou rustig raak maar die visse het ander planne gehad. Ek het ekstra stroppe gehad wat ek reggemaak het en geruil, julle weet spoedhengel. Die vis het so kwaai begin byt dat daar nie tyd was vir stroppe ander aas aansit en ruil nie. Net om julle ‘n voorbeeld te gee. Vat die lyne in sowat 100 m. Sit polisiemanne aan, vat remote en bring bootjie in, voordat die bootjie ‘n derde van die afstand terug is, kap ek die eerste vis. Chris bring die boot terug. Chris skep en my tweede stok loop, fish on. Chris kap, Irene kap, 3 visse aan 2 skepnette. So het dit vir ure aangehou en as jy wou vyf minute sit moes al die stokke uit wees. Anders skep jy vis, vat lyne in en ons werk klipsteen hard.

Lekker lekker Magic lekker. So half twaalf vang Irene ‘n vis. Sy was besig maar nie soos ek en Chris nie. Maar die vis is ‘n bielie. Ons weeg dit so 5.3 kg op ons skaal. Nee wat soos ‘n klein dogtertjie spring sy op en af, gaan maak vir Chris Rall wakker (sorry bel hom wakker en vra of sy haar vis kan weeg) Official weight 5.4 kg. Baie mooi Irene. Toe begin sy hengel en ou Chris staan bont. Sy jaag hom rond, lyne invat, vis skep, voerballe maak. Ons hardloop ordentlik rond. Die visse byt en spoedhengel se moses. Ons hengel aasbootjie spoed. So vinnig die aasbootjie jou lyne kan invat so vinnig kap ons hulle vas. Ek het toe nogal aan daardie twee ouens gedink en gewens hulle kon lang lyn spoed hengel aanskou. So vinnig as die aas bodem slaan so vinnig kap jy vas. Kyk ek staan nou al dertig se kant toe en my beendere begin kwaai pyn.

Nou ja dit is net hier waar ek besef, watter aas meer vis vang as MaGic baits. Nogal ‘n skok. Ek moes kies. Of ek hengel en gee Chris ‘n go vir sy geld of ek moet effens rus. My kompeterende gees stry vreeslik met my gedagtes, maar ek weet daar is ‘n paar kompetisies wat ek gaan mis omdat my duiwe seisoen volgende maand begin, so hy gaan dan in elk geval wen want ek kan myself nie in twee verdeel nie. Ek besluit om te rus. Kyk Chris werk baie hard. Hy probeer alles totdat die vis byt. Hy sit die bootjie in, skep my vis, skep Irene s’n. Hy werk kliphard. Which baits out fish Magic Baits? Magic Baits in die hande van ‘n persoon wat homself tot oorwinning gecommit het.

Wel ek het gaan lê en Irene het Chris se gal gewerk. Kyk sy het ‘n vreeslike groot adrenaien inspuiting gekry met daardie karp. Sondag oggend help ek oom Ben du Plessis. Ruil sy stroppe en sit Magic op. Hy vat sy lyne in en 10 minute later vang hy die wen karp 4.5 kg. Sy eerste vis vir die naweek. Hy vang nog ‘n vis 4.3 kg. Hy het in totaal sowat 5 of 6 visse gevag alles op Magic Baits. Sit die hele naweek met sy doepas en vang niks, toe ek MaGic opsit.....

Inweeg tyd. Dames Irene Britz-  Grootste Karp. Grootste moddervis. Swaarste sak 50.5 kg (meer as 40 kg gevang saterdag nag) Sy wen die Magic Baits se borgpakkie en skenk dit aan Marie Rall sodat sy ook in die MaGic kan begin deel.

Mans Chris Britz Swaarste sak 46.2 kg 2 de Kenny Hills 36.5 kg Grootste karp oom Ben du Plessis 4.5 kg Alles met Magic baits gevang. So weereens ‘n bewys “Magic Baits will outfish any other product”

Kenny Hills